Laerskool Oranje-Noord

Laerskool Oranje-Noord Welkom by die skool vir
Gelukkige kinders
Gelukkige ouers en
Gelukkige onderwysers! Die klasgroottes is nie groter as 32 leerders per leerkrag nie. E.E.

Die grondslagfase bestaan uit 4 Graad R en 5 Graad 1-klasse, 5 Graad 2-klasse en 5 Graad 3-klasse. Deeglike beplanning en goed opgeleide leerkragte in nuwe Kurrikulum en Assesserings Beleidsverklaring maak dat die leerders in die Grondslagfase puik akademiese onderrig ontvang. Dit is vir Laerskool Oranje-Noord van uiterste belang dat elke leerder se grondslag stewig gelê word. Oranje-Noord stel hom dit ten doel om elke leerder se individuele behoeftes en talente soos musiek, tegnologie, kuns en kultuur, godsdiens en sport te ontwikkel, sodat u kind na die Intermediêre– en Senior fase kan oorgaan as ‘n goed toegeruste en gebalanseerde leerder. Dit is baie belangrik dat die verskillende fases in Oranje-Noord nie losstaan van mekaar nie, maar as ‘n integrale deel bestuur en hanteer word. Die Grondslagfase se inligting word in die inligtingstuk apart hanteer aangesien daar ‘n groot vraag na die besondere inligting by toetreders van die grondslagfase is. Indien u verdere inligting verlang kan u gerus met die skool skakel. van Rooyen
SKOOLHOOF

06/10/2026

K U L T U U R

Klawer Eisteddfod – Kunste 🎨

Ons 33 kreatiewe Rooibye het hul verbeelding en talent visueel uitgeleef met unieke en besondere inskrywings in die Visuele Kunste-afdeling.

Die uitslae as volg;
🏆 6 Dubbel Goud
🥇 8 Goud
🥈 17 Silwer
🥉 2 Brons

Goooo, Rooibye!

Om jou kreatiwiteit visueel te kan uitleef, is ’n pragtige talent.

Hou aan om te skep, te droom en jou unieke kreatiwiteit met die wêreld te deel!



K U L T U U R Sanlam WOW Spelfees te Stellenbosch.Woorde Open Wêrelde Op 3 Oktober het drie van ons Rooibye die groot ee...
06/10/2026

K U L T U U R

Sanlam WOW Spelfees te Stellenbosch.
Woorde Open Wêrelde

Op 3 Oktober het drie van ons Rooibye die groot eer gehad om aan die Nasionale SANLAM WOW Spelfees in Stellenbosch deel te neem – en WOW, wat ’n prestasie! 🇿🇦📚

🐝 Maria Oelofse

’n Ongelooflike prestasie! Na ’n marathonsessie van 6ure behaal Maria die EERSTE PLEK Nasionaal in Graad 2 vir 2026 met die woord abdominale!

🐝Jano de K**k

Jano het met deursettingsvermoë en fokus deelgeneem en ’n welverdiende 5de plek Nasionaal behaal! 👏📚

🐝 SW Benade

Met egte Rooiby-karakter het SW met fokus en vasberadenheid deelgeneem en tot die einde volgehou. Welgedaan, SW! Jou deelname aan die 2026 SANLAM WOW Spelfees is ’n prestasie op sy eie! ❤️

TROTS is regtig ’n “understatement”! 🥹❤️

Julle het gewys dat hardwerkende bye inderdaad heuning van sukses maak! 🍯🐝




L E I E R S K A P Baie geluk aan die volgende Graad 2 en Graad 3 leerders wat as klasleiers gekies is.Mag julle met LIG ...
06/10/2026

L E I E R S K A P

Baie geluk aan die volgende Graad 2 en Graad 3 leerders wat as klasleiers gekies is.

Mag julle met LIG lei, ander inspireer en altyd ’n voorbeeld van vriendelikheid, verantwoordelikheid en respek wees. 🌟

Om jou LIG te laat skyn maak jy ’n verskil waar julle ook al stap! 🐝

(Name van leerders onderaan foto's)



K W A R T A A L   4 Welkom terug, ROOIBYE! 🐝Die laaste kwartaal lê voor en dit is JOU keuse hoe jy dit aanpak!Aan elke R...
06/10/2026

K W A R T A A L 4

Welkom terug, ROOIBYE! 🐝

Die laaste kwartaal lê voor en dit is JOU keuse hoe jy dit aanpak!

Aan elke Rooiby: pak hierdie kwartaal met moed aan, glo in jouself en skyn jou LIG!

