11/09/2026
👴👵 Oupa- en Oumadag
Wat ’n spesiale dag was dit om ons oupas en oumas by Swellenduimpie te verwelkom! Die kinders het pragtig vir hulle gesing en daarna saam met Oupa en Ouma in hul klasse gekuier en kreatief geraak met ’n bietjie kuns.
Dit was ’n groot voorreg om hierdie spesiale mense in ons leerders se lewens by ons te hê en saam kosbare herinneringe te skep. Dankie vir elke Oupa en Ouma wat die dag saam met ons kom geniet het!