Okidoki Kidz Koeitjies en Kalfies

Okidoki Kidz Koeitjies en Kalfies

Share

Okidoki Kidz is a privately owned baby –pre-school located in Uitenhage and Port Elizabeth, also providing aftercare for children from Grade RR to Grade 7.

26/01/2025

Okidoki Kidz Registrasies:
1. Okidoki Kidz De Jong Uitenhage: 0812712025
2. Okidoki North street Uitenhage: 0817366436
3. Okidoki Kidz Lorraine: 0812588008
4. Okidoki Kidz Brackenfell: 0815747090
5. Okidoki Kidz Galloopie: 081 2462666
6. Okidoki Kidz Summerstrand: 0614782991
7. Okidoki Kidz Kuilsrivier: 0682398252
8. Okidoki Kidz Panorama: 0679535368
9. Okidoki Kidz Paarl: 0679535368
10. Okidoki Kidz Sunridge: 0813142656
11. Okidoki Kidz Durbanville: 0678024422
12. Okidoki Kidz Wonderwerkies: 0678280389
13. Okidoki Kidz Babbels en Krabbels: 0601295025

01/01/2024
Photos from Okidoki Kidz Koeitjies en Kalfies's post 23/04/2018

Dit was nog altyd Michelle se droom of vir Okidoki Kidz softplay speelgoed te kon aankoop en ons kon dit nou doen vir Koeitjies en Kalfies

23/02/2018

Ons nuwe glyplanke en verbeterde speel areas lyk awesome.

Speeltyd by Koeitjies en Kalfies 03/12/2016

Leer en speel is pret

Photos from Okidoki Kidz Koeitjies en Kalfies's post 03/12/2016

Kersvader kuier

08/10/2016

99 planne vir buitepret

1. Bak modderkoekies.

2. Bou ’n tent.

3. Skiet kettie na ’n klomp ou verfblikke.

4. Spring soos ’n padda.

5. Swem.

6. Speel wegkruipertjie.

7. Spring tou.

8. Skop bal.

9. Ry fiets of skopfiets of stokperd.

10. Bou sandkastele.

11. Lees ’n vervolgverhaal onder die bome in die park – bietjies-bietjies al om die ander dag.

12. Klim boom.

13. Maak ’n reënboog met die tuinslang.

14. Speel wielie-wielie-walie.

15. Plant blommetjies.

16. Blaas borrels.

17. Bou landskuns op die grond met natuurelemente soos akkers, stokkies, bessies, blare.

18. Rol van ’n heuwel af.

19. Maak gereeld tuin nat.

20. Hou ’n skemerpiekniek op die gras.

21. Lê op jul rug en vind prente in die wolke.

22. Vang insekte en hou hulle dop in ’n goggahok.

23. Hou ’n skattejag in die aand met speelgoed wat kan gloei.

24. Balanseer op ’n muurtjie of randsteen.

25. Gooi frisbee of boemerang in ’n park.

26. Gaan stap met die honde.

27. Trek onkruid uit.

28. Voer die duiwe of eende in ’n nabye park.

29. Balanseer ’n boontjiesak op jou kop.

30. Hou boeresports soos sakspring of eier-in-lepel-resies.

31. Gee die bome in jou tuin drukkies.

32. Hou kruiwaresies.

33. Neem papier en gom buitentoe en maak ’n natuurcollage.

34. Maak patrone in nat sand.

35. Speel hinkspel.

36. Neem leë blikkies met plastiekdeksels na buite en gaan soek sade of klein klippies om slaginstrumente mee te maak.

37. Spring saam met jou kleuter op die springmat.

38. Maak ’n reënmeter.

39. Verf jou huis se mure met water.

40. Speel albaster.

41. Trek jou kleuter uit en laat haar toe om met vingerverf patrone op haar eie lyfie te maak.

42. Neem kryte en papier uit en laat jou kleuter oor verskillende teksture krap.

43. Swaai en klim klimraam.

44. Draai in die rondte op die gras tot julle almal duiselig raak.

45. Speel raak-raak of ander hardloopspeletjies.

46. Maak ’n waterglybaan van plastiek op jou grasperk en laat hulle met seep daarop gly.

47. Speel vroteier.

48. Maak waterkussings met plastiek en bouerskleefband, sodat jou kleuter daarop kan spring en gly.

49. Laat jou kleuter iets teken wat sy in die tuin kan sien.

50. Trek julle reënstewels aan en gaan spring in ’n modderpoel.

51. Teken met bordkryt op die plaveisel of stoep.

52. Versamel skoon haelkorrels en suig dit of bou ’n mini-haelman.

53. Maak stelte van ou verfkannetjies en laat jou kleuter daarop balanseer.

54. Vang reëndruppels op jou tong.

55. Staan ’n bietjie vroeër op en eet voor skool ontbyt op die gras of stoep.

56. Hou ’n teddiebeerpiekniek buite.

57. Hark blare of vee die plaveisel.

58. Begin ’n wurmplaas.

59. Hardloop onderdeur die sproeier.

60. Was die hond.

61. Vleg ’n blommekransie.

62. Begin ’n natuurjoernaal met weeklikse inskrywings.

63. Lê in ’n hangmat en droom.

64. Braai malvalekkers oor die vuur.

65. Maak ’n watertafel en vind dinge in die tuin om daarin te laat sink of dryf.

66. Teken ’n kaart van ’n maatjie se huis en tuin.

67. Teken jou kleuter se skaduwee met kryt op papier of die plaveisel af.

68. Begin ’n groentetuin.

69. Pluk en pars blomme.

70. Probeer blaarafdrukke met verf op papier maak.

71. Neem selfoonfoto’s van die dinge in die tuin wat julle interesseer.

72. Vind slakke wat kan resies jaag.

73. Maak ’n voëltjiebad. 74 Gooi gereeld saadjies vir die voëltjies uit.

75. Grawe ’n g*t in die grond om vir skatte te soek.

76. Trek ’n mantel aan en vlieg! 77 Gooi waterballonne.

78. Hou ’n week lank die maan en sy fases dop.

79. Klim op rotse of groot klippe in die omgewing.

80. Bou ’n modderpad vir speelgoedkarretjies.

81. Verf met vere.

82. Dans en sing met of sonder sambrele in die reën.

83. Bou ’n stokkie-alfabet.

84. Was die kar.

85. Laat vlieg ’n vlieër.

86. Hang versierings in ’n boom.

87. Laat dryf ’n papierbootjie.

88. Bou ’n feetjie- of elfiehuis.

89. Teken ’n skatkaart.

90. Maak ’n bliktelefoontjie.

91. Begin ’n versameling van mooi skulpe of klippies.

92. Skryf ’n brief op ’n blaar.

93. Maak jou grasperk ’n verhoog vir selfuitgedinkte vertonings.

94. Maak ’n dinosourusgrot.

95. Maak ’n sonhorlosie.

96. Probeer saam met jou kleuter handstande of wawiele maak.

97. Ondersoek die tuin deur ’n vergrootglas.

98. Verf met materiaalverf op ’n wit plekmatjie op die gras en gee dit vir ouma vir haar verjaardag.

99. Verf klippe, gee hulle name en maak hulle storiekarakters wat net buite in die tuin kan leef.

Want your school to be the top-listed School/college in Uitenhage?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address


9 Louis Botha Street
Uitenhage
6229