03/06/2026
Die Vriende van Afrikaans werk konstant om lees te bevorder. Storievoorlesings, boekopvoeding, ouersessies, opleiding en boektrommeloorhandigings is hoog op die lys. Die VVA het in George in samewerking met Sommer Net Ons - ATKV Tak al hierdie komponente aangespreek. Doen & Leer Taal, Lees en Wiskunde Program
27/05/2026
By Engelbrecht VGK Primêre Skool in Elandsbaai is die opvoeders passievol oor lees. Die VVA werk al ‘n geruime tyd om opleiding, monitering en evaluering aan te bied deur middel van Doen & Leer Taal, Lees en Wiskunde Program. Die skool het ekstra boeke ontvang wat moontlik gemaak is deur ‘n skenking van AONetwerk. Tans is daar 45 leerders wat leesondesteuning ontvang wat leesuitdagings aanspreek met groot sukses.
21/05/2026
Wat 'n voorreg was dit om by St. Luke's Primêr in Mosselbaai besoek af te lê. Dankie vir die ATKV-tak Langsous , Jaco Spies en Claire du Plessis dat julle ons vergesel het en al die reëlings wat julle getref het.
19/05/2026
Dit was hartverblydend om te sien dat opvoeders , ten spyte van wind en weer, nog steeds geen moeite ontsien om n bemagtigende werkswinkel by te woon nie. Opvoeders van St. Blaize Primêr, Diaz Primêr, Hoogekraal Primêr en St. Lukes EK Primêr,almal skole op die Tuinroete, het baie entoesiasties die Doen en Leeropleidingsessie in Mosselbaai bygewoon. Waardevolle vennote soos die@Atterbury Trust en AONetwerk het ook gehelp om pakkette te skenk om leerders se leesagterstande aan te spreek.
11/05/2026
Die Vriende van Afrikaans het op Saterdag, 9 Mei ‘n Leeskonferensie aangebied vir kleuter- en laerskool -opvoeders in KZN. Van die skole wat nog Afrikaans as onderrigstaal aanbied is baie dankbaar vir die bydrae en boektrommels wat die skole die afgelope tyd ontvang het. Die leeskonferensie was aangebied in samewerking met die oord ATKV-Natalia, ATKV-Kopskuif, Doen & Leer Taal, Lees en Wiskunde Program en AONetwerk.
04/05/2026
Dit is altyd n voorreg om deel te wees van die Suidoosterfees. Hierdie jaar het die Vriende Van Afrikaans die geleentheid gehad om hul bekende Ommietafelgesprek by die fees te doen in 'n volgepakte Netwerk24 tent. Die tema was " Hoe gaan dit met Afrikaans op die radio?" Die gespreksleier was die befaamde Frazer Barry en die paneel was bekroonde en bekende radiopersoonlikhede o.a Martelize Brink, Christal Orderson en Lynden Jafta. Die gehoor het lustig saamgesels en almal was dit eens dat elkeen sy deel kan en moet doen om Afrikaans te bevorder. Die jeug moet ook sinvol betrek word indien ons die toekoms van Afrikaans in radio wil verseker.
ATKV
02/05/2026
Kom loer gerus vandag in ...
14:00 by die Netwerk24 tent
Is daar nog ’n toekoms vir Afrikaanse radio? Luister mense na Afrikaanse programme? En hoe lyk ons Afrikaanse luisteraarsgetalle? Hoe maak ons seker die mark groei? Kom luister hoe kenners hierdie brandende vrae beantwoord.
Aangebied deur Vriende Van Afrikaans.
👤 Met Frazer Barry, Martelize Brink, Lynden Jafta & Crystal Orderson
⏰ 2 Mei 14:00
🔗 Besoek www.suidoosterfees.com vir die volledige feesprogram.
🎟️ Bespreek jou gratis kaartjie by Webtickets.
Die 𝗝𝗮𝗸𝗲𝘀 𝗚𝗲𝗿𝘄𝗲𝗹-𝗴𝗲𝘀𝗽𝗿𝗲𝗸𝗸𝗲 word aangebied deur die Jakes Gerwel Foundation, ATKV & Netwerk24.
Smile 90.4FM – die amptelike radiostasie van Suidoosterfees.
02/05/2026
Die ATKV-Koorgala op 3 Mei 2026 beloof om ’n glansryke viering van koorsang te wees. Onder die bekwame leiding van seremoniemeester Stephanie Baartman sal gehore meegevoer word deur roerende optredes deur Lynelle Kenned, die Lyrikos-jeugkoor en die wenners van die ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie. Hierdie onvergeetlike gala ervaring bereik sy hoogtepunt met ’n asemrowende massakoorvertoning propvol inspirasie en musikale uitnemendheid. Kry sommer vandag nog jou kaartjie hier: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1587819393