It's Amazing - ZT
We serve the communities we work in by creating a safe and caring environment for them to thrive in. Heideveld is an area situated close to the N2.
Go to our website for more information about our community support, stories & educational programs. The area is plagued with high levels of poverty, gangsterism and crime. It forms part of the “cape flats”. At our house in Badsberg Close we are trying to be a light in the community. In the view of the diversity of our community it is a privilege to be able to reach out to people irrespective of ra
27/07/2025
www.itsamazing.org.za
Our new website! Nuwe dinge, amazing dinge.
04/06/2025
4 jaar gelede se facebook MEMORY...
Ons mis jou steeds, liewe Louise. Ek is seker jy glimlag breed wanneer jy sien hoe ons steeds op 'Louise's Tuck Shop' se stoep rondsit en die kinders stuur om die varsste brood te koop.
2021
'n Who's who van It's Amazing - Louise Stokoe
Dis laterig in die aand en ek stuur 'n SOS na Louise toe. Nee, nie 'n SMS nie, 'n SOS. Ek het vergeet om 15 brode te bestel vir die volgende dag se Kids' Club. En dis nie die eerste keer dat dit gebeur nie... Maar Louise se antwoord is altyd:'Geen probleem.' By Louise mag It's Amazing-huis op die boekie koop as daar 'n krisis is en by Louise kan ons geld los vir brood en dan minus, minus, minus sy net soos wat ons die brode gaan haal.
As enkelma was dit beslis nie vir Louise maklik om die pot aan die kook te hou nie, maar ons het die voorreg gehad om haar dogter, Keelyn, voor ons oe te sien grootword. Haar matriekafskeid was ontsettend mooi en haar 21 ste verjaarsdag net so spesiaal. En nou is sy 'n getroude dame en sjef! Jy is 'n ma en besigheidsvrou duisend! En duisende dankies vir al jou hulp en ondersteuning.
Louise, van Louise's Tuck Shop / Snoepwinkel aan die woord:
Hi daar, ek is Louise Stokoe. Ek is gebore in Woodstock en het toe na Heideveld verhuis. My man is al 21 jaar oorlede, so ek moes ma en pa wees vir my kinders. Die tuck shop help om brood op die tafel te sit.
Ek was deur Lisa Truter genooi na It's Amazing toe en ek is nou al, al die jare gewoond aan hulle. Hulle huis is om die draai van myne. My dogter, wat nou al 'n getroude vrou is, was betrokke by die Monique ondersteuningsgroep vir tienermeisies. Almal by die It's Amazing huis is baie goeie mense en is maar altyd daar om hulp aan te bied vir Heideveld se gemeenskap. Hulle ondersteun my snoepwinkel baie, en koop selfs kruideniersware by my om die minder bevooregtes te voed. Mag die Here hulle altyd seen 🙌❤️Amen
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Contact the school
Website
Address
Stellenbosch