VRT Pitt Primêr

VRT Pitt Primêr VRT Pitt Primêr. Railton, Swellendam

Boekeweek is in volle swang by V.R.T. Pitt!Ons leerders ontdek hierdie week op verskillende maniere die wonderlike wêrel...
11/09/2026

Boekeweek is in volle swang by V.R.T. Pitt!

Ons leerders ontdek hierdie week op verskillende maniere die wonderlike wêreld van stories, karakters en boeke.

Graad R het hierdie week ‘n diepe liefde vir lees en boeke ontwikkel. Graad 1 het vir Tippie gehelp om ’n boom te plant. ’n Pragtige manier om te leer dat stories nie net op papier leef nie, maar ons ook kan inspireer om iets in die regte wêreld te doen.

Our Grade 4 learners explored The Witches by Roald Dahl. They got to know the characters and delve into the wonderfully imaginative world of one of Roald Dahl’s much-loved stories.

Dit is heerlik om te sien hoe ons leerders deur Boekeweek lees, ontdek, skep en leer!

Baie dankie juffrou Janette Lourens.

💙💛 Boeke maak wêrelde oop!

11/09/2026

Nasionale Boekeweek in die Hulpbronklas 📚📖

Stories en lees speel ’n groot rol in ons elke dag se lewens. In die Hulpbronklas geniet ons boekies en stories, terwyl ons leer dat lees en skryf hand aan hand gaan.

Kom kyk saam met ons na ons klein lesertjies en die stories wat hulle geniet! 📖💙💛

11/09/2026

Baie dankie aan almal wat kaartjies gekoop het. Potjiekos is vandag, Vrydag 11 September, vanaf 13:00 tot 15:00 by die skoolsaal beskikbaar. Onthou om u kaartjie saam te bring!

Graad R ontdek die wêreld van boeke!As deel van Nasionale Boekeweek het ons Graad R-leerders die geleentheid gehad om di...
11/09/2026

Graad R ontdek die wêreld van boeke!

As deel van Nasionale Boekeweek het ons Graad R-leerders die geleentheid gehad om die Railton Biblioteek te besoek, en vir hierdie kleingoed was die uitstappie sommer ’n groot avontuur!

Die stap na die biblioteek was reeds ’n hoogtepunt op sy eie. By die biblioteek het die leerders meer geleer oor hoe ’n biblioteek werk en watter reëls daar geld. Hulle het selfs deur die volwasse boekrakke gestap en geleer dat hierdie gedeelte van die biblioteek vir hul ouers en ouer boeties en sussies is.

Daar was ook ’n paar vrae om die klein breintjies aan die werk te sit. Waarvoor gebruik ons ’n rekenaar? Gelukkig kon ons Graad R’s sommer mooi antwoord!

Hulle het ook gewys dat hulle reeds weet dat ’n mens in ’n biblioteek nie raas, eet of drink, of jou selfoon gebruik nie. Daarna was daar tyd om rustig ’n boekie te lees, voordat die energie weer ingespan is vir lekker speletjies binne en buite die biblioteek.

Teen die einde van die uitstappie was ons Graad R’s behoorlik moeg, maar met baie nuwe ervarings en herinneringe ryker!

’n Baie groot dankie aan die Railton Biblioteek-span wat ons met soveel liefde en omgee ontvang het. Ons waardeer die geleentheid om ons kleuters op so ’n prettige en praktiese manier aan die wêreld van boeke en biblioteke bekend te stel.

💙💛 Wie weet, dalk het ons vandag ’n paar toekomstige boekwurms ontdek!

10/09/2026

Meneer Piet du Toit bedank ons borge vir ‘n uitmuntende Pitties Gholfdag 2026!

Nasionale Boekeweek by PittiesNationale Boekeweek het Maandag afgeskop met Juffrou Janette en die Boekwurms (graad 3 les...
10/09/2026

Nasionale Boekeweek by Pitties

Nationale Boekeweek het Maandag afgeskop met Juffrou Janette en die Boekwurms (graad 3 lesers). Hulle het vir ons meer van Boekeweek vertel. Die boeke van ons lewe is die tema die jaar. Hulle het ons herinner aan hoe belangrik boeke is in al die aspekte van ons daaglikse lewe. Die groep is ywerige lesers. Hulle moedig al die leerders aan om ook meer te lees.

Kom koop jou kaartjie vandag nog! Beperkte sitplekke! Jy wil nie hierdie geleentheid mis nie!
09/09/2026

Kom koop jou kaartjie vandag nog! Beperkte sitplekke! Jy wil nie hierdie geleentheid mis nie!

Notice of Budget meeting 2026
05/09/2026

Notice of Budget meeting 2026

Slegs R50 ‘n kaartjie. Moenie uitmis nie!
04/09/2026

Slegs R50 ‘n kaartjie. Moenie uitmis nie!

03/09/2026

Address

C/o Sonneblom & Aandblom Streets
Swellendam
6740

Opening Hours

Monday 07:45 - 14:30
Tuesday 07:45 - 14:30
Wednesday 07:45 - 14:30
Thursday 07:45 - 14:30
Friday 07:45 - 14:30

Telephone

+27280502250

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VRT Pitt Primêr posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to VRT Pitt Primêr:

Shortcuts

Share

Category