Klapmuts Primary School

Klapmuts Primary School We are a school of 1 600 learners, situated in Klapmuts. A beacon to the community we live by : En

πŸ’™πŸ’› KWARTAAL 3 – SAAM VIER ONS ONS PRESTASIES! πŸ’›πŸ’™Kwartaal 3 was gevul met groei, prestasies, sport, kultuur en nuwe gelee...
23/09/2026

πŸ’™πŸ’› KWARTAAL 3 – SAAM VIER ONS ONS PRESTASIES! πŸ’›πŸ’™

Kwartaal 3 was gevul met groei, prestasies, sport, kultuur en nuwe geleenthede by Klapmuts PrimΓͺr! πŸ†πŸ“šπŸŽ­

Van ons leerders se besondere sport- en akademiese prestasies, tot die opknapping van ons skoolfasiliteite, nuwe Grondslagfase-speelparke en die opwindende nuus oor ons toekomstige Bronklas – daar is soveel om op trots te wees.

Ons bedank ons leerders, ouers en personeel vir elke bydrae tot ons skool se sukses. Ons nooi ouers om die volledige omsendbrief te lees en saam met ons te vier wat alles gedurende Kwartaal 3 bereik is.

Geniet die welverdiende vakansie! Rus, herlaai en spandeer kosbare tyd saam met jul geliefdes. Ons sien uit daarna om almal op Dinsdag, 6 Oktober 2026, terug te verwelkom vir die laaste kwartaal!

Klapmuts PrimΓͺr – saam bou ons hoop, geleenthede en ’n beter toekoms vir elke leerder. πŸ’™πŸ’›πŸ’™πŸ’›

πŸ“’ BELANGRIKE KENNISGEWING AAN ALLE OUERS πŸ“’Klapmuts PrimΓͺr nooi alle ouers uit na die 2027 Jaarlikse Begrotingsvergaderin...
22/09/2026

πŸ“’ BELANGRIKE KENNISGEWING AAN ALLE OUERS πŸ“’

Klapmuts PrimΓͺr nooi alle ouers uit na die 2027 Jaarlikse Begrotingsvergadering.

πŸ“… Woensdag, 11 November 2026
⏰ 18:30
πŸ“ Skoolsaal

Die voorgestelde 2027-begroting sal bespreek word, en ouers sal die geleentheid kry om vrae te stel en insette te lewer.

U teenwoordigheid en deelname is baie belangrik!

Ons sien uit daarna om ons ouers by hierdie belangrike proses te betrek.

πŸ‰πŸ”₯ THE COUNTDOWN IS ON! πŸ”₯πŸ‰Get ready for an UNFORGETTABLE day of rugby, excitement and action at the 10th Anniversary of ...
21/09/2026

πŸ‰πŸ”₯ THE COUNTDOWN IS ON! πŸ”₯πŸ‰

Get ready for an UNFORGETTABLE day of rugby, excitement and action at the 10th Anniversary of the Klapmuts Sevens Tournament! πŸ†πŸ’™β€οΈ

πŸ“… 17 October 2026
πŸ“ Klapmuts Sportsgrounds
πŸ‰ 20 schools. One champion. One epic day!

🎟️ TICKETS ARE NOW ON SALE AT SCHOOL!
πŸ‘§ Learners: R20
πŸ§‘ Adults: R30
πŸš— Cars: R10

And don't worry if you don't get yours beforehand β€” tickets will also be available at the gate on the day! 🎟️πŸ”₯

Bring your family, bring your friends, bring the energy and come support the future stars of rugby! πŸ™ŒπŸ‰

10 YEARS. 20 SCHOOLS. ONE MASSIVE TOURNAMENT.
πŸ’™πŸ’› Klapmuts Sevens β€” LET'S MAKE THIS ONE TO REMEMBER! πŸ’›πŸ’™

πŸ‰πŸ”₯

πŸ‰πŸ’™πŸ’› BAIE GELUK, REAGAN! πŸ’›πŸ’™πŸ‰Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Reagan Matthews, van Klapmuts PrimΓͺr, opgeneem ...
21/09/2026

πŸ‰πŸ’™πŸ’› BAIE GELUK, REAGAN! πŸ’›πŸ’™πŸ‰

Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Reagan Matthews, van Klapmuts PrimΓͺr, opgeneem is in die Boland Onder 12 XV-tal!πŸŽ‰πŸ‘πŸΌ

