Woekerwolkies Kleuterskool

Woekerwolkies Kleuterskool 18 Maande tot 5jaar
Kom trap jou spore👣 kom maak jou merke🫶
Klein wolkies met GROOT drome!

🌸 GELUKKIGE ONDERWYSERSDAG AAN MY WONDERLIKE SPAN! 🌸Vandag wil ek net vir ’n oomblik dankie sê vir elkeen van julle. ❤️D...
05/10/2026

🌸 GELUKKIGE ONDERWYSERSDAG AAN MY WONDERLIKE SPAN! 🌸

Vandag wil ek net vir ’n oomblik dankie sê vir elkeen van julle. ❤️

Dankie vir elke vroeë oggend, elke drukkie, elke traan wat julle afvee, elke skoenveter wat julle vasmaak, elke neusie wat julle afvee 😄 en vir die eindelose geduld waarmee julle ons klein Woekerwolkies elke dag versorg en leer.

Dankie dat julle soveel meer as net personeel is. Julle is die hart van ons skool. 🥰

Ek sien julle harde werk. Ek sien die ekstra moeite. Ek sien die liefde waarmee julle elke kind hanteer – selfs op die moeilike dae wanneer julle moeg is.

Ek is ongelooflik dankbaar dat ek hierdie pad saam met so ’n besonderse span kan stap. Woekerwolkies sou eenvoudig nie dieselfde sonder julle wees nie. 🌈🐑🌻🐒

Mag julle altyd onthou dat die klein handjies wat julle vandag vashou, eendag grootmense gaan wees wat iets van julle liefde, geduld en leiding saam met hulle die wêreld indra.

Dankie Juffrou Rónel, Juffrou Anne-Marie, Zila vir alles wat julle doen. ❤️

Gelukkige Onderwysersdag! 🌷
Ek waardeer julle meer as wat woorde kan sê.

Met baie liefde
Marquerette ❤️
Woekerwolkies Kleuterskool

10/09/2026
Ons pragtige kleuterskool.
09/09/2026

Ons pragtige kleuterskool.

🌸🌼 Lentedag by Woekerwolkies! 🌼🌸Die lente is hier! 🌷☀️ Ons vier nuwe lewe, mooi blommetjies, sonskyn en vrolike kinderla...
09/09/2026

🌸🌼 Lentedag by Woekerwolkies! 🌼🌸

Die lente is hier! 🌷☀️ Ons vier nuwe lewe, mooi blommetjies, sonskyn en vrolike kinderlaggies. 🦋🐝💛

Welkom, Lente! 🌸🌿

By Woekerwolkies glo ons: Plant vandag ’n saadjie, kweek môre ’n liefde vir die natuur! 🌿☀️
09/09/2026

By Woekerwolkies glo ons: Plant vandag ’n saadjie, kweek môre ’n liefde vir die natuur! 🌿☀️

🌿🤎 Modderspel is soveel meer as net vuil handjies! 🤎🌿By Woekerwolkies glo ons kinders leer die beste deur te speel, ontd...
09/09/2026

🌿🤎 Modderspel is soveel meer as net vuil handjies! 🤎🌿
By Woekerwolkies glo ons kinders leer die beste deur te speel, ontdek en ervaar. 🌱🪣 Ons nuwe modderkombuis bied hope pret terwyl ons maats sommer terselfdertyd belangrike vaardighede ontwikkel.
Want soms gebeur die beste leer met modder tussen jou vingers! 🤎👣🌿As daar modder is dan speel ons

Vakansiepret, hou jou kleuter konstruktief besig hierdie wintervakansie.
29/06/2026

Vakansiepret, hou jou kleuter konstruktief besig hierdie wintervakansie.

🍭🍦 Snoepie Pret by Woekerwolkies! 🍫🍿Daar is min dinge wat so groot glimlagte bring soos 'n besoekie aan die snoepie! Ons...
08/06/2026

🍭🍦 Snoepie Pret by Woekerwolkies! 🍫🍿

Daar is min dinge wat so groot glimlagte bring soos 'n besoekie aan die snoepie! Ons maats geniet dit om af en toe 'n lekker bederfie te kies en saam met hul maatjies die spesiale oomblikke te geniet.

Snoepiedag is altyd gevul met opgewondenheid, laggies en baie gelukkige gesiggies! 😊🍬

🍭💕

🏉✨ Rugby Pret by Woekerwolkies! ✨🏉Ons is bevoorreg om vir Armand van RSD Rugby by Woekerwolkies te hê! Met sy passie vir...
08/06/2026

🏉✨ Rugby Pret by Woekerwolkies! ✨🏉

Ons is bevoorreg om vir Armand van RSD Rugby by Woekerwolkies te hê! Met sy passie vir rugby en kinders help hy ons maats om belangrike vaardighede soos balans, koördinasie, spanwerk en selfvertroue te ontwikkel – alles terwyl hulle lekker speel en pret het.

Ons maats sien elke rugbysessie met groot opgewondenheid tegemoet en geniet elke oomblik op die veld! 💪😊

Dankie, Armand, dat jy 'n liefde vir sport en aktiewe deelname by ons klein wolkies kweek.

Address

Lushof Plot 61
Tzaneen
0850

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Telephone

+27785990226

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Woekerwolkies Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Woekerwolkies Kleuterskool:

Shortcuts

Share

Category