Daleview Primêre Skool

Daleview Primêre Skool Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Daleview Primêre Skool, School, Bosman Straat, Steytlerville.

Liewe Ouers / VoogdeOns herinner u graag aan die HOTNITE wat op Vrydag, 11 September 2026 sal plaasvind.Ons herinner u o...
19/08/2026

Liewe Ouers / Voogde

Ons herinner u graag aan die HOTNITE wat op Vrydag, 11 September 2026 sal plaasvind.

Ons herinner u ook aan die bydraes wat u kind skool toe moet bring om die sukses van die HOTNITE te verseker.

Ons maak staat op u samewerking.

Groete.

15/08/2026

Onder 11 - Rugby (Daleview Primêre Skool teen Elmor Primêre Skool)

15/08/2026

Onder 10 - Rugby (Daleview Primêre Skool teen Elmor Primêre Skool)

15/08/2026

Onder 10 - Rugby wedstryd. Daleview Primêre Skool teen Elmor Primêre Skool

Welkom terug by Daleview Primêre Skool – Kwartaal 3Hiermee wens ek ons leerders, ouers en personeel hartlik terug verwel...
20/07/2026

Welkom terug by Daleview Primêre Skool – Kwartaal 3

Hiermee wens ek ons leerders, ouers en personeel hartlik terug verwelkom vir Kwartaal 3.

Ons hoop elkeen het 'n welverdiende rus geniet en is gereed vir 'n kwartaal vol nuwe geleenthede, harde werk en sukses. Mag hierdie kwartaal gevul wees met groei, deursettingsvermoë en uitstekende prestasies – in die klaskamer, op die sportveld en in al ons skoolaktiwiteite.

Aan ons leerders: Gee elke dag jou beste. Aan ons ouers: Baie dankie vir julle volgehoue ondersteuning en betrokkenheid. Aan ons personeel: Dankie vir julle toewyding en passie om die beste vir elke kind te gee.

Kom ons werk saam om van Kwartaal 3 'n besonderse en suksesvolle kwartaal te maak.

"Saam bou ons aan 'n sterker toekoms, een leerder op 'n slag."

Welkom terug! Ons sien uit na 'n wonderlike kwartaal saam.

– Mnr. C. J. Uithaler
Skoolhoof
Daleview Primêre Skool

MANDELADAG 2026 | 18 JULIE 2026By Daleview Primêre Skool glo ons dat elke daad van vriendelikheid 'n verskil maak.Op hie...
18/07/2026

MANDELADAG 2026 | 18 JULIE 2026

By Daleview Primêre Skool glo ons dat elke daad van vriendelikheid 'n verskil maak.

Op hierdie Mandeladag eer ons die nalatenskap van Nelson Rolihlahla Mandela deur die waardes van liefde, diens, respek en hoop uit te leef. Kom ons staan saam as 'n skool en gemeenskap om ander te dien en ons omgewing 'n beter plek te maak.

"Dit is in jou hande om die wêreld 'n beter plek te maak vir almal wat daarin leef." – Nelson Mandela

Onthou: Dit neem net 67 minute van jou tyd om iemand se lewe aan te raak en 'n blywende verskil te maak.

Elke klein daad van goedheid maak 'n groot verskil.

Gelukkige Verjaardag, Mnr. C. J. Uithaler! Namens die bestuur, personeel en leerders van Daleview Primêre Skool wens ons...
17/07/2026

Gelukkige Verjaardag, Mnr. C. J. Uithaler!

Namens die bestuur, personeel en leerders van Daleview Primêre Skool wens ons u 'n besonder geseënde en vreugdevolle verjaardag toe.

Mag die Here u ryklik seën met goeie gesondheid, wysheid, krag en vrede vir die jaar wat voorlê. Dankie vir u toewyding, vriendelikheid en die positiewe verskil wat u elke dag in die lewens van ander maak.

"Die Here sal jou seën en jou beskerm; die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees; die Here sal jou gebede verhoor en aan jou vrede gee."
– Numeri 6:24–26

Geniet u spesiale dag saam met familie en vriende. Mag hierdie nuwe lewensjaar gevul wees met oorvloedige seëninge, geluk en talle kosbare oomblikke.

Gelukkige Verjaardag, Mnr. Uithaler! 🎂🎈🎁

Met beste wense van:
Skoolbeheerraad, Skoolbestuur, Personeel en Leerders van Daleview Primêre Skool.

Mnr. T. M. Spogter, van harte geluk met die herdenking van u geboortedag. Mag u 'n geseënde en vervullende nuwe lewensja...
12/07/2026

Mnr. T. M. Spogter, van harte geluk met die herdenking van u geboortedag. Mag u 'n geseënde en vervullende nuwe lewensjaar beleef. 🥳🎊🎉

Ons wens Juf. Johannes 'n geseënde verjaardag toe. Mag die Here u ryklik seën. 🌻
03/07/2026

Ons wens Juf. Johannes 'n geseënde verjaardag toe. Mag die Here u ryklik seën. 🌻

Baie geluk, Juffrou Erasmus met die herdenking van jou geboortedag. 🌻
25/06/2026

Baie geluk, Juffrou Erasmus met die herdenking van jou geboortedag. 🌻

Address

Bosman Straat
Steytlerville

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 14:00

Telephone

+27498350058

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Daleview Primêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category