Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut

Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut Ons bied opleiding in Afrikaans aan en lei tuisversorgers op. Studeer om 'n Tuisversorger te word by Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut.

Ons d**k aan die Nortjé-gesin en aan ons mede-instelling, Sol-Tech. Mag julle troos by Hom vind in hierdie baie hartseer...
03/09/2026

Ons d**k aan die Nortjé-gesin en aan ons mede-instelling, Sol-Tech. Mag julle troos by Hom vind in hierdie baie hartseer tyd. Ons dra julle in ons gebede aan Hom op.

Danie Nortjé, ’n lektor in megatronika by Sol-Tech in Pretoria, was Donderdagmiddag saam met Louis Venter, ’n lektor in dieselwerktuigkunde by Sol-Tech, op pad terug van ’n jagtog toe die ongeluk gebeur het.

03/09/2026

🎗️September is Kinderkankerbewusmakingsmaand.

Wanneer ’n pasiënt met kanker gediagnoseer word, raak dit die hele gesin. In hierdie uitdagende tyd is daar ’n behoefte aan mense wat met kennis, empatie en deernis kan ondersteun, ook wanneer genesing nie meer moontlik is nie.

Palliatiewe sorg gaan oor méér as net mediese sorg. Dit gaan daaroor om pyn en ongemak te verlig, emosionele ondersteuning te bied en die beste moontlike lewenskwaliteit vir die pasiënt en sy of haar geliefdes te bevorder. 💛

Wil jy leer hoe om mense en gesinne in hierdie moeilike tye beter te ondersteun?

Skryf in vir ons Inleiding tot Palliatiewe Sorg-kortkursus en verwerf waardevolle kennis en praktiese insig.
👉 https://form.jotform.com/261622324102038

Gelukkige Sekretaressedag aan ons twee besondere administratiewe dames! 🌷Lizanne en Maritza, julle is altyd bereid om te...
02/09/2026

Gelukkige Sekretaressedag aan ons twee besondere administratiewe dames! 🌷

Lizanne en Maritza, julle is altyd bereid om te help en stap sonder huiwering daardie ekstra myl. Julle is die mense op wie ons kan staatmaak wanneer daar ’n plan gemaak moet word, iets uitgesorteer moet word of sommer net ’n ekstra hand nodig is.

Dankie vir julle harde werk, geduld, vriendelikheid en vir alles wat julle elke dag doen, ook die dinge wat maklik ongesiens verbygaan.

Ons waardeer julle opreg en is dankbaar vir alles wat julle vir ons en die Opleidingsinstituut beteken. Julle maak ’n groot verskil!

Gelukkige Lentedag. 🌿Skop hierdie seisoen af deur in te skryf vir een van ons tuisversorgingskursusse sodat jy jou roepi...
01/09/2026

Gelukkige Lentedag. 🌿

Skop hierdie seisoen af deur in te skryf vir een van ons tuisversorgingskursusse sodat jy jou roeping kan uitleef.

Klik hier vir die aansoekvorm: https://form.jotform.com/261622324102038

31/08/2026

‘Vroue wat Versorg en Versterk’ is ’n damesoggend vir sakevroue, entrepreneurs, gemeenskapsleiers en vroue met ’n hart vir mense. Hierdie is ’n geleentheid om vir ’n paar uur uit die gejaag van die alledaagse lewe te tree, te ontspan, nuwe mense te ontmoet en met nuwe inspirasie huis toe te gaan.

Geniet ’n grimering-masterclass met Miss JayDee Kay, luister na Dr. Judey Pretorius oor selfvertroue en om gemaklik te voel in jou eie vel, en kry ’n blik op Suid-Afrika se ekonomie saam met ekonoom Dawie Roodt.

Daar is natuurlik ook ’n verwelkomingsdrankie, heerlike eetgoed, gelukkige trekkings en genoeg tyd om lekker saam met ander dames te kuier en te netwerk.

Die oggend is ’n fondsinsameling ten bate van die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut se tuisversorgingstudente. Fondse wat ingesamel word, help ons om studente se opleiding en praktiese voorbereiding vir hul beroep as tuisversorgers te ondersteun.

Kom spandeer ’n oggend aan jouself en wees terselfdertyd deel van iets wat ’n groter verskil maak.

