27/08/2026
🏉 Van ons plaaslike rugbygemeenskap na ons jong sportsterre! 💙❤️
Ons is besonders trots op die ondersteuning wat ons van ons eie plaaslike rugbygemeenskap ontvang!
Vandag deel ons ’n spesiale boodskap van mnr Benjamin Claassen, die Eerste Span-afrigter van Struisbaai RFC. 🏉🔥
Baie dankie vir jou tyd, ondersteuning en die moeite wat jy gedoen het om ons Struisbaai Primêr-leerders te motiveer.
As afrigter verstaan jy beter as meeste mense dat sukses op die rugbyveld nie net oor talent gaan nie. Dit gaan oor spanwerk, dissipline, respek, toewyding en die bereidwilligheid om elke dag beter te word. 💪
Dit is vir ons baie spesiaal om te weet dat ons jong spelers die ondersteuning van ons plaaslike rugbyklub het. Julle is deel van die gemeenskap waarin ons leerders grootword en speel, en julle voorbeeld kan ’n groot invloed op hulle hê. 👏
Aan ons leerders: luister na die boodskap, leer uit die ervaring van dié rondom julle en onthou dat elke groot speler iewers begin het.
Werk hard. Ondersteun jou spanmaats. Respekteer die spel. En wees trots op Struisbaai! 💙❤️🏉
Baie dankie Coach Bennie, vir jou ondersteuning aan ons skool en ons jong sportmanne en -vroue. Ons waardeer dit opreg! 🙌
Een gemeenskap. Een skool. Een span. Een trots. 💙❤️