25/12/2024
Elke jaar bring die Kersfees Skoenboks-projek groot vreugde en glimlagte na ons skooltjie se kinders. Hierdie Desember was geen uitsondering nie!Ons wil graag Janine Pretorius van harte bedank vir die wonderlike geskenke wat weer die jaar gereël is vir die kinders. Die liefde en omgee maak 'n werklike verskil in elke kind se lewe.Ons wil ook ’n groot dankie sê aan almal wat deel was van hierdie spesiale projek. Julle bydraes en ondersteuning het van hierdie kinders se Kersfees iets besonders gemaak.Kyk hoe straal hul gesiggies in die video hieronder.