08/09/2026
KRIEKET
Frikkie Meyer se Eerstespan speel op Maandag, 7 September teen Hoërskool Ellisras tuis. Na n teleurstellende uitslag teen Hoërskool Nylstroom die afgelope naweek veg die seuns terug met n ongelooflike goeie wedstryd teen Ellisras.
Ons wen die loot en besluit om eerste te boul. HJ Koekemoer was uitstekend met die bal en neem 4 paaltjies vir slegs 11 lopies. MJ Kloppers neem 3 paaltjies vir 19 lopies en Ruan van Deventer 2 paaltjies vir 17 lopies. Met uitstekende veggees haal ons vir Ellisras uit vir slegs 67 lopies.
Stefan Davel was verwoestend met die kolf en slaan 52 lopies van 18 b***e nie uit nie. Kevin Scheepers vul hom baie mooi aan met 17 lopies nie uit nie. HFM wen die wedstryd met 10 paaltjies.