Aan ons Rooiby-ouers – ’n besondere DANKIE vir elke rit, elke aanmoediging, elke ekstra bietjie moeite en elke keer wat julle agter die skerms inspring. Julle is ’n belangrike deel van elke Rooiby se reis. ❤️

Met 'n sterk Rooiby-ZOOM, stap ons die laaste tree van 2026 met trots! 🐝✨

Hier is jy GEBORGE.
Wees VRYMOEDIG.
Bly GEGROND in die waarheid.

O N D E R W Y S E R S D A G 🐝 2 0 2 6
05/10/2026

O N D E R W Y S E R S D A G 🐝 2 0 2 6

K U L T U U R🐝 NASIONALE WOW SPELFEES 🐝Vandag het drie van ons trotse Rooibye die groot verhoog by die Universiteit Stel...
03/10/2026

K U L T U U R

🐝 NASIONALE WOW SPELFEES 🐝

Vandag het drie van ons trotse Rooibye die groot verhoog by die Universiteit Stellenbosch betree om aan die Nasionale WOW Spelfees deel te neem! 🇿🇦

🐝SW Benade
🐝Jano de K**k
🐝Maria Oelofse

Wat ’n besonderse geleentheid om ons skool se naam op nasionale vlak te verteenwoordig.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle – vir julle harde werk asook voorbereiding.

Dankie aan Juffrou Joey wat saam met die leerders daar was.

Ons is trots op julle, maak nie saak wat die uitslag is nie! 👏❤️



01/10/2026
S K I E T🎯🐝 ROOIBY-SKUTTE OP PAD NA SA’s! Ons Rooiby-skuts het reeds Bloemfontein toe vertrek vir die SA’s, wat tot 1 Ok...
29/09/2026

S K I E T

🎯🐝 ROOIBY-SKUTTE OP PAD NA SA’s!

Ons Rooiby-skuts het reeds Bloemfontein toe vertrek vir die SA’s, wat tot 1 Oktober plaasvind! 🇿🇦

Baie sterkte aan elke skut!

🐝Leandi Uys
🐝Joubert Greyvenstein
🐝Jonathan Venter
🐝Riané Botha
🐝Mariné du Rand
🐝Izak-Vlok Louw
🐝Wessel Combrinck

Doen julle beste, geniet elke oomblik en mik hoog! 🎯💪

Ons is al klaar ongelooflik trots op julle en weet julle gaan die Rooiby-naam met trots verteenwoordig!

Laat die korrel wees waar die Rooiby-ZOOM is! 🐝



26/09/2026

R O O I B Y 🐝 D A N K I E

’n Baie groot DANKIE aan Marne Theron, Wilanie du Toit, Ericka Louw en die res van ons ongelooflike OOV vir julle harde werk, kreatiwiteit en die pragtige ontwerp en uitleg van die Heuningpot – ons Snoepie! 🍯

Julle het ’n gewone ruimte in iets vars, vrolik en besonders omskep.

Elke Rooiby geniet die nuwe aansig en ons is ongelooflik trots op wat julle vermag het!

’n Spesiale DANKIE ook aan Gordonia Glas & Aluminium vir die borg van die pragtige nuwe vensters. Hulle lyk nie net stylvol nie, maar maak dit ook soveel makliker en geriefliker om oop te maak. 🙌

En om die son se strale koeler te maak, goeie en sterk sondakkies van CRT!

Dankie dat julle saam met ons Rooibyland mooier maak – een klein detail op ’n slag! 🐝🍯

G R A A D 7 - T O E R 🐝 2 0 2 6 | L A A S T E  D A G - George Ons laaste dag van die toer! 📍 Redberry Farm – ’n oggend v...
25/09/2026

G R A A D 7 - T O E R 🐝 2 0 2 6

| L A A S T E D A G - George

Ons laaste dag van die toer!

📍 Redberry Farm – ’n oggend vol pret, uitdagings en natuurlik ’n paar aarbeie! 🍓

🧩 Die leerders het hul pad deur die Maze gevind, 7 stasies aangepak en elkeen ’n welverdiende medalje ontvang. 🏅

🌊 En toe is ons af strand toe om die toer op ’n hoogtepunt af te sluit!

Wat ’n ongelooflike week vol avontuur, lag, nuwe herinneringe en spesiale oomblikke.

Address

Schröderstraat 109
Upington
8801

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Oranje-Noord posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Oranje-Noord:

Shortcuts

Share