07/09/2026
GIMMIE-KOOR SKITTER BY SOUTH CAPE ARTS FESTIVAL! 🎶
Saterdag, 5 September, het ons Gimmie-koor aan die South Cape Arts Festival se Eisteddfod Gala-konsert deelgeneem nadat hulle tydens die Eisteddfod ’n ongelooflike 95% behaal het en ’n uitnodiging na die gesogte Gala-konsert ontvang het.
En toe kom die groot hoogtepunt… Ons Gimmies is tydens die Gala-konsert aangewys as die Beste Vokale Ensemble!
Wat ’n besondere prestasie en ’n bewys van die harde werk, toewyding en passie van elke koorlid. Ons is ongelooflik trots op julle!
Baie geluk aan ons Gimmie-koor en hul afrigters. Julle laat ons harte sing!