Hoërskool Stellenbosch

Hoërskool Stellenbosch Hoërskool Stellenbosch is ’n besonderse skool waar ons soek na waarheid en egtheid. Hier is jy uniek, en bied ons vir jou vryheid binne ons omgee-gemeenskap.
(1)

Kom wéés. Klein genoeg om persoonlik te wees, groot genoeg om ‘n krag te wees. Om ons te vind op Google Maps, besoek gerus:

http://maps.google.com/maps/place?q=Ho%C3%ABrskool+Stellenbosch&hl=en&ie=UTF8&cid=5514296224726062194

𝗛𝗼ë𝗿𝘀𝗸𝗼𝗼𝗹 𝗦𝘁𝗲𝗹𝗹𝗲𝗻𝗯𝗼𝘀𝗰𝗵-𝘁𝗶𝗲𝗻𝗲𝗿𝘀 𝗸𝗿𝗮𝗮𝗶 𝗸𝗼𝗻𝗶𝗻𝗴 𝗯𝘆 𝗔𝗧𝗞𝗩-𝗧𝗶𝗲𝗻𝗲𝗿𝘁𝗼𝗻𝗲𝗲𝗹 𝗺𝗲𝘁 “𝗗𝗶𝗲 𝗸𝗮𝗻𝗱𝗶𝗱𝗮𝗮𝘁”!Die meesleurende drama, “Die kandid...
04/10/2026

𝗛𝗼ë𝗿𝘀𝗸𝗼𝗼𝗹 𝗦𝘁𝗲𝗹𝗹𝗲𝗻𝗯𝗼𝘀𝗰𝗵-𝘁𝗶𝗲𝗻𝗲𝗿𝘀 𝗸𝗿𝗮𝗮𝗶 𝗸𝗼𝗻𝗶𝗻𝗴 𝗯𝘆 𝗔𝗧𝗞𝗩-𝗧𝗶𝗲𝗻𝗲𝗿𝘁𝗼𝗻𝗲𝗲𝗹 𝗺𝗲𝘁 “𝗗𝗶𝗲 𝗸𝗮𝗻𝗱𝗶𝗱𝗮𝗮𝘁”!

Die meesleurende drama, “Die kandidaat”, het vanjaar die beoordelaars én die gehoor geheel en al betower. Hoërskool Stellenbosch het geskiedenis gemaak deur die 1ste plek in te neem en as die algehele Beste Produksie by die gesogte ATKV-Tienertoneelkompetisie bekroon te word (Hoërskool Parel Vallei in die 2de plek en Hoërskool Noordheuwel in die 3de plek).

Die skool se talent het op alle vlakke geskitter, met beide die hoofrol-akteurs wat die hoogste toekennings ingepalm het.

* 🥇 Beste Aktrise in 'n Hoofrol: Emelyn Snyman (graad 9)
* 🥇 Beste Akteur in 'n Hoofrol: Johan Swanepoel (graad 11)

Benewens die groot oorwinnings het “Die kandidaat” 'n indrukwekkende rits nominasies ingepalm:
Beste Regisseur: Doktor André Ge**er en doktor Andrea Staude
Beste Ensemble
Beste Aktrise in 'n Ondersteunende Rol: Olivia van der Westhuizen (graad 11)
Beste Kameeverskyning: Benyamin Amoraal (graad 9)
Beste Hantering van Tegniese Aspekte

Onder die bekwame leiding van regisseurs dr. André Ge**er en dr. Andrea Staude het “Die kandidaat” die gehoor van die eerste oomblik af op die punt van hul stoele gehou. Die beoordelaars het veral die produksie se afgeronde tegniese afwerking, die hoë vlak van spel en die naatlose samespel van die hele ensemble geprys.
Hierdie geskiedkundige prestasie is 'n fantastiese beloning vir die maande se harde werk, laataand-repetisies en onblusbare passie wat die hele span ingesit het.

Baie geluk aan Hoërskool Stellenbosch se toneel, die regisseurs, Emelyn, Johan, en elke lid van die span: julle het die skool en die gemeenskap se naam hoog gehou!

Hier is die skakel na die kaartjies vir komende naweek se vertonings van 'DIE KANDIDAAT' by die Toyota Woordfees:

https://www.quicket.co.za/events/380009-atkv-tienertoneel-se-nasionale-wenproduksie/?preview=t #/

Foto’s: Nardus Engelbrecht ()

SKOLE XCO NASIONALE KAMPIOENSKAPPE Baie sterkte aan ons leerders wat op 2 en 3 Oktober 2026 aan die Skole XCO Nasionale ...
01/10/2026

SKOLE XCO NASIONALE KAMPIOENSKAPPE

Baie sterkte aan ons leerders wat op 2 en 3 Oktober 2026 aan die Skole XCO Nasionale Kampioenskappe by Coetzenburg, Stellenbosch, deelneem!

