Hoërskool Duineveld - Amptelik

Hoërskool Duineveld - Amptelik In Duineveld streef ons na uitnemendheid en reik ons na die sterre.

DUINEVELD-SEUNS NA DIE U/17 INTERPROVINSIALE 7’S-TOERNOOIBaie sterkte aan ons Duineveld-seuns wat die Griquas O/17 7’s-s...
01/10/2026

DUINEVELD-SEUNS NA DIE U/17 INTERPROVINSIALE 7’S-TOERNOOI
Baie sterkte aan ons Duineveld-seuns wat die Griquas O/17 7’s-span verteenwoordig by die U/17 Interprovinsiale 7’s-toernooi op 2 en 3 Oktober by Hoërskool Heidelberg.
Daniël Luttig
D’Vanne Baffets
Eavan Peterson
Estiaan van Rensburg
Francois du Plessis
Marius Coetzer – Kaptein
Ons is besonder trots op elkeen van julle. Mag julle die Duineveld- en Griquas-naam met trots verteenwoordig.
Sterkte, manne!

- VELTIES IS AAN DIE BRAND IN CHEETAH-LAND! -Groot nuus vanaf die SANSSU SA’s 2026!Nie 1 nie, nie 2 nie, maar DRIE van o...
01/10/2026

- VELTIES IS AAN DIE BRAND IN CHEETAH-LAND! -

Groot nuus vanaf die SANSSU SA’s 2026!

Nie 1 nie, nie 2 nie, maar DRIE van ons Duineveld-skuts het hul plek onder die TOP 8 skuts in Suid-Afrika ingeskiet en skiet vandag, 1 Oktober 2026, in die Groot Kampioen-finaal!

Ons is ongelooflik trots op julle:

VEERGEWEER – 08:00
Zanru Broodryk – Baan 2
Daniël Davis – Baan 8

PISTOOL – 09:15
Diné Joubert – Baan 6

Julle het teen die bestes in die land meegeding om ’n plek in hierdie Top 8 te behaal. Noord-Kaap trots! Nou is dit tyd om te wys wat Velties kan doen.

Die hele Duineveld hou duime vas. KOLSKOTE!

Sterkte vir die Groot Finale vandag! Ons is agter julle!

- MULTISURFACE NWU-TOERNOOI -Ons seuns- én meisiespan het die MULTISURFACE NWU-toernooi as kampioene afgesluit.Die toern...
01/10/2026

- MULTISURFACE NWU-TOERNOOI -

Ons seuns- én meisiespan het die MULTISURFACE NWU-toernooi as kampioene afgesluit.

Die toernooi het oor vier dae gestrek, met spelers wat hul vaardighede op verskillende bane en oppervlaktes kon toets. Van die eerste wedstryd tot die laaste punt het ons spelers hard gewerk, mekaar ondersteun en met trots vir Duineveld meegeding.

SEUNS

Dag 1:
Wen Helpmekaar Kollege A op harde bane.

Dag 2:
Wen Hoërskool Noordheuwel op hardebane.

Wen Helpmekaar Kollege B op grasbane.

Dag 3:
Wen Hoërskool Voortrekker op kleibane.

Dag 4:
Speel gelykop teen Potchefstroom Gimnasium, maar verloor met stelle op hardebane.

EINDRESULTAAT: 1STE PLEK – KAMPIOENE!

MEISIES

Dag 1:
Wen Helpmekaar Kollege B op hardebane.

Dag 2:
Wen Helpmekaar Kollege A op kleibane.

Wen Potchefstroom Gimnasium op hardebane.

Dag 4:
Wen Hoërskool Voortrekker op grasbane.

EINDRESULTAAT: 1STE PLEK – KAMPIOENE!

Die verskillende bane en toestande het elke dag sy eie uitdaging gebied en van ons spelers vereis om aan te pas en hul beste tennis te speel.

Baie geluk aan elke speler en afrigter met hierdie besondere prestasie.

Hoërskool Duineveld is trots op julle!

