Dooms '84

Dooms '84 Finalejaar Teologie-klas van 1984, Kweekskool Stellenbosch

02/10/2026

Goeie dag op hierdie tweede dag van die mooiste maand.
Ons het die voorreg om ook n paar mooi mense hier te hê tussen al die ander, ek wil nie sê die teenoorgestelde van mooi nie.
Vandag is dit Betsie Badenhorst se beurt om deel te wees van die mooi maand se verjaardae. Betsie, baie geluk en mag die Here jou en die kinders seën.
Geniet die dag saam met haar en as jy dalk daar in die Strand omgewing is, gaan loer in, ek is seker sy sal nie omgee nie.
Groete in Christus hier uit die binnekamer van Dooms 84.

01/10/2026

Goeie dag. Dit is al 42 jaar dat ons mekaar herinner wanneer iets mooi gebeur en vandag is geen uitsondering nie.
Dit is iets mooi wanneer iemand verjaar en vandag is dit James Roodt wat hierdie eer te beurt val en wil ons jou geluk wens , James. Mag die Here jou seën en gryp elke goeie wens aan as iets persoonlik.
Groete in Christus hier uit die binnekamer van Dooms 84

25/09/2026

Hier by Dooms 84 dink ons aan mense en dink ons positief oor hulle. Dit is veral as die een nog verjaar dat ons meer dink as ander dae.
Vandag verjaar Ensie Enslin daar in Kimberley en wens ons vir jou die seën van die Here toe, Ensie. n Mooi dag en nuwe lewensjaar vir jou.
Groete in Christus hier uit die binnekamer van Dooms 84.

23/09/2026

Weet nie of Vonnie land uit is met sy verjaardag nie, maar jy kan nie die ouderdom ontsnap nie, Vonnie. Baie geluk met die verjaardag. Die Here se seën jou toegebid.
Groete in Christus hier uit die binnekamer van Dooms 84

21/09/2026

Verjaardae maak jou oud, maar dit is op verjaardae dat mense aan mekaar dink.
Vandag dink ons aan Nicol Smit met sy verjaardag. Nicol, baie geluk en mag die Here jou wonderlik seën.
Ons dink ook aan Rina van Niekerk as ons saam met haar en haar gesin dink aan Johan wat vandag sou verjaar. Seën vir julle as gesin, Rina.
Groete in Christus hier uit die binnekamer van Dooms 84.

19/09/2026

Goeie dag vir elkeen hier by Dooms 84.
n Mooi en goeie dag veral vir Michiel de K**k wat vandag verjaar. Baie geluk en mag die seëninge op jou neer reën en die Here jou elke dag oorlaai met Sy liefde.
Groete in Christus hier uit die binnekamer van Dooms 84.

18/09/2026

Goeie dag vir jou daar waar jy is.
Elkeen moet die dag vir hom- en haarself mooi maak, maar ons wil help om Deon Koegelenberg se dag net mooier te maak met die verjaardag. Deon, baie geluk en mag dit inderdaad vir jou n mooi dag wees met die seën van die Here vir jou en jou huis.
Geniet die dag en eien elke goeie wens vir jouself toe.
Die res in Dooms 84 moet die dag waardeer en geniet.
Groete in Christus hier uit die binnekamer van Dooms 84.

06/09/2026

Dink aan verjaardag en oud word en as iemand verjaar sê ons geluk met die verjaardag. Dit is egter anders as "good luck" maar gelukkig om te kan verjaar. Daardie gelukkige persoon vandag is Jannie Groenewald. Jannie, mag jy gelukkig wees met jou verjaardag vandag. Seën vir jou en jou hartsmense.
Groete in Christus hier uit die binnekamer van Dooms 84.

31/08/2026

Dink aan verjaardag en die persoon wat verjaar. Vandag dink ons aan Johannes Malherbe met sy verjaardag. Johannes, baie geluk en mag die dag en jaar vir jou mooi wees met die seën van die Here wat jou toemaak in Sy beskerming.
Groete in Christus hier uit die binnekamer van Dooms 84

29/08/2026

Om iets alleen te vier is lekker, maar om dit saam met ander te vier is net soveel beter.
Ons vier vandag saam met Sakkie Cornelius sy verjaardag. Sakkie, baie geluk en mag die Here jou wonderlik seën saam met jou geliefdes.
Groete in Christus heir uit die binnekamer van Dooms 84.

Address

N G Pastorie Sesbrugge
Upington
8800

Telephone

+27828202863

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dooms '84 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Dooms '84:

Shortcuts

Share