Reagan, wat as Slot (No. 5) speel, het homself uitstekend van sy taak gekwyt en verdien hierdie besondere geleentheid. πŸ’ͺπŸΌπŸ‰

Reagan gaan van 24–26 September 2026 deelneem aan die Coastal Toernooi in Stellenbosch, waar hy Boland se kleure met trots sal verteenwoordig. πŸŒŸπŸ‰

Ons wens jou alles van die beste toe, Reagan! Geniet elke oomblik, speel met hart en trots, en maak die Boland Γ©n Klapmuts PrimΓͺr trots!πŸ‘πŸΌπŸ”₯

'n Baie spesiale dank aan Mnr AndrΓ© du Toit wat deurentyd aan Reagan se sy was. Dankie vir al u opofferings, moeite en ondersteuning. Meneer het hierdie droom help verwesenlik!

Klapmuts PrimΓͺr is trots op jou! πŸ’™πŸ’›
πŸ‰πŸ’™πŸ’›

πŸ’™πŸ’›Alles geesvang, Mr and Mrs Derby en Derby!πŸ’™πŸ’›Hou die blad dop vir nog terugblikke deur die week!
21/09/2026

πŸ’™πŸ’›Alles geesvang, Mr and Mrs Derby en Derby!πŸ’™πŸ’›

Hou die blad dop vir nog terugblikke deur die week!

18/09/2026

Mr and Mrs Derby

18/09/2026

Baie dankie aan die Kaptein van Blue Stars vir hierdie boodskap aan ons spelers! Ruwayden dankie dat jy ons kinders inspireer op die veld sowel as in die gemeenskap. Dit beteken so baie vir ons om so n video te ontvang! πŸ˜ŽπŸ’™πŸ’› Mag Sportmangees seevier more...

Nou is die vraag seker...Waar kry ons kaartjies? Wel, kaartjies sal by die veld beskikbaar wees.

πŸ§’ R5 vir leerders in skooldrag
πŸ‘©β€πŸ¦± R20 vir die res van die publiek
πŸš— R10 per motor

⏰️Sien julle om 08:00! Goeie sport, lekker entertainment (🎀Wally G en Philliska Cupido en klank en musiek deur 🎢Level 5 Entertainment Theodore Cloete ) asook kos en ander stalletjies.

IN die gemeenskap, VAN die gemeenskap, VIR die gemeenskap!

16/09/2026

πŸ”₯ Sterkte, Klapmuts PrimΓͺr! πŸ”₯

Hierdie Saterdag gaan ons seuns en dogters teen Klapmuts Hill uitdraf op die sokker en rugbyveld asook netbalbaan β€” en ons het 'n bietjie ekstra spesiale motivering ontvang! πŸ’ͺ

Groot dank aan ons eie Springbok-ster, Jaco Williams, wat hierdie video gestuur het om ons spanne 'n bietjie aan te moedig!
Van Glenwood-skoolseun tot U/20 Springbok kampioen...Toe wing vir die Sharks na sy onlangse Springbok-debuut teen Wallis β€” Jaco weet presies wat dit verg om deur te druk en jou span trots te maak. As hy in ons corner is, dan weet jy dis saak is reg! 😎

Kom ons wys dieselfde vegter-gees hierdie Saterdag. Sien julle almal op die veld, kaartjies by die hek beskikbaar β€” Bring die gees, bring die geraas en kom ons skree vir ons kinders!

Hou by die Blou!! πŸ“£πŸ’™

15/09/2026

This comming Saturday we will be making history... Klapmuts Hill Primary School Klapmuts Primary School

14/09/2026

πŸ“’ TYDELIKE WKOD POSVLAK 1-POS

Klapmuts PrimΓͺr nooi belangstellendes uit om aansoek te doen vir ’n tydelike WKOD Posvlak 1-pos*vir die periode:

πŸ“… 1 Oktober – 31 Desember 2026

Belangstellendes word uitgenooi om die onderstaande skakel te volg en die aansoekvorm volledig te voltooi:

πŸ”— https://forms.gle/RDxytr2EpMtg26BGA

⏰ Let wel: Die skakel sluit outomaties op Woensdag, 16 September 2026 om 12:00 (middag).

Moet asseblief nie die sperdatum misloop nie.

Baie dankie.
Klapmuts PrimΓͺr

Address

Merchantstreet
Stellenbosch
7625

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 09:00 - 14:00

Telephone

+27218755471

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Klapmuts Primary School posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share