Dave Pepler

Dave Pepler Official fan page for Dave Pepler

Net duskant Hopefield, op pad na die weskus, ry ek stadig, op soek na ‘n “stopplek”. In die middel van die pad lê ‘n man...
28/09/2026

Net duskant Hopefield, op pad na die weskus, ry ek stadig, op soek na ‘n “stopplek”.
In die middel van die pad lê ‘n mannetjie-Namakwaduifie, duidelik deur ‘n motor getref, en toe ek naderkom, vlieg die wyfie op.
Ons weet absoluut niks van die vesels wat diere bind nie.
Nesfoto uit Red Stone Hills, illustrasie, Sasol E-Birds

Wat ‘n beloning vir ‘n dag in my tuin. Uitbundige broeivere.
27/09/2026

Wat ‘n beloning vir ‘n dag in my tuin.
Uitbundige broeivere.

Jy kan my nou platvee met ‘n tinktinkieveer. Die afgelope paar weke in die Stellenbosch-distik, loop glo saam met die ta...
23/09/2026

Jy kan my nou platvee met ‘n tinktinkieveer.
Die afgelope paar weke in die Stellenbosch-distik, loop glo saam met die tarentale en poue…
Bromvoël!

Kaart: Normale verspreiding
Beeld: Sasol eBird

Dis nie aldag dat ek produkte onderskryf nie. Maar..."Painted Wolf Wines for Conservation" staan trots as 'n volslae toe...
22/09/2026

Dis nie aldag dat ek produkte onderskryf nie. Maar...

"Painted Wolf Wines for Conservation" staan trots as 'n volslae toegewyde platform om ons land se "honde" en "katte" 'n kans op oorlewing te bied.

Lees meer hier oor waar dit begin het en hoe hulle te werk gaan.

https://www.paintedwolfwines.com/about-us/

Ek kan aan geen meer gepaste kersgeskenk dink nie.

Die Woordfees is op hande.Op 6 Oktober om 10h00 voer Bibi Scheepers 'n onderhoud met my oor my boek "SMELT".Ek sal 20 ge...
21/09/2026

Die Woordfees is op hande.

Op 6 Oktober om 10h00 voer Bibi Scheepers 'n onderhoud met my oor my boek "SMELT".

Ek sal 20 getekende kopieë meebring teen R300 elk, slegs kontant asseblief.

Vandag was dit my voorreg om as gasspreker by EcoMaties se tuinklub op te tree.My hart was so sag - jongmense wat die aa...
19/09/2026

Vandag was dit my voorreg om as gasspreker by EcoMaties se tuinklub op te tree.

My hart was so sag - jongmense wat die aarde kies bo die internet. In die paar ure wat ek daar was, het NIEMAND na 'n snelfoon geklik nie.

Mag hul tuine oorvloedig blom en dra.

Van katte gepraat. Lina het skielik verdwyn met die onlangse reën- en windstorm. Ek het regdeur die nag gesoek, en haar ...
18/09/2026

Van katte gepraat.
Lina het skielik verdwyn met die onlangse reën- en windstorm. Ek het regdeur die nag gesoek, en haar na dagbreek in bure se agterplaas gekry.
Sy was bevrore, stom, naels bebloed van skarrel. Blykbaar het twee straathonde haar gestorm.
Na ‘n dag sonder kos of water, het sy vroegdag kom kerm by my bed, en ingekruip. Ek besef opnuut hoe lief ek haar het

The housewives of Bwindi Impenetrable Forest.Toentertyd in Bwindi, Uganda, moes ek in die woud oornag want die besoekers...
21/08/2026

The housewives of Bwindi Impenetrable Forest.

Toentertyd in Bwindi, Uganda, moes ek in die woud oornag want die besoekerskamp was stampvol. En toe kom kuier mevrouwtjie...

Address

Stellenbosch

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dave Pepler posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Dave Pepler:

Shortcuts

Share