Laerskool Jan van Riebeeck

Laerskool Jan van Riebeeck Laerskool Jan van Riebeeck Brink, na die pas voltooide buurskool, toe Petersfield-skool, die huidige Laerskool Jan van Riebeeck. Mnr. P.A. L.J.C. Nicol. S.L. Mostert.

Geskiedenis van Laerskool Jan van Riebeeck Met die aankoms van Jan van Riebeeck 6 April 1652 word daar jare later 'n klein skooltjie aan die Oosrand gestig met die naam van Laerskool Jan van Riebeeck. Aan die begin van die derde skoolkwartaal in 1947, word ‘n aantal leerlinge oorgeplaas vanaf Laerskool Geduld-Afrikaansmedium, tans bekend as Laerskool P.A.M. Op 1 September 1947 begin die Petersfieldskool met 195 leerlinge. Swanepoel word op 11 Oktober 1948, as die eerste permanente hoof en mnr. Alberts as onderhoof, aangestel. Onder die bekwame leiding van mnr. Swanepoel het die skool gegroei en spoedig ‘n waardige plek onder sy tydgenote , ingeneem. Op 6 Oktober 1950, word die eerste skoolkermis gehou en in dieselfde jaar op 8 Desember, word die eerste geslaagde skoolkonsert in die saal van die Hoër Seunskool Hugenote, aangebied. Op 15 Januarie 1952, is die naam Petersfieldskool, verander na die huidige naam Laerskool Jan van Riebeeck. In 1947, is die eerste skolierpatrollie in Springs, hier by Jan van Riebeeck, gestig. In September 1952 word daar begin met die aanbou van nuwe klaskamers . Die huidige skoolsaal word grotendeels met bydrae van die ouers gebou en op 15 Oktober 1954, word die skoolsaal ingewy. Die gedenksteen is onthul deur Me. Swanepoel en die hoeksteen gelê deur die Administrateur, Sy Edele dr. W.H. Agter die gedenksteen is ‘n geskiedenisrol weggebêre. Op 2 Julie 1965 tree Mnr. Swanepoel as hoof af en word hy opgevolg deur mnr. Na mnr. Mostert se aftrede in Desember 1978, word hy in Januarie 1979 opgevolg deur mnr. C.J. van Baalen. In Januarie 1991 is mnr. P.W.J. Fleischmann aangestel. Fleischmann tree in 2003 uit as hoof om voltyds te gaan boer. Heyns neem waar vanaf 2003 - 2004 waar die huidige hoof,mnr. H.J. Flemming volg hom in Januarie 2004 op. In 1997 is daar vir die eerste keer in die geskiedenis van ons skool ruimte geskep vir nie minder nie as twee graad nul-klasse. In 2007 is daar ‘n Graad RR klas en vier Graad R klasse. Deur die jare heen is daar gepoog om by ons skool ‘n milieu te skep waar die kind gesond na liggaam en gees kan groot word. Laerskool Jan van Riebeeck het in 1997 sy 50ste bestaansjaar op kleurryke wyse gevier. In 2007 is ‘n Kuierfees gehou om die skool se 60ste bestaansjaar te vier. Na 60 jaar gaan Laerskool Jan van Riebeeck, danksy die Heer se wonderlike genade op alle terreine nog net van krag tot krag.

Kolossense 1:11“Mag julle deur die krag van God versterk word ... sodat julle met geduld en volharding alles kan verdra....
29/09/2026

Kolossense 1:11
“Mag julle deur die krag van God versterk word ... sodat julle met geduld en volharding alles kan verdra.”

Efesiërs 4:2“Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.”
27/09/2026

Efesiërs 4:2
“Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.”

Galasiërs 5:22“Maar die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid....
26/09/2026

Galasiërs 5:22
“Maar die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid.”

26/09/2026
1 Korintiërs 13:4“Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik.”
25/09/2026

1 Korintiërs 13:4
“Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik.”

Baie geluk met u verjaarsdag, Me. Bianka Jacobs  (Beheerliggaamslid) Dankie vir die waardevolle rol wat u by Jannies ver...
25/09/2026

Baie geluk met u verjaarsdag, Me. Bianka Jacobs (Beheerliggaamslid)

Dankie vir die waardevolle rol wat u by Jannies vervul en vir die besondere toewyding waarmee u finansies, fondsinsamelings en LTSM behartig. U harde werk, verantwoordelikheid en bereidwilligheid om altyd ’n ekstra myl te loop, word opreg waardeer.

Mag hierdie nuwe lewensjaar gevul wees met vreugde, liefde, voorspoed en baie mooi oomblikke. Mag u elke dag weet hoe belangrik en waardevol u bydrae tot Jannies is.

Geniet u spesiale dag, Me. Jacobