06/05/2026
DANKIE, DANKIE, DANKIE
Ons Reënboog maatjies het vroeg vanoggend in die reën gaan kuier by Swellendam Doggy Parlour 🐶🐾
Die maatjies het met nuuskierige oegies rond gekyk en met groot ore geluister.
Hulle kon nie wag om hulle eie hondjies se name te deel nie.
Die hoogtepunt was toe ons kon sien hoe Sam ('Sammy') kon sien bad en saggies droog geblaas word. 🛁 Hulle het gesit en fluister: “Kyk, sy hare waai!” en “Hy ruik nou so lekker skoon!”
Dit was nie net pret nie, maar ook ’n wonderlike geleentheid om sagtheid, versorging en respek vir diertjies te leer.
Die weer voorspel nog heerlike reën vir vanaand.
Ons voorspel dat al die maatjies se hondjies vanaand "gepamper" gaan word. 💛
Bederf gerus jul troeteldiere by SWELLENDAM DOGGY PARLOUR!