Intermediêre Skool Vooruitsig
LEUSE: Mik hoog en steeds hoër.
17/08/2026
Vooruitsig Spel kompetisie
By Vooruitsig is woorde meer as net letters - woorde maak wêrelde oop
🌍💛💚
Op Donderdag,13 Augustus '26 het ons,ons eie Spelkompetisie gehad met die voorgeskrewe WOW woorde van Stellenbosch Universiteit. Ons leerders het 'n geleentheid gehad om op 'n prettige en uitdagende manier te spel (babbel) en te krabbel (skryf),maar dit gaan oor soveel meer as om net 'n woord reg te spel.
Deelname help leerders om :
💫 - om hul woordeskat en taalvaardighede uit te brei.
💫 - beter te lees en te skryf.
💫 - hulself met meer selfvertroue
uit te druk.
💫 - akkuraatheid en konsentrasie te
ontwikkel.
💫 - nuwe woorde en betekenisse te
ontdek.
💫 - gesonde kompetisie en
spanbetrokkenheid te ervaar.
💫 - deursettingsvermoë en
selfvertroue te bou.
Wanneer kinders spel, ontwikkel hulle vaardighede wat ver buite die
klaskamer strek. Elke nuwe woord
wat hulle leer, is 'n nuwe sleutel tot
kennis, kommunikasie en groei.🌱 🔑📚📖
Jou spelling maak saak !
💚💛💚💛💚💛💚
Bokke ondersteuners!! 💛💚🏈
08/08/2026
Bokke Vrydag
Met Bokke dag het ons skool behoorlik Groen en Goud (geel) gebloei waar kinders en onderwysers so hul span se klere en kleure aangetrek het. 'n Groot groep Bok ondersteuners het hul Springbok gees uit die kas gehaal en met trots gedra.
Die gees was aansteeklik, die glimlagte groot en die pret nóg groter.
Dankie aan leerders en onderwysers wat die dag onvergeetlik gemaak het. Sò lyk skooltrots en spanwerk !!! 💛💚💛💚💛💚🏈🏈🏈
"Movie" dag
31/07/2026
Die wit-en-swart kleredag vandag het almal behoorlik laat gons van opgewondenheid. Baie van die uitrustings het die klassieke Michael Jackson styl weerspieël en dit het gevoel asof ons almal vir 'n oomblik deel was van sy legendariese musiekvideo's. Wit hemde, swart broeke, baadjies, hoede en selfs die bekende wit handskoene. Dit was 'n dag vol pret, kreatiwiteit en glimlagte.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Telephone
Website
Address
Vooruitsigstraat 84/110
Upington
8801
Opening Hours
| Monday | 06:50 - 14:00 |
| Tuesday | 06:50 - 14:00 |
| Wednesday | 06:50 - 14:00 |
| Thursday | 06:50 - 14:00 |
| Friday | 06:50 - 14:00 |