09/08/2026
Hoërskool Standerton: Skyfskiet 🐯
SA’s hier kom ons!!!
Kolskote deur Hoërskool Standerton se skuts tydens die Mpumalanga finaal te Witrivier, bring die Goue en Brons medaljes terug huistoe vir die 1ste plek by die O/14-span afdeling, en ‘n 3de plek as individuele skut, ook by die O/14’s.
Dit sorg ook vir drie skuts wat hul Mpumalanga klere verwerf het, en sodoende Hoërskool Standerton op SA’s in Bloemfontein, vanaf die 26ste September gaan verteenwoordig.
Baie geluk aan elke deelnemende skut met julle uitstekende prestasies, so ook aan die afrigters en skiet-bestuur. SHS is ongelooflik trots op wat julle in jaar 1 bereik het, dit wil gedoen wees!
🐯 Herman Wessels behaal ‘n brons derde plek in die O/14 Afdeling, verwerf ook Mpumalanga-klere en gaan SA’s toe.
🐯 Dewald Van Rooyen verwerf Mpumalanga-klere en gaan SA’s toe.
🐯 Maryke Britz verwerf Mpumalanga-klere en gaan SA’s toe.
🥇Frik Verster, behaal goue medalje, O/14 Span.
🥇Herman Wessels, behaal goue medalje, O/14 Span.
🥇Anel Wessels, behaal goue medalje, O/14 Span.
🥇Dewald Van Rooyen, behaal goue medalje, O/14 Span.
Ons wens julle sterkte toe vir die SA’s, bring die bekers terug, en vertrou op God.
Welgedaan, SHS is ongelooflik trots op julle!