Pierie Wierie Park

Pierie Wierie Park Pierie Wierie Park is sinoniem met kwaliteit onderrig, dissipline en individuele aandag. Hier kyk ons nie net na kinders nie - ons leer kinders.

Intellektuele en emosionele opvoeding geniet voorkeur by Pierie Wierie. Die personeel help ook met remedierende onderrig. Die speelsentrum is vir 3 - 6 jarige kinders terwyl die leersentrum toegerus is vir kinders van 7 jaar en ouer. Die kleuterafdeling is vir 3 - 4 jariges, graad RR vir 4 - 5 jaar en graad R vir 5 - 6 jaar oue kinders. Hier glo ons in die holistiese benadering tot onderrig en daarom word daar elke week, op Woensdae en Donderdae, musiek-klasse aangebied. Op Vrydae is dit tyd vir Active Kids waar die kleinspan in ouderdomsgroepe vir 2 ure aktief besig gehou word met opvoedkundige speletjies vir die ontwikkeling van motoriese vaardighede. Pierie Wierie is tweetalig en het nou begin met die implimentering van Xhosa as derde taal. Pierie Wiere werk nou saam met die departement van onderwys sowel as Laerskool Handhaaf aan wie Pierie Wierie, as n voerskool, nasorg bied. Die Graad 1 - 3 leerders van Handhaaf het nasorg by Pierie Wierie in Carinus-rylaan terwyl die Handhaaf graad 4 - 7 leerders by die ander perseel, Pierie Wierie Twee in Brand van Zyl straat nasorg ontvang. Die sentrum se bussie is n pluspunt en vevoer die kinders vanaf Laerskool Handhaaf tot by die nasorgsentrums. Professionele gedrukte rapporte word kwartaalliks aan ouers gestuur as bewys van hulle kinders se vordering. In Junie en Desember word kinders geevalueer en die resultate word in vorderingsboekie aangeteken.

16/01/2024
22/01/2022

New Year New Beginnings New Teachers New Children = Success

Pierie Wierie vier Liefies Dag / Valentine's Day - al die maaitjies het so pragtig gelyk..
14/02/2020

Pierie Wierie vier Liefies Dag / Valentine's Day - al die maaitjies het so pragtig gelyk..

Sterkte met die nuwe skooljaar 👩‍🏫
14/01/2020

Sterkte met die nuwe skooljaar 👩‍🏫

Nog nie n plekkie vir jou seun of dogter vir 2020 nie?? Geen probleem, skakel ons gerus en geniet die rustigheid om te w...
14/01/2020

Nog nie n plekkie vir jou seun of dogter vir 2020 nie?? Geen probleem, skakel ons gerus en geniet die rustigheid om te weet dat jou grootste besitting word na die beste van ons vermoe behoed en bewaar. Ons leer hulle nie net nie, maar gee ook al daai liefde en aandag wat elke een verdien om te groei en te ontwikkel. Van graad R tot nasorg beskikbaar, skakel ons gerus vir meer inligting.

Kersfees Partytjie by Pierie Wierie Park
03/12/2019

Kersfees Partytjie by Pierie Wierie Park

Inskrywings vir 2020 is reeds oop. Kom maak seker dat jy jou kind se plekkier bespreek. Sien uit daarna om al die nuwe g...
25/09/2019

Inskrywings vir 2020 is reeds oop. Kom maak seker dat jy jou kind se plekkier bespreek. Sien uit daarna om al die nuwe gesigte te ontmoet.

Lekker loslit dag saam die Pierie Wierie maaitjies- Shine for South Africa
05/09/2019

Lekker loslit dag saam die Pierie Wierie maaitjies- Shine for South Africa

01/08/2019

Pierie Wierie die plek vir voorskool tot naskool.. Lekker speel en leer met genoeg plek vir almal.. Indien jy n skool soek wat daar is om nie net jou kinders te leer nie maar ook liefde en geduld toe te pas, kan jy ons gerus skakel.

08/04/2019

Die 2de kwartaal is in sy 2de week en almal het nou weer hulle voete gevind na die lekker vakansie. Ons wens al ons maaitjies alles van die beste vir die 2de kwartaal en mag dit net so opwindend wees soos die eerste een. Ontdou doen jou bes en die Here doen die res!!!

Address

18 Carinus Rylaan, Vanes Estate
Uitenhage
6229

Telephone

+27824981012

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pierie Wierie Park posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Pierie Wierie Park:

Shortcuts

Share