Hoërskool Brandwag

Hoërskool Brandwag Hierdie is die enigste amptelike facebook-blad vir Hoërskool Brandwag, Uitenhage.

Die bladsy se doel is om die skool te bemark en belangstellendes op hoogte te hou. Sien asseblief die skool se amptelike webwerf www.brandwag.co.za vir kontakbesonderhede.

Klas van 2026: Handafdrukke - Album 2
08/10/2026

Klas van 2026: Handafdrukke - Album 2

Klas van 2026: Handafdrukke - Album 1
08/10/2026

Klas van 2026: Handafdrukke - Album 1

07/10/2026
06/10/2026

DIE BRANDWAG RUGBY – 90 JAAR SE GESKIEDENIS

In 2027 vier Die Brandwag Hoërskool sy 90ste bestaansjaar – 90 jaar sedert ons skool in 1937 gestig is.

As deel van ons 90 jaar feesvieringe wil ons graag die geskiedenis en tradisie van Brandwag rugby deur die jare bymekaarmaak en weer laat herleef.

Ons doen daarom ’n beroep op alle oud-Brandwagters, oudspelers en families om deur die ou foto-albums te gaan.

Ons is op soek na enige rugbyfoto’s, spanfoto’s, aksiefoto’s, koerantuitknipsels of ander rugby-inligting vanaf 1937 - veral materiaal uit die 1940’s, 1950’s, 1960’s, 1970’s en 1980’s.

Plaas asseblief julle foto’s in die kommentaar hieronder en gee, waar moontlik, ’n kort beskrywing:

* Watter span en watter jaar?
* Wie was die kaptein?
* Wie was die afrigter(s)?
* Enige uitslae of groot oorwinnings wat julle onthou?
* Enige interessante storie of herinnering aan daardie span of rugbyjaar?

Selfs al het julle nie al die besonderhede nie – plaas die foto.

Dalk is daar ’n ander oud-Brandwagter wat die spelers herken en kan help met die storie daaragter.

Ons wil hierdie foto’s en stories deel maak van ons 90-jaar-feesvieringe in 2027 en so hulde bring aan die spelers, afrigters en Brandwagters wat oor nege dekades help bou het aan die tradisie wat ons vandag ken.

1937–2027
90 Jaar Brandwag
Die Band van Grys en Groen.

DANDRÉ DELPORT AANGESTEL AS DIREKTEUR VAN RUGBY.Hoërskool Brandwag is trots om die aanstelling van Dandré Delport as Dir...
05/10/2026

DANDRÉ DELPORT AANGESTEL AS DIREKTEUR VAN RUGBY.

Hoërskool Brandwag is trots om die aanstelling van Dandré Delport as Direkteur van Rugby aan te kondig.

Dandré bring waardevolle ervaring uit professionele rugby na Brandwag.

Gedurende sy loopbaan het hy onder andere vir die Oostelike Provinsie, die Griffons, Vrystaat Cheetahs en Suzuki Griquas gespeel en aan die Curriebeker Eerste- en Premierafdeling, SA Cup en Airlink Cup deelgeneem.

Benewens sy rugby-ervaring is Dandré ook ’n gekwalifiseerde onderwyser en oudleerder van Hoërskool Brandwag wat dit vir ons besonders maak om een van ons eie uitblinkers weer by Brandwag te verwelkom.

As Direkteur van Rugby sal Dandré ’n belangrike rol speel in die ontwikkeling van spelers vanaf o.14 tot by die 1ste span. Hy sal weekliks aktief betrokke wees by die o.14A-, o.15A-, o.16A- en senior spanne, individuele posisionele ontwikkeling met spelers doen en saam met ons afrigters werk om spelers doelgerig te ontwikkel.

Hy sal ook verantwoordelik wees vir die implementering van ’n gestruktureerde ontwikkelingsprogram vanaf o.14 tot die 1ste span om ’n duidelike en deurlopende rugbystruktuur te vestig.

Dandré is ook aangestel as voorspelerafrigter van die 1ste rugbyspan vir 2027 tot 2029 waar hy saam met mnr. Viljoen die 1ste span sal afrig.

Ons sien uit na die kennis, ervaring en energie wat Dandré na Brandwag rugby bring.

Welkom terug by die Band van Grys en Groen, Dandré!

Mienke Minne verteenwoordig Oos-Kaap.Baie geluk aan Mienke Minne wat gekies is om die o.19 Oos-Kaap Tennisspan te vertee...
05/10/2026

Mienke Minne verteenwoordig Oos-Kaap.

Baie geluk aan Mienke Minne wat gekies is om die o.19 Oos-Kaap Tennisspan te verteenwoordig.

Mienke het die afgelope naweek aan die Synergy Cup in Cradock deelgeneem, waar sy die Oos-Kaap verteenwoordig het.

