Frikkie Meyer 1987 - 1991 (1991-matrieks)

Frikkie Meyer 1987 - 1991 (1991-matrieks) Die beste groep wat die Frikkies nog gesien en gehad het. Thabazimbi Groep II - skool word beëindig 31 Desember 1960 met Mnr P. B. Botha as hoof. Mnr. N.S. G. P. K. F.

Thabazimbi Hoërskool se verhaal begin op 16 Januarie 1951 met ‘n standerd 7- klas in die huidige Thabazimbi Laerskool. Op 17 Januarie 1953, Standerd 9-klas begin 12 Januarie 1959 stap eerste matriekklas van 13 leerlinge.

‘n Akkommodasieprobleem ontstaan en op 9 Oktober 1954 word tenders aangevra vir die oprigting van Koedoekoshuis met die ingebruikneming in Januarie 1957. Botes aangestel as waarn

emende hoof Januarie 1961 - open nuwe skool. Op 1 Februarie 1961, ds. Scheepers open die twee skole - verdeling van klaskamers, terrein en uitrusting vind plaas. Hoërskool word betrek op 3 Oktober 1961. Skool vergader Januarie 1962 met betrekking tot naamverandering na Hoërskool Frikkie Meyer. Onder leiding van mnr A. van Zijl vind die beplanning van die terrein plaas.

15 Maart 1961 eerste skoolkomiteeverkiesing met W. Deal as voorsitter. Beheerraad vir die Hoërskool word verkies op 29 Januarie 1962. Mnr T. Potgieter (Oom Fransie) een van die eerste onderwysers van die beginjare - 30 Junie 1971 1961 - 37 Matrikulante uit leerlingtal van 442, waarvan 15 gedruip en 22 geslaag het. Skool is vernoem na dr. Frikkie Meyer, voormalige voorsitter van Yskor, 1949 – 1966. Borsbeeld het ereplek in ingangsportaal van saal. C. W. Ueckermann waarnemende hoof 1 Julie - 31 Desember 1966. 1976 Sportjaar! Hannelie Stopforth nuwe S. A. rekord D O/16 Hoogspring (1,78m). Hokkie, nuwe wintersport, aanlê van hokkievelde, afrigting deur mnr. van Wyk.

17 Mei ingebruikneming van netbal- en hokkiebane tydens ‘n groot sportdag.

1977 Toename in leerders: 606 - 684. SKool genoodsaak om die twee kleurspanne in te deel in drie. Augustus verdere aanbouings: 6 groot klaskamers, 2 laboratoriums, stoorkamers, vergrote personeelkamer.

1 April 1978 mnr P. R. Steyn word bevorder tot inpekteur van onderwys (kring). Diep spore getrap in 11 jaar en drie maande. Weereens ‘n uitblink – sportjaar: E. van Eck stel ‘n SA-rekord op in die 2 000 m hindernis, seuns O/19 (5 min 53, 1 sek). H. Stopforth verkies as lid van Junior Springbokspan (atletiek).

2 Oktober nuwe hoof mnr. D. J. Hanekom. Mnr P. Steyn volg op vanaf 1967 - 1978 - opbouingsfase. In 1967 speel eerste korfbalspan, 1970 st. 8 A – korfbalspan finale van die Transvaalse korfbalskild.

1969 Grasaanplanting, atletiekbaan, B-rugbyveld. Eerste Atletiekinterhoër op 7 Maart 1972 en HFM wen die byeenkoms.

1973 Rugbyhoogtepunt: onder leiding van mnr Ben van Rensburg wen die eerste span die Wes-Transvaalse liga en vorder tot die kwarteinstryd van die direkteurstrofee. 59 Leerlinge skryf matriek - 98 % slaagsyfer.

1974 - 72 kandidate skryf matriek - 23 A-simbole word behaal word behaal. Januarie 1975 skool word gegradeer as H1 - skool. Nuwe netbalbane met behulp van Yskor, aankoop van skoolbus. Matrieks behaal 100 % slaagsyfer. Mnr D. van Tonder, adjunkhoof, word gesekondeer na Goudstadse Onderwyskollege. Matrikulante behaal weereens ‘n 100 % slaagsyyfer. Januarie 1979 D. Hanekom hoof van Hoërskool Frikkie Meyer. 31 Januarie aftrede Oom Markus Fourie (Faktotum 17 jaar).

2 Maart Frikkie Meyer verower sangbeker, Interhoër op Brits 11 Mei, breëborsdag, ingebruikneming van aanbouings – kadetorkes speel die skoollied onder leiding van me L. Kruger en mnr V. Wentzel. November, die eerste skoolkoerantjie, Eersteling, onder leiding van Me L. Heyns.

