02/10/2026
Roeselare Uitruilprogram 2026
Me. E. Bosman en Me. J. Russouw vergesel tans sestien graad 10 leerders van Hoërskool Strand wat tot 12 Oktober aan die Roeselare-uitruilprogram in België deelneem.
Die leerders wat aan die program deelneem is Annika Viljoen, Bernard de Meyer, Dyllan Fabricius, Emma Olsen, Emma-Jane Kriegler, Ernst Henke, Isabella Meyer, Jani Fouché, Jessica Geldenhuys, Lea Roodt, Liam van Coller, Lira Adams, Marileen Botha, Mienke Engelbrecht, Neville Lloyd en Gerrit Zwemstra.
Die uitruilprogram bied ’n unieke geleentheid om ’n ander kultuur te ervaar, nuwe vriendskappe te vorm en waardevolle leer- en lewenservarings op te doen.
Ons wens hulle ’n veilige reis en ’n onvergeetlike, geseënde tyd toe en sien daarna uit om by hul terugkeer op 12 Oktober te hoor van al die besondere stories, ervarings en herinneringe wat hulle tydens hierdie uitruilprogram opgedoen het.
Uitwisseling Burgerschool Zuid-Afrika 2026 - 2027