Steggies Kleuterskool

Steggies Kleuterskool ‘n Liefdevolle omgewing met pragtige natuurskoon, individuele aandag en ‘n familie-oriëntasie kleuterskool vir babas vanaf 4 maande tot 5 jariges kleuters.

www.steggieskleuters.co.za Die maak van steggies behels tipies dat ‘n klein gedeelte van ‘n ouer-plant verwyder word. Deur die steggie dan van die regte sorg, klimaat, groeimedium en ander hulpmiddels te voorsien, word die steggie aangemoedig om sy eie wortelstelsel te vestig en as ‘n onafhanklike plant te groei.

‘n Liefdevolle omgewing met pragtige natuurskoon, individuele aandag en ‘n familie-oriëntasie is die sleutel tot ons sukses. Saammet die ouers wil ons by die plaas-skool ‘n groei-medium en klimaathelp skep waarin kinders hulself kan wortel en ontwikkel tot hul volle potensiaal as gebalanseerde en vrydenkende individue! Ons is sedert vroeg 2015 op die plaas in Devonvallei, Stellenbosch, op dreef. Kom loer gerus in en ontmoet die span wat sorgsaam gaan opvoed en al die maatjies!

04/10/2026

🌈✨ Vakansiepret by Steggies! ✨🌈

Wat ’n heerlike vakansie vol pret en avontuur! 🥳 Ons het aangetrek soos prinsesse en superhelde 👑🦸‍♀️🦸‍♂️, kleurvolle kosblikke geniet 🌈🍱, op ’n skattejag deur die tuin gegaan 🗺️🔎, pragtige blommekuns geskep 🌸🎨 en heerlike soetkoekies versier! 🍪💕

En natuurlik het ons die sonskyn ten volle benut met heerlike waterspel buite! ☀️💦 Daar is gespeel, gelag, geskep en sommer net lekker vakansie gehou!

Dit is inderdaad lekker om ’n Steggie te wees! 💚🌱

19/09/2026

🧪✨ Eksperimentweek by Steggies! ✨🧪

Hierdie week het ons klein wetenskaplikes hul hande vuil gemaak met hope interessante eksperimente! Van sakkies wat opblaas en bouncy balls tot Coke wat oorborrel, heerlike melkskommels en jellie – daar was iets nuuts om te ontdek! 🤩🔬

En natuurlik is daar ook na hartelus buite gespeel en pret gemaak! 🌿☀️

’n Week vol ontdek, eksperimenteer en sommer baie pret! ❤️

🎉🌸 Juffrou Marlene verjaar! 🌸🎉Baie, baie geluk met jou verjaarsdag, Juffrou Marlene! 🥳💐 Mag die nuwe lewensjaar vir jou ...
16/09/2026

🎉🌸 Juffrou Marlene verjaar! 🌸🎉

Baie, baie geluk met jou verjaarsdag, Juffrou Marlene! 🥳💐 Mag die nuwe lewensjaar vir jou ’n besonder geseënde jaar vol liefde, geluk en mooi herinneringe wees.

Dankie vir al jou liefde, omgee en insette by Steggies. ❤️ Ons waardeer jou baie en is dankbaar om jou deel van die Steggies-familie te hê!

Geniet jou spesiale dag! 🥂🎂🌷

11/09/2026

Pret saam met Jolly Tots! 🤸‍♀️🌈

Ons maatjies geniet weekliks ’n lekker Jolly Tots-les in klasverband! Deur speel en beweging ontwikkel ons balans, koördinasie, motoriese vaardighede, ruimtelike bewustheid, liggaamsbeheer, konsentrasie en selfvertroue. 🏃‍♀️🧠💪

Elke week leer ons sommer lekker terwyl ons beweeg en speel! ❤️

Dit is lekker om ’n Steggie te wees! 🌱

04/09/2026

🌸 Lente by Steggies! 🌸

Hierdie week het ons geleer oor lente, weersveranderinge en die diertjies wat saam met die nuwe seisoen verskyn. 🐝🦋 Ons het pragtige kunswerke geskep, aan wiskundige konsepte gewerk en selfs ’n lekker piekniek in die klas gehou! 🧺

Die mooiste blommekrone het die week perfek afgesluit. 👑🌸 Welkom, Lente! 🌷

Baie geluk met jou verjaarsdag, Erika! 🥳🌸 Mag dit ’n baie geseënde jaar wees, vol mooi oomblikke en geluk. Dankie vir al...
23/08/2026

Baie geluk met jou verjaarsdag, Erika! 🥳🌸 Mag dit ’n baie geseënde jaar wees, vol mooi oomblikke en geluk. Dankie vir al jou omgee en liefde vir die Kruipers. Ons waardeer jou!
Geniet jou dag!

Address

Devon Valley Street
Stellenbosch
7600

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:30
Tuesday 07:00 - 17:30
Wednesday 07:00 - 17:30
Thursday 07:00 - 17:30
Friday 07:00 - 17:30

Telephone

0781686910

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Steggies Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Steggies Kleuterskool:

Shortcuts

Share