Carlton-Van Heerden Hoërskool

Carlton-Van Heerden Hoërskool VISIE
Om ‘n goed gebalanseerde, opgevoede en toegewyde individu te skool wat sy plek in die gemeenskap met onderskeiding sal volstaan.

"Werk Oorwin Alles"
💛💙

Carlton onder 19 krieketspan vs Upies. Met mnr. R Isaacs
08/10/2026

Carlton onder 19 krieketspan vs Upies. Met mnr. R Isaacs

Ons is trots op ons leerder, Unathi, wat as die ZFM-distrik se Ambassador die Ministerial Conference to End Violence Aga...
05/10/2026

Ons is trots op ons leerder, Unathi, wat as die ZFM-distrik se Ambassador die Ministerial Conference to End Violence Against Children bygewoon het.

Haar deelname is ’n besondere prestasie en ’n bewys van haar leierskap, betrokkenheid en toewyding tot die bevordering van kinderregte en die veiligheid van kinders.

Baie geluk, Unathi! Ons is trots op jou. 💙💛

📚 SKOOL HEROPEN | 06 OKTOBER 2026 📚Welkom terug, Carlton-familie! 💙💛 Ons is gereed vir ’n wonderlike kwartaal.Ouers en l...
05/10/2026

📚 SKOOL HEROPEN | 06 OKTOBER 2026 📚

Welkom terug, Carlton-familie! 💙💛 Ons is gereed vir ’n wonderlike kwartaal.

Ouers en leerders, let asseblief daarop dat skool môre stiptelik om 06:50 begin en om 13:00 verdaag.

Verlede kwartaal was daar ’n groot probleem met leerders wat kronies laat by die skool aangemeld het. Ons vra daarom dat ouers asseblief seker maak dat leerders vroeg genoeg van die huis vertrek en betyds by die skool aanmeld.

📌 Leerders moet betyds wees.
📌 Leerders moet volledig en netjies in skooldrag wees.
📌 Beplan vooruit om laatkommery te voorkom.
📌 Laatkoms beïnvloed die leerder se akademiese werk en die begin van die skooldag.

Kom ons begin die nuwe kwartaal met goeie dissipline, stiptelikheid en ’n positiewe ingesteldheid.

Welkom terug, leerders! Ons is gereed vir kwartaal 4! 💙💛

Baie geluk aan Lee-Earldré Pedro! 🏃‍♂️Lee-Earldré het die Noord-Kaap gekies om die provinsie by die Nasionale Landloopka...
23/09/2026

Baie geluk aan Lee-Earldré Pedro! 🏃‍♂️

Lee-Earldré het die Noord-Kaap gekies om die provinsie by die Nasionale Landloopkampioenskap in Gauteng te verteenwoordig.

Die hele Carlton-Van-Heerden-gemeenskap staan agter jou. Ons wens jou alle sterkte toe vir die kampioenskap van 1 tot 4 Oktober 2026.

Gaan wys wat jy kan doen, Lee-Earldré! Carlton-Van-Heerden is trots op jou.

22/09/2026

The ZFM Champs on their way to nationals

CARLTON-VAN HEERDEN ZFM IS DEUR!Baie geluk aan Carlton-Van Heerden ZFM!Ons span het deurgedring en gaan nou die Noord-Ka...
21/09/2026

CARLTON-VAN HEERDEN ZFM IS DEUR!
Baie geluk aan Carlton-Van Heerden ZFM!
Ons span het deurgedring en gaan nou die Noord-Kaap verteenwoordig by die Nasionale Kay Motsepe-uitdunne in Johannesburg.
Datum: 25 September tot 1 Oktober 2026
Plek: Johannesburg
Ons is ongelooflik trots op ons leerders en afrigters wat die skool en die Noord-Kaap op nasionale vlak gaan verteenwoordig.
'n Spesiale woord van dank aan ons toegewyde afrigters vir julle harde werk, leiding en opoffering. Dankie ook aan al ons borge en ondersteuners wat dit moontlik maak vir ons leerders om hierdie geleentheid te beleef.
Julle ondersteuning maak 'n groot verskil in die ontwikkeling van ons leerders en ons skool se sport.
Sterkte aan ons span. Gaan verteenwoordig Carlton-Van Heerden en die Noord-Kaap met trots!
Werk oorwin alles!

Dankie vir die ondersteuning! 💙💛 Ons waardeer elke borg, ouer en persoon wat gehelp het. Werk Oorwin Alles.
16/09/2026

Dankie vir die ondersteuning! 💙💛 Ons waardeer elke borg, ouer en persoon wat gehelp het. Werk Oorwin Alles.

Kennisgewing aan ouers en voogde 📢Neem asseblief kennis van die belangrike datums en reëlings in die aangehegte kennisge...
15/09/2026

Kennisgewing aan ouers en voogde 📢

Neem asseblief kennis van die belangrike datums en reëlings in die aangehegte kennisgewing.

Dankie vir u samewerking.

Hoërskool Carlton-Van Heerden

🇿🇦 LEE-EARLDRÉ PEDRO GAAN NASIONAAL! 🏃‍♂️🇿🇦Ons is ongelooflik trots op Lee-Earldré Pedro, wat hierdie naweek Hoërskool C...
04/09/2026

🇿🇦 LEE-EARLDRÉ PEDRO GAAN NASIONAAL! 🏃‍♂️🇿🇦

Ons is ongelooflik trots op Lee-Earldré Pedro, wat hierdie naweek Hoërskool Carlton-Van Heerden by die ASA Nasionale Landloopkampioenskappe in Gauteng gaan verteenwoordig.

🥇 U17 Seuns
🏃‍♂️ 6 km
📅 Saterdag, 5 September 2026

Lee-Earldré het sy plek by die nasionale kampioenskappe verseker met ’n uitstekende 1ste plek tydens die provinsiale uitdunne.

Baie sterkte, Lee-Earldré! Ons hele Carlton-Van Heerden-gemeenskap staan agter jou. Gee jou beste! 💙💛

Werk Oorwin Alles!

PROVINSIALE LANDLOOPUITDUNNEOns is ongelooflik trots op ons twee leerders wat Hoërskool Carlton-Van Heerden by die provi...
04/09/2026

PROVINSIALE LANDLOOPUITDUNNE

Ons is ongelooflik trots op ons twee leerders wat Hoërskool Carlton-Van Heerden by die provinsiale landloopuitdunne in Namakwaland verteenwoordig het! 💙💛

🏃‍♀️ Nicquilan Springbok
U17 Meisies | 4 km
7de plek

🏃‍♂️ Lee-Earldré Pedro
U17 Seuns | 6 km
🥇 1ste plek

Baie geluk aan beide leerders met hierdie uitstekende prestasies. Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding maak ons trots!

Werk Oorwin Alles! 💙💛

Address

Vooruitsig Street
Upington
8801

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:00 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 14:00

Telephone

+27540501214

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Carlton-Van Heerden Hoërskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Carlton-Van Heerden Hoërskool:

Shortcuts

Share

Category