Vredenheim Akademie

Vredenheim Akademie ’n Tuiste waar kinders met selfvertroue en selfstandige denke, holisties groei.

Vandag vier ons die wonderlike beroep van onderwys. Wat ’n voorreg om elke dag met kinders te werk, hulle te leer, te in...
05/10/2026

Vandag vier ons die wonderlike beroep van onderwys. Wat ’n voorreg om elke dag met kinders te werk, hulle te leer, te inspireer en te help vorm tot die beste weergawe van hulself.

Vir Juffrou Liezl en Juffrou Melanie is onderwys meer as net ’n beroep - dit is ’n passie, ’n roeping en ’n geleentheid om ’n verskil te maak. 🤍

Ons sien met groot opgewondenheid uit na Kwartaal 4.

Gelukkige Wêreld Onderwysersdag aan alle onderwysers! 🍎📚

30/09/2026

Tot siens, Kwartaal 3! 🌿

Wat ’n wonderlike kwartaal vol leer, ontdekking, pret en mooi herinneringe! Van teaterbesoeke en naartjies pluk tot ’n polisie-kuier, Voortrekker-blikbrood oor die vuur én ’n baie suksesvolle Opedag – ons het beslis die meeste van elke oomblik gemaak!

’n Groot welkom aan al die nuwe maatjies én Juffrou Melanie Rex wat hierdie kwartaal deel van ons Vredenheim-familie geword het. 💛

En aan ons nuwe maatjies wat in Kwartaal 4 by ons aansluit – ons kan nie wag om julle te verwelkom nie!

’n Lekker afsluiting van die 3de kwartaal!Ons leerders het die kwartaal afgesluit met ’n heerlike besoek aan die Dierewe...
29/09/2026

’n Lekker afsluiting van die 3de kwartaal!

Ons leerders het die kwartaal afgesluit met ’n heerlike besoek aan die Dierewerf - vol pret, diere, lag en natuurlik kosbare herinneringe. 🐑🐐

’n Perfekte manier om die kwartaal af te sluit. ☀️

Bok Vrydag-gees en Erfenismaand het Vredenheim behoorlik beetgehad! 🇿🇦🔥Die vuur was vroeg aan die brand en elkeen het sy...
24/09/2026

Bok Vrydag-gees en Erfenismaand het Vredenheim behoorlik beetgehad! 🇿🇦🔥

Die vuur was vroeg aan die brand en elkeen het sy eie blikbrood gemaak. Teen die einde van die dag was daar net gelukkige stroopgesiggies oral.

’n Heerlike dag vol tradisie, pret en lekker eet! 🇿🇦

Dít is waarna ons streef by Vredenheim Akademie - om ’n omgewing te skep waar elke kind gelukkig kan wees, hul potensiaa...
22/09/2026

Dít is waarna ons streef by Vredenheim Akademie - om ’n omgewing te skep waar elke kind gelukkig kan wees, hul potensiaal kan ontdek en met selfvertroue kan groei.

Dankie aan Marizaan Carstens vir hierdie mooi woorde. ✨

In die Voorskoolse klas leer ons deur ontdekking!Kom loer in op ’n bietjie van Vredenheim Akademie se klastyd saam met o...
17/09/2026

In die Voorskoolse klas leer ons deur ontdekking!

Kom loer in op ’n bietjie van Vredenheim Akademie se klastyd saam met ons nuwe juffrou, Melanie! 💛

Elke dag is ’n nuwe geleentheid om te ontdek, te speel en te leer. 🌱

Met kleurvolle, konkrete leerhulpmiddels maak ons by Vredenheim Akademie leer natuurlik, verstaanbaar en lekker – sodat ...
15/09/2026

Met kleurvolle, konkrete leerhulpmiddels maak ons by Vredenheim Akademie leer natuurlik, verstaanbaar en lekker – sodat kinders kan groei, ontdek en steeds net kinders kan wees. 🌱📚💛

By Vredenheim Akademie glo ons kinders leer die beste deur dit self te doen, te beleef en te ervaar! Vrydag het ons maat...
08/09/2026

By Vredenheim Akademie glo ons kinders leer die beste deur dit self te doen, te beleef en te ervaar!

Vrydag het ons maatjies die kans gekry om hul eie naartjies te pluk. Klein handjies, groot pret en ’n hele klomp plaaservarings! 🍊🌿

Verlede week was daar groot opwinding in die Grondslagfaseklas! Die leerders het geleer van die wonderlike mense wat ons...
03/09/2026

Verlede week was daar groot opwinding in die Grondslagfaseklas! Die leerders het geleer van die wonderlike mense wat ons elke dag help, soos dokters, veeartse en verpleegsters. 🩺👩‍⚕️🐾🐶

Deur middel van praktiese spel en rolspel kon hulle op ’n prettige en interaktiewe manier ontdek hoe hierdie helpers mense én diere versorg en help.

Die leerders het selfs die verskillende helpers uitgebeeld en met groot ywer aan die rolspel-, dans- en musiekaktiwiteite deelgeneem.

Aan die einde van die dag was al die pasiënte gesond verklaar. Ons leerders het die dag van praktiese leer en speel vreeslik geniet!

Welkom, lente! 🌸🌼Ons vier Lente Dag met vrolike kleure, vars energie en die pragtige wonder van nuwe groei. Ons Grondsla...
01/09/2026

Welkom, lente! 🌸🌼

Ons vier Lente Dag met vrolike kleure, vars energie en die pragtige wonder van nuwe groei.

Ons Grondslagfase-maats het met groot geesdrif op 'n blomme-avontuur vertrek - opsoek na die mooiste blommetjies en blaartjies vir vrolike kunswerke!

Address

R310 Baden Powell Drive
Stellenbosch
7600

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:30
Tuesday 07:00 - 17:30
Wednesday 07:00 - 17:30
Thursday 07:00 - 17:30
Friday 07:00 - 17:30

Telephone

+27834420084

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vredenheim Akademie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category