A+ Lees- & Wiskundesentrum

A+ Lees- & Wiskundesentrum A+ Lees- en Wiskundesentrum is 'n rekenaargesteunde besigheid wat fokus op die ontwikkeling van lees- en wiskundevaardighede van graad 1 tot graad 12 leerders.

Gedurende die gesamentlike 69 jaar ervaring in die onderwys, het ons besef dat een van die grootste akademiese struikelblokke wat 'n kind het, die onvermoë om met insig te lees en die agterstand in die vaslegging van wiskundige beginsels is. Beide kan moeilik opgevang word. Die rekenaargesteunde leesprogram bepaal die kind se werklike leesouderdom akkuraat en vang agterstande in lees op. Die progr

am verseker dat alle leestegnieke en -strategieë aangeleer word, die kind se begripsvlakke verhoog, sy leesspoed versnel en sy spelling, uitspraak en leervaardighede verbeter. Terugvoer en verslae word deurlopend aan die ouers gegee en die kind se vordering word beloon. Die rekenaargesteunde wiskundeprogram gebruik deeglik beplande unieke oefeninge wat gerig is op die individu. Daar word gefokus op die vaslegging van konsepte volgens die KABV-kurrikulum (CAPS) en aandag gegee aan diagnostiese toetse, hoofrekene, wiskunde oefengeleenthede, hersiening en toetse. Deurentyd is daar ondersteunende hulpfunksies en stap-vir-stap verduidelikings. Vordering word gemonitor deur omvattende ontledings, verslae en belonings.

09/08/2021
30/07/2021

Address

Cowriesirkel 15
Tergniet
6525

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when A+ Lees- & Wiskundesentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to A+ Lees- & Wiskundesentrum:

Shortcuts

Share