27/09/2026
Duineveld is dankbaar vir die ruim donasie van kunsmis van mnr. Sarel Saunderson van Atlantic Fertiliser.Duineveld waard...
25/09/2026

Duineveld is dankbaar vir die ruim donasie van kunsmis van mnr. Sarel Saunderson van Atlantic Fertiliser.

Duineveld waardeer u volgehoue betrokkenheid by die skool.

Duineveld
Atlantic Fertiliser
🇳🇱🇳🇱🇳🇱🇳🇱🇳🇱🇳🇱🇳🇱🇳🇱

In die Kalahari oorleef en floreer mens slegs as jy die spore van die natuur kan lees. Hierdie kamp transformeer leerder...
25/09/2026

In die Kalahari oorleef en floreer mens slegs as jy die spore van die natuur kan lees. Hierdie kamp transformeer leerders van passiewe volgelinge na aktiewe spoorvinders wat rigting gee vir hul skool en gemeenskap.

Die 2027 Leerlingraad het vanaf 23-24 September 2026 'n kamp gehad sowat 80km buite Upington oppad na Askham.

Dit was 'n onvergeetlike ken en verstaan kamp waar ons leiers van 2027 ontwikkel, mekaar akkommodeer tot groei en waarby ons as opvoeders ook kan leer, ervaar het.

Dankie vir die nuwe leiers wat leiding neem.

Ware leierskap gaan nie net oor ʼn titel, ʼn posisie of amptelike gesag nie, maar dit lê hoofsaaklik in jou vermoë om ʼn positiewe invloed op ander se lewens uit te oefen en mense te inspireer.

Dit is wat ons by Veltieland wil doen.

Sterkte met die verantwoordelikheid vir 2027.

- MEJ. VELTIELAND-BORGE -Weereens ’n baie groot woord van dank en waardering aan NC Famous – Tshahitsi Lodge Upington en...
24/09/2026

- MEJ. VELTIELAND-BORGE -

Weereens ’n baie groot woord van dank en waardering aan NC Famous – Tshahitsi Lodge Upington en Silver Spoon Bistro vir die borg van ’n heerlike ontbyt vir ons Mej. Veltieland-finaliste.

Baie dankie vir julle ruimhartigheid en ondersteuning. Julle bydrae word opreg waardeer en het bygedra tot ’n spesiale en onvergeetlike ervaring vir ons finaliste.

- MEJ. VELTIELAND 2026 -Mej. Veltieland se g***sryke kroningsaand, wat op 22 September 2026 plaasgevind het, was ’n beso...
24/09/2026

- MEJ. VELTIELAND 2026 -

Mej. Veltieland se g***sryke kroningsaand, wat op 22 September 2026 plaasgevind het, was ’n besondere aand vol g***s, kreatiwiteit en hart. Met vanjaar se tema, “Glinster, die unieke Jy...”, het die finaliste behoorlik op die verhoog geglinster en geskitter, en elkeen het op haar eie unieke manier haar persoonlikheid en kreatiwiteit ten toon gestel.

Die meisies het die gehoor betower met hul kreatiewe eie ontwerpe, waarna hulle die verhoog in asemrowende aandrokke betree het. Die betowerende aandrokke is spesiaal ontwerp deur die talentvolle ontwerper Lee-Ann Roets Momberg van Chosen Clothing en het die g***sryke aand perfek afgerond.

Een van die groot hoogtepunte van Mej. Veltieland is steeds die geleentheid om ’n verskil in ander se lewens te maak. Die finaliste het vanjaar weereens bewys dat ware skoonheid veel verder as die oog strek deur ’n ongelooflike R150 000 vir liefdadigheid beskikbaar te stel. ’n Besonderse woord van dank gaan aan Standard Bank Upington vir hul ruim skenking en ondersteuning, wat gehelp het om hierdie belangrike doel te verwesenlik.

Baie dankie ook aan Betty van der Walt en Carolina Schlechter van Ingeven vir die pragtige aandrok van Mej. Veltieland 2025, Ruhane Combrinck. Julle talent, moeite en ondersteuning word opreg waardeer.