1980 HFM wen die sangbeker. HFM bied 1981 Interhoër aan. Wen sangbeker vir die 3de maal.

1982: Oom Pieter Swart word gekies as voorsitter van die ouerkomitee vir die 21 ste jaar agtereenvolgend! 3 Mei viering van mondigwording van HFM - pretdag met ‘n marathonwedloop van Pretoria na Thabazimbi deur die landloopspan. Kerneels Erasmus vleuel van SA-skolespan, Danievan Vuuren silwer medalje - SO/17 800 m (1 min.57.7 sek) SA Junior Atletiekkampioenskappe.

1983! SO/17 atletiekspan wen Rentmeester Prestige byeenkoms. I. Welgemoed wen ‘n kompetisie (R1000.00) van die koerant, die Transvaler vir die beste slagspreuk oor desentralisasie. Kniebuiging van Frik-klik, skoolkoerant onder leiding van Anda Smith.

1984 wen SO/17 weereens Rentmeester Prestige Byeenkoms. Die beste seunsatleet, Pieter van Deventer, wen ‘n oorsese reis. 30 Augustus eerste Sokkiejol!!! Hanekom aanvaar hoofpos in 1986 by Hoërskool John Vorster Tegnies, Pretoria. Lotheringen, adjunk-hoof, neem waar, April 1986. Eerste Ben Albertssportdag. 3 Mei, Mnr B. van der Linde word aangestel as hoof Augustus 1986.

1987 SO/14 wen hul afdeling tydens Rentmeester Prestige Byeenkoms. Snoepie open 22 Junie. Stander en P. Venter gekies vir Noordwes O/15 krieketspan. Bosveldwintersporttoernooi April-vakansie 1990 ten opsigte van rugby, netbal, hokkie - 20 skole teenwoordig.

Jammer om te verneem van Sol Pelser - een van ons oud-onderwysers. Ek onthou nog sy klasse daar in Koedoe Koshuis - ons ...
26/11/2025

Jammer om te verneem van Sol Pelser - een van ons oud-onderwysers. Ek onthou nog sy klasse daar in Koedoe Koshuis - ons het meer gelag as gewerk.

Mag sy familie troos vind in die herinneringe wat hy nagelaat het, en mag hulle die krag hê om hierdie tyd van verlies te dra. Ons d**k aan hulle en hou hulle in ons gebede.

Hennie Pelser

RIV  Otto
06/01/2025

RIV Otto

Vir die van ons wat die voorreg gehad het om Wiskunde-onderrig van hom te ontvang by Laerskool Thabazimbi.RIV oom Vollie
02/07/2023

Vir die van ons wat die voorreg gehad het om Wiskunde-onderrig van hom te ontvang by Laerskool Thabazimbi.

RIV oom Vollie

23/05/2023
Ek het nou die hartseer nuus gekry van die afsterwe van een van ons maats, Riaan Bergsma.Ons innige meegevoel met Adele ...
14/02/2022

Ek het nou die hartseer nuus gekry van die afsterwe van een van ons maats, Riaan Bergsma.

Ons innige meegevoel met Adele en Skillie se gesin en familie. Mag God julle die vrede gee wat julle soek.

15/03/2021

Gebedsversoek:
Dries & Sone du Preez se seun, GP is ernstig siek in ICU... Bid asb vir hom en sy gesin

08/01/2021

DIE KRAG VAN GEBED
Middag almal, tannie Susan het laat weet dat Renier oorgeplaas word na Pretoria-Oos Hospitaal na 'n terugslag vanoggend. Nadine is ook siek, so bid vir haar en die kinders ook

Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking en daarom moet julle asb aanhou bid!!!! Moet nooit klein d**k van ons God en Vader, wanneer jy bid nie. Hy is almagtig. Daarom kan mense soos ons se gebede 'n kragtige uitwerking hê.

07/01/2021

Gebedsversoek:
Renier Els is ernstig siek in die hospitaal met Covid... Bid asb vir hom en sy gesin

Trots op ons oud-Frikkies!  Liewe Olive (Vermaak)
15/08/2019

Trots op ons oud-Frikkies! Liewe Olive (Vermaak)

Address

Tambotie Street
Thabazimbi
0380

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:00
Tuesday 07:00 - 13:00
Wednesday 07:00 - 13:00
Thursday 07:00 - 13:00
Friday 07:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Frikkie Meyer 1987 - 1991 (1991-matrieks) posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Frikkie Meyer 1987 - 1991 (1991-matrieks):

Shortcuts

Share

Category