07/01/2022
Geagte Ouers en Voogde
Neem asseblief kennis dat die skool heropen op 19 Januarie 2022 om 06h50, leerders moet reeds vanaf 06h20 aanmeld by verskillende punte vir die screening proses. Die leerders sal net een ingang gebruik. Ouers en Voogde word asseblief versoek om asseblief toe te sien dat u kind die skool moet bywoon en ook stiptelik sal wees vir skool. Ons vra dat ouers en voogde asseblief sal toesien dat u kind ook n masker op het. Streng Covid-19 regulasies sal nogsteeds toegepas word by die skool.
Let op na die volgende datums asseblief.
Woensdag, 19 Januarie 2022 is dit die volgende Grade.
Graad 12
Graad 11
Graad 10
Donderdag, 20 Januarie 2022 is dit die volgende Grade.
Graad 12
Graad 9
Graad 8
Dan vanaf Vrydag, 21 Januarie 2022 sal ons dan begin met ons groep een en op Maandag, 24 Januarie 2022 sal dit groep twee wees.
Leerders sal op Woensdag, 19 Januarie 2022 en op Donderdag, 20 Januarie 2022 in hul verskeie groepe verdeel word. Daarom doen ons as skool asseblief n beroep op ons ouers en voogde dat u kind asseblief in skool moet wees.
Benodighede lys vir Gr 10 tot 12
Bloupenne
Potlood
Sakreknaar(Sharp)
10 X 288 bladsy harde band skryfboeke
7 Croxley leers
2 pakke afrolpapier
Benodighede lys vir Gr 8 tot 9
Bloupenne
Potlood
Sakrekenaar(Sharp)
11x 198 bladsy harde band skryfboeke
9 Croxley leers
2 pakke afrolpapier
LW!
GEEN OUERS OF VOOGDE SAL TOEGELAAT WORD OP SKOOL VANAF 19 JANUARIE TOT 21 JANUARIE 2022 VIR LAAT INSKRYWINGS OF ENIGE ANDER BESOEKE BY SKOOL NIE.
U KRY DUS DIE GELEENTHEID VANAF 13,14 EN 17 JANUARIE 2022 VANAF 08H00 TOT 13H00 KANS OM DIT TE DOEN.
Graag wil ons almal n voorspoedige 2022 toewens.
Groete
Mnr W. R. Esterhuizen
Prinsipaal