Die aand is verder verryk deur ’n besonderse optrede deur die gaskunstenaar Leah, wat die gehoor met haar talent vermaak het.

’n Groot dankie aan elke borg, ondersteuner, ouer en persoon wat agter die skerms gewerk het om hierdie onvergeetlike aand moontlik te maak. Groot dank aan Karine Stolper van KSD vir die afrigting van die 10 finaliste, en aan Juffrou Isebel Hattingh vir die organisering van die aand en liefdadigheidsgeleentheid. Sonder julle ondersteuning en harde werk sou ’n geleentheid soos Mej. Veltieland nie moontlik wees nie.

’n Spesiale woord van dank gaan ook aan Danel du Plessis en Bardine Kuhn van Smaak en Styl Funksie Koördineerders vir die betowerende en stylvolle saal, asook die smaakvolle verversings wat die aand ekstra spesiaal gemaak het.

Aan elkeen van vanjaar se finaliste – julle het elkeen op jul eie unieke manier geglinster en geskitter. Mag julle altyd onthou dat ware skoonheid daarin lê om jouself te wees, jou lig te laat skyn en ’n verskil in ander se lewens te maak.

Toekennings van die aand:

Model van die aand: Emily van As
Mej. Persoonlikheid: Denike Jansen van Vuuren
Mej. Wederliefdheid: Anchen Roos
Mej. Debutante: Marquerite Swart
Mej. Fotogenies: Maria Spangenberg

2de Prinses: Madelein Kotze
1ste Prinses: Marquerite Swart
Mej. Veltieland 2026: Emily van As

Baie geluk aan elkeen van die finaliste! Julle is elkeen ’n wenner op jul eie unieke manier. Hou aan om te glo, te droom en – heel belangrik – te glinster as die unieke Jy!

AFRISKULD NASIONALE SPELKAMPIOENSKAPHierdie ongelooflike spelkompetisie is vanjaar vir die eerste keer in die Atterbury ...
23/09/2026

AFRISKULD NASIONALE SPELKAMPIOENSKAP

Hierdie ongelooflike spelkompetisie is vanjaar vir die eerste keer in die Atterbury Teater in Pretoria aangebied.

Polsende musiek en grafika wat deurentyd vertoon word, het g***s aan die kompetisie verleen.Spellers het soos ware TV-sterre gevoel.Jennifer Myburg, bekende TV-persoonlikheid, het as aanbieder opgetree.Die kompetisie is oor 2 dae aangebied.

Dag 1:
In die Junior en Senior afdelings het 120 finaliste onderskeidelik aan elke afdeling deelgeneem.

Hoërskool Duineveld het, as een van die 29 genooide skole, uitstekend gedoen.

TOP 70: 8 van ons 9 leerders behaal hierdie prestasie.

Dag 2:
TOP 14 SENIORS:
Jonelle de Wet
Jadon September
Caitlin Bezuidenhout
Annique Davids

TOP 14 JUNIORS:
Janey Marais
Jaydeen Gxagxa

TOP 5 JUNIORS
4e plek - Janey Marais
5e plek-Jaydeen Gxagxa

SENIOR AFDELING:
Ons is so trots op Jonelle de Wet, wat na 'n titaniese stryd tweede nasionaal eindig.Die laaste spelwoorde was: duodenum (wenner se woord) en duumviraat (Jonelle se woord). Pragtig Jonelle, wat as 'n graad 10 leerder so uitgeblink het in die Senior Afdeling.(graad 10 en 11).

Ons sien baie daarna uit om volgende jaar weer kragte te meet teen Suid-Afrika se top spellers.

Dit was vir elke speller van Hoërskool Duineveld 'n groot voorreg om deel te wees van van hierdie besondere kompetisie.

Address

Hoek Van Ds Aubrey Beukes En Jan De Klerkweg
Upington
8800

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Duineveld - Amptelik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Duineveld - Amptelik:

Shortcuts

Share

Category