Dit is ’n besondere prestasie en ons is baie trots op Mienke. Baie geluk en sterkte met die pad vorentoe – Brandwag is trots op jou! 🎾

🏆🌟 UITMUNTENDE PRESTASIES BY DIE NASIONALE WOW-SPELKOMPETISIE! 🌟🏆Vandag, 3 Oktober, het twee leerders, Ajay Jacobs (Graa...
03/10/2026

🏆🌟 UITMUNTENDE PRESTASIES BY DIE NASIONALE WOW-SPELKOMPETISIE! 🌟🏆

Vandag, 3 Oktober, het twee leerders, Ajay Jacobs (Graad 9) en Kemica Harth (Graad 10), aan die Nasionale WOW-Spelkompetisie deelgeneem. 🇿🇦📚

Ons is ongelooflik trots om te kan sê:
🥉 Ajay Jacobs – 4de posisie (Graad 9)
🥈 Kemica Harth – 2de posisie (Graad 10)
Baie geluk aan julle twee met hierdie fantastiese prestasies! 🎉👏

Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë het beslis vrugte afgewerp.
Julle het nie net julle eie grense verskuif nie, maar ook ons skool met trots verteenwoordig. 🌟
Hou aan glo, hou aan leer en hou aan uitblink!

Brandwag is baie trots op julle! ❤️📚🏆

🏏 Brandwag se Eerste XI – Punt Kriekettoer, MosselbaaiBrandwag Hoërskool se Eerste XI het aan die Punt Hoërskool Krieket...
30/09/2026

🏏 Brandwag se Eerste XI – Punt Kriekettoer, Mosselbaai

Brandwag Hoërskool se Eerste XI het aan die Punt Hoërskool Krieketfees in Mosselbaai deelgeneem. Die span het gedurende die toer onder uitdagende weersomstandighede waardevolle kompeterende krieket gespeel en goeie individuele en spanprestasies gelewer.

Vrydag – 25 boulbeurte

Die toer het Vrydag afgeskop met ’n verkorte 25-beurt-wedstryd teen Hoërskool Hermanus, nadat die weerstoestande die wedstryd verkort het.

Brandwag het eerste gekolf en 129 lopies aangeteken. Austin de Wet het met ’n knap 35 lopies van 40 b***e die voortou geneem, terwyl Divan Kotze 27 van 21 b***e en André Swanepoel 20 van 24 b***e bygedra het.

Met die bal het CJ Snyman ’n sterk vertoning gelewer met 2/16, terwyl Rudolf Goldschagg 1/12 en André Swanepoel 1/17 geneem het.

🏆 Wenner van die wedstryd: Hoërskool Hermanus

Saterdag – 25 boulbeurte

Saterdag se wedstryd is onder uiters mistige toestande gespeel, wat die spelers voor ’n besondere uitdaging gestel het.

Brandwag het eerste gekolf en 113 lopies aangeteken. CJ Snyman het die beurt met ’n waardevolle 33 lopies van 36 b***e geanker, met Hiren van Loggerenberg wat 30 van 40 b***e aangeteken het. Divan Kotze het verder 15 lopies van 15 b***e bygedra.

Die Brandwag-boulers het daarna uitstekend gevaar. Danrich Ingram het 3/14 geneem, Divan Kotze 3/23, en Austin de Wet het 2/25 bygedra.

Brandwag het met ’n sterk spanpoging die oorwinning beklink.

🏆 Wenner van die wedstryd: Brandwag Eerste XI

Maandag – T20

Die toer is Maandag afgesluit met ’n T20-wedstryd teen Hoërskool Punt.

Punt het eerste gekolf en 102/5 aangeteken. Brandwag se boulers het die druk goed gehandhaaf, met Divan Kotze wat 2/14 geneem het. Danrich Ingram en Danté Erasmus het elk ’n paaltjie geneem.

Brandwag het daarna ’n kalm en doelgerigte lopiejaagtog gelewer en 103/6 in 16 boulbeurte aangeteken. Divan Kotze het 22 van 23 b***e aangeteken, terwyl Hiren van Loggerenberg onoorwonne op 17 van 18 b***e geëindig het. Austin de Wet het 15 van 14 b***e bygedra.

🏆 Wenner van die wedstryd: Brandwag Eerste XI

🏏 ’n Spesiale mylpaal

Die toer het ook ’n besonderse mylpaal vir Austin de Wet en Joshua Badenhorst ingesluit. Albei spelers het tydens die toer hul 50ste cap vir die Brandwag Eerste XI ontvang.

Dit is ’n besondere prestasie wat hul toewyding, volgehoue betrokkenheid en bydrae tot die Eerste XI erken.

Die Punt Krieketfees was ’n waardevolle geleentheid vir die Brandwag Eerste XI om kompeterende krieket te speel, onder uitdagende omstandighede aan te pas en as ’n span verder te groei. Die spelers het deurgaans vasberadenheid, karakter en spangees getoon.

Address

8 High Street
Uitenhage
6229

Telephone

+27419228188

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Brandwag posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Brandwag:

Shortcuts

Share

Category