📅 Saterdag, 3 Oktober 2026
📍 Batter Boys, Montana, Pretoria
🕣 08:30 vir 09:00 – 13:00
🎟️ R350 per persoon

Klik hier om jou kaartjie te koop: https://onskoopplek.co.za/product/vroue-wat-versorg-en-versterk/ of stuur ‘n WhatsApp na: 082 619 1312

 Vandag vier ons die voltooiing van ons Tuissorgassistente se studies. 🎓🌟Ons het die dag op ’n hoë noot afgesluit met ’n...
28/08/2026



Vandag vier ons die voltooiing van ons Tuissorgassistente se studies. 🎓🌟

Ons het die dag op ’n hoë noot afgesluit met ’n rondte Putt-Putt, waarna ons vir oulaas op die Kampus saamgekuier het tydens ’n heerlike piekniek.

Dankie aan elkeen van julle vir julle positiewe ingesteldheid, harde werk, deursettingsvermoë en die passie waarmee julle ’n verskil in die lewens van ander maak. Julle toewyding het hierdie reis besonders gemaak.

Ons is baie trots op elkeen van julle en sien met groot verwagting uit na die mooi dinge wat vir julle voorlê. Mag julle met dieselfde passie en toewyding voortgaan om ’n betekenisvolle verskil in ander se lewens te maak.

Baie geluk aan elkeen van julle! 🎓🌟

27/08/2026

Elke student wat vir opleiding aanklop, kom met ʼn droom en ʼn roeping.

26/08/2026

Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut bied aan die kortkursus in Bemeester gestremdhede.

Kursusinhoud:
• Gestremdhede en die effek daarvan op die pasiënt en huishouding
• Die gebruik van hulpmiddels om 'n beter lewenskwaliteit te verseker
• Die impak van potensieel sekondêre komplikasies van gestremdheid en die hantering daarvan
• Kommunikasie met en emosionele ondersteuning van mense met gestremdhede en hul gesinne
• Basiese stimulasie en die aanleer van lewensvaardighede
• Uitdagings in die werksituasie

Datum: 5 September – 17 Oktober 2026 (Elke Saterdag)
Koste: R3 900, alle kursusmateriaal ingesluit
Venue: David Langleystraat 433, Garsfontein, Pretoria

Klik hier om aansoek te doen: https://form.jotform.com/261622324102038

  | Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026 💙Van 20 tot 22 Augustus het meer as 500 personeel- en vrywilligerafgevaardig...
24/08/2026

| Solidariteit Helpende Hand Kongres 2026 💙

Van 20 tot 22 Augustus het meer as 500 personeel- en vrywilligerafgevaardigdes van regoor Suid-Afrika in Pretoria saamgetrek vir drie dae van saam d**k, saam droom en saam beplan.

Die kongres het ons herinner aan waarvoor Helpende Hand staan: om mense en gemeenskappe te versterk, nie net deur ondersteuning te bied nie, maar deur geleenthede te skep wat mense in staat stel om self ’n beter toekoms te bou.

Onder die temas 'In krag', 'Met hart' en 'Tot hoop' het ons stilgestaan by die werk wat reeds gedoen word, geluister na die nood in ons gemeenskappe en met nuwe energie vorentoe gekyk.

Ons kongres is op ’n hoë noot afgesluit met optredes deur die Helpende Hand-koor, Braaf die Boerboel, Jan Jan Jan en Prop. Die Opleidingsinstituut se Sorggebed is voorgelees, waarna meer as 500 stemme saam die Onse Vader gesing het. Dit was ’n betekenisvolle afsluiting van drie onvergeetlike dae.

Die Opleidingsinstituut stap weg met nuwe idees, nuwe moed en ’n hernude verbintenis om ons deel te doen om hoop, geleenthede en werksyn in gemeenskappe te help bou.

In krag. Met hart. Tot hoop.
En nou: Vorentoe. Altyd vorentoe.💙

24/08/2026

By die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut bou ons aan 'n toekoms vir ons mense. Ons loop 'n pad met diegene wat 'n verskil in hul eie lewe en ander s'n wil maak. Op dié manier ontwikkel ons gemeenskappe deur werksyn.

Address

433 David Langley Street, Garsfontein
Pretoria
0042

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 14:00

Telephone

+27121118360

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share