DOGTERS
• Leoné Theron (WP) – Subjunior HS
• Corlia de Wee – Subjunior HS
• Teresa Malan – Youth 16
• Jana Terblanche (WP) – Junior 17
• Dominique Taljaard – Junior 17

SEUNS
• James Bird (WP) – Subjunior HS
• Jandré van Lill (WP) – Youth 15
• Chuma Mdlungu – Junior 17
• Alex Roberts – Junior 18/19
• Durandt du Plessis – Onttrek weens ’n besering

’n Spesiale gelukwensing aan Leoné, Jana, James en Jandré, wat ook in die provinsiale span opgeneem is. Ons is trots op julle!

Kom wys jou ondersteuning en kom moedig ons ryers aan!

VRYDAG, 2 OKTOBER | SKOLE | COETZENBURG, STELLENBOSCH
🕢 07:30 – Openingseremonie & Parade
🕣 08:30 – Eerste resies
🕑 14:00 – Laaste resies

SATERDAG, 3 OKTOBER | PROVINSIES | COETZENBURG, STELLENBOSCH
🕗 08:00 – Eerste resies
🕜 13:30 – Laaste resies

01/10/2026
30/09/2026
29/09/2026
FIETSRYLeoné Theron is aangewys as SA-Kampioen in die Criterium, Tydtoets (ITT) én Padwedren. Dit is haar 5de nasionale ...
28/09/2026

FIETSRY

Leoné Theron is aangewys as SA-Kampioen in die Criterium, Tydtoets (ITT) én Padwedren. Dit is haar 5de nasionale titel van die jaar! Sy is nou nasionale kampioen in Cross Country, Cross Country Short Track, Criterium, Individuele Tydtoets (ITT) en Padwedren.

James Bird het in sy heel eerste padfietsresies ’n 3de plek in die Tydtoets (ITT) behaal, gevolg deur ’n 8ste plek in die Padwedren.

Jandré van Lill het ook ’n Top 10-eindposisie in die Padwedren behaal.

Baie geluk aan ons fietsryers met hierdie besonderse prestasies!

Baie dankie aan ons ouers, leerders en The Aleit Academy asook almal wat agter die skerms gewerk het om hierdie besonder...
28/09/2026

Baie dankie aan ons ouers, leerders en The Aleit Academy asook almal wat agter die skerms gewerk het om hierdie besonderse aand moontlik te maak.

Foto's: Andre Engelbrecht, Peartree Photography, LuxeLoop Photobooths, Eileen de B**r

LOOTJIEPROJEKDaar is ongelooflike pryse op die spel. Van 'n jagpakket vir twee persone tot 'n Southbound e-bike!Hoe werk...
28/09/2026

LOOTJIEPROJEK

Daar is ongelooflike pryse op die spel. Van 'n jagpakket vir twee persone tot 'n Southbound e-bike!

Hoe werk dit?
• Elke leerder het vandag 'n lootjieboekie ontvang.
• Koop 'n lootjie vir slegs R100 op Quicket: https://www.quicket.co.za/events/388229-horskool-stellenbosch-sportfondsinsameling-lootjieprojek/?ref=dashboard-qrcode #/
• Elke lootjie gee jou 'n kans om een van die fantastiese pryse te wen: https://canva.link/r3izc6l75a2a8v4
• Alle fondse word aangewend om Hoërskool Stellenbosch se sportprogram te ondersteun.

📅 Lootjies is vanaf 6 Augustus tot 12 Oktober 2026 te koop.
🎉 Die trekking vind op 13 Oktober 2026 tydens die Sportprysuitdeling plaas.
🏆 Verkoop en wen!

Die eerste drie leerders wat die meeste lootjies verkoop, wen elk 'n spesiale kontantprys.

💥 Doelwitte = Pret!
Elke keer wanneer ons 'n verkoopsdoelwit bereik, kry die leerders die geleentheid om iets prettigs met 'n onderwyser aan te pak.
Met die bekendstelling van die projek het ons reeds ons eerste doelwit bereik! Vanoggend het 'n paar leerders vir mnre. Grobler en Van Aardt met 'n eier op die kop gegooi!

Die kompetisie is amptelik aan die gang! Wie gaan die meeste lootjies verkoop? Watter onderwyser is volgende en wie stap weg met die groot pryse? Koop jou lootjie en wees deel van die opwinding!

Geregistreer: Society Lottery Scheme, National Lotteries Commission (NLC. 00568/01).

Address

Jannaschstraat
Stellenbosch
7600

Opening Hours

Monday 07:20 - 15:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:20 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:20 - 14:00

Telephone

+27218873082

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Stellenbosch posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Stellenbosch:

Shortcuts

Share

Category