02/09/2026
SAOU-SIMPOSIUM 2026
PORT ELIZABETH
Van 30 Augustus tot 2 September 2026 het mnr. Pelser en mev. Van der Merwe die voorreg gehad om die SAOU-kongres in Port Elizabeth by te woon – ’n paar dae van inspirasie, nuwe perspektiewe, goeie gesprekke en vars idees vir die pad vorentoe.
Van die hoogtepunte was die geleentheid om na inspirerende sprekers soos minister Leon Schreiber, Rian Truter, Cassie Carstens, Minette Dempsey, Lorensa Eckard, Johan Smith en en prof. Liandi van den Berg te luister.
Die kongres het ons weer herinner aan die belangrike rol wat ons as opvoeders speel – om voortdurend te groei, aan te pas en met nuwe energie terug te keer na ons skole en ons leerders.
Ons beker is behoorlik vol – vol nuwe idees, inspirasie en entoesiasme!
Ons keer terug na Hoërskool Swellendam met vars denke en nuwe planne om ons skoolgemeenskap nog beter te dien.
’n Groot dankie aan die SAOU vir ’n goed georganiseerde en besonder verrykende kongres. Ons sien uit daarna om die nuwe idees in die praktyk om te sit!