O
Laerskool Upington
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Laerskool Upington, Trade school, 70 Drive Nelson Mandela, Upington.
Welkom by Laerskool Upington – die skool met hart! ’n Dubbelmedium-skool in die hart van Upington waar leerders veilig, geliefd en gemotiveerd groei met sterk akademie, sport, kultuur en toegewyde personeel vir elke kind se sukses en toekoms.
17/03/2026
Laerskool Upington Wintermark 2026
Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons jaarlikse Wintermark weer op pad is!
Ons nooi alle talentvolle uitstallers uit om deel te wees van hierdie spesiale geleentheid – of jy nou handgemaakte items, vars gebak of unieke produkte het, ons wil jou talent sien! Ons moedig ook plaaslike entrepreneurs aan om ons te kontak en hul klein besighede te kom uitstal.
Kom deel jou passie, ondersteun plaaslike talent en wees deel van ’n lewendige mark vol kreatiwiteit en gees!
📅 Datum: 2 – 6 Junie 2026
🕘 Tyd: 09:00 – 18:00 daagliks
Besoekers – merk die datum in jou kalender en bring jou familie en vriende saam vir ’n onvergeetlike ervaring!
Kontak ons gerus om jou plek te bespreek.
Michelle - 0726060080
Ons sien uit daarna om julle almal daar te sien!
14/01/2026
BELANGRIKE KENNISGEWING 📢
Hierdie blad is nou gesluit.
Alle toekomstige kommunikasie, nuus en inligting van Laerskool Upington sal voortaan slegs op ons amptelike blad gedeel word:
Laerskool Upington Amptelik
Na verskeie pogings om die twee Facebook-bladsye te merge, het Facebook dit ongelukkig nie toegelaat nie.
Om op hoogte te bly van alle nuwe inligting, skoolnuus en aankondigings, volg asseblief ons nuwe amptelike blad deur die skakel hieronder te gebruik:
https://www.facebook.com/profile.php?id=61586196792745
IMPORTANT NOTICE
This page is now closed.
All future communication, news, and information from Laerskool Upington will be shared only on our official page:
Laerskool Upington Official
After several attempts to merge the two pages, Facebook unfortunately did not allow it.
To stay up to date with all new information, school news, and announcements, please follow our new official page by using the link below:
https://www.facebook.com/profile.php?id=61586196792745
14/01/2026
Laerskool Upington sê baie dankie aan Spur Upington en Ronnie van der Walt vir die skenking van geskenkbewyse.
Julle ondersteuning en betrokkenheid word opreg waardeer en maak ’n groot verskil in ons skoolgemeenskap.
Upington Primary School would like to extend a sincere thank you to Spur Upington and Ronnie van der Walt for the donation of gift vouchers.
Your support and involvement are truly appreciated and make a meaningful difference in our school community.
14/01/2026
Baie geluk met u verjaarsdag, Juffrou Michelle!
Een van ons Graad 3-juffrouens verjaar vandag.
Mag dit ’n wonderlike dag wees, vol bederf, lag en geluk.
13/01/2026
Leerders van Laerskool Upington het onlangs hul skoolskoene vir liefdadigheid geskenk. Die skoene is oorhandig aan die personeel van Olyfenhoutsdrift. Op die foto verskyn Mnr. Oor, Mnr. van der Westhuizen en Mev. Willemse.
Die Leerlingraad het ’n besondere rol gespeel deur die skoene sorgvuldig skoon te maak voordat dit oorhandig is. Ons is baie trots op ons leerders se bereidwilligheid om te help en ’n verskil in ander se lewens te maak!
Learners from Laerskool Upington recently donated their school shoes to charity. The shoes were handed over to the staff of Olyfenhoutsdrift. Pictured are Mr Oor, Mr van der Westhuizen and Ms Willemse.
The Prefects played an important role by carefully cleaning the shoes before handing them over. We are extremely proud of our learners for their willingness to help and make a positive difference in the lives of others.
12/01/2026
Ons bedank graag vir Rushen, Ismeal en Celeste van FAMSA wie vanoggend ń prettige spanbousessie vir ons leerderraad aangebied het.
Hulle het so speel-speel baie oor leierskap geleer en sien uit na die verantwoordelikhede wat vanjaar op hulle wag!
Baie sterkte aan elkeen van julle! Gaan groot en maak seker jy los jou merk hier in Laerskool Upington!
We would like to thank Rushen, Ismeal and Celeste from FAMSA who led a playful leadership session for our student council this morning.
Through playing they learned a few key elements about leadership that they will use to fulfill their various leadership roles this year.
Good luck to all of you! Go big and make sure that you leave your mark in Upington Primary School!
12/01/2026
Baie geluk met jou verjaarsdag, Jamie-Lee!
Een van ons sekretaresses verjaar vandag, en ons wil net dankie sê vir al jou harde werk en toewyding. Ons hoop jy het ’n heerlike dag vol bederf en glimlagte!
08/01/2026
Gelukkige verjaarsdag, mnr. Fabian Humphreys!
Dankie vir jou toegewyde leierskap as ons SBL-voorsitter. Mag die nuwe lewensjaar vir jou seën, gesondheid en sukses bring. Ons waardeer jou opreg!
07/01/2026
Oor net 7 slapies vul Laerskool Upington weer met laggies, energie en leergierige kinderstemme – en ons kan nie wag om ons kinders weer te sien nie!
2026 lê voor met baie uitdagings, groei en mooi oomblikke. Ons sien opreg uit na alles wat hierdie jaar saam met ons leerders en ouers gaan bring.
Tot dan… tel ons saam die slapies af!
In just 7 days, Primary School Upington will once again be filled with laughter, energy, and eager young voices – and we can’t wait to see our children again!
2026 lies ahead with many challenges, growth, and special moments, and we truly look forward to everything this year will bring together with our learners and parents.
Until then… we’re counting down continues!
01/01/2026
Gelukkige Nuwejaar aan Laerskool Upington se leerders, ouers, personeel en gemeenskap.
Mag hierdie nuwe jaar en nuwe begin vir ons skool gevul wees met hoop, nuwe geleenthede en sukses.
Mag elke leerder groei, elke ouer met vertroue ondersteun en elke personeellid met toewyding bou aan ’n skool waarop ons almal trots kan wees.
Sterkte en seën vir 2026!
Ronel Janse van Rensburg
Skoolhoof
Happy New Year to the learners, parents, staff and community of Upington Primary School.
May this new year and new beginning for our school be filled with hope, new opportunities and success.
May every learner grow, every parent support with confidence, and every staff member build with dedication towards a school we can all be proud of.
Wishing you strength and blessings for 2026!
Ronel Janse van Rensburg
Principal
Afskeid met dankbaarheid en hoop 🎶
Langs die Oranjerivier, in rooi Kalahari-sand, het ons klein skool met ’n groot hart vir 76 jaar kinders gevorm, gedra en grootgemaak.
Met trane én hoop neem personeel, leerders en ouers vandag afskeid, terwyl ons vorentoe kyk na ’n nuwe hoofstuk onder Laerskool Upington.
Fanie Malan leef voort in herinneringe, waardes en harte.
Klein skooltjie. Groot hart. Vir altyd.
’NEra
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Category
Telephone
Website
Address
70 Drive Nelson Mandela
Upington
8801