06/09/2026
𝐏𝐮𝐢𝐤 𝐧𝐮𝐮𝐬!
𝐎𝐧𝐬 𝐨.𝟏𝟓-𝐧𝐞𝐭𝐛𝐚𝐥𝐬𝐩𝐚𝐧 𝐯𝐞𝐫𝐨𝐰𝐞𝐫 𝐬𝐢𝐥𝐰𝐞𝐫 𝐛𝐲 𝐠𝐞𝐬𝐨𝐠𝐭𝐞 𝐌𝐚𝐫𝐢𝐮𝐬 𝐒𝐜𝐡𝐨𝐞𝐦𝐚𝐧 𝐅𝐚𝐬𝐭 𝟓-𝐭𝐨𝐞𝐫𝐧𝐨𝐨𝐢!
’n Groot gelukwensing aan ons o.15A-netbalspan met hul welverdiende silwer medalje gister by die Marius Schoeman Fast 5-toernooi, aangebied deur Paarl Gimnasium!
Dit was ’n ongelooflike mooi en naelbyt-eindstryd - ook teen die gashere - om te aanskou, en ons is ongelooflik trots op elke speler!
Teen die einde van die derde kwart van die Finaal, was die telling steeds 13-13, maar ons moes in die laaste 5 minute die knie buig teen dié sterk Paarlse netbalreus.
Top 3!
1. Paarl Gimnasium A
2. Jan van Riebeeck A
3. Parel Vallei A
Geluk ook aan die ander 5 skole wat tydens die uitspeelrondes in die Top 8 geëindig het:
Durbanville A, Stellenberg B, Hoër Meisieskool Paarl A, Hoër Meisieskool Paarl B, Charlie Hofmeyr A
Aan die spelers: Baie dankie dat julle julself deurgaans so goed gedra het en mekaar ondersteun het. Ons hoop van harte dat hierdie ervaring vir julle net so positief en genotvol was soos wat dit vir ons en die afrigters was.
Baie dankie aan al die afrigters,
'Coach' Kurt en Billy, en spanbestuurder, me. De Villiers, vir ’n uitstekende spanpoging. Julle samewerking en toewyding op alle vlakke word opreg waardeer!
Aan ons ouers: Soos altyd is julle ’n ongelooflike ondersteuningsisteem vir al hierdie meisies. Ons waardeer werklik alles wat julle doen – van ’n sakkie ys of ’n koppie koffie tot die dra van ’n speler teen die bult uit om behandeling te ontvang. Dit is die klein én groot dinge wat ’n verskil maak, en ons is opreg dankbaar vir elkeen van julle.
Ons wil ook graag vir EMMA SNIJDERS gelukwens met haar verkiesing as Speler van die Toernooi in die o.15-afdeling!
Emma, ons is ongelooflik trots op jou. Jou toewyding, harde werk en onwrikbare verbintenis tot die spel is werklik inspirerend!
Die komende week gaan ons voorberei vir die Wes-Kaapse Skole Fast 5-eindstryde volgende naweek in Somerset-Wes.
Ons o.15- en o.17-spanne gaan beide hard baklei vir ’n geleentheid om hul plek by die Nasionale Kampioenskappe te verseker.
Baie geluk, Jan van Riebeeckers - ons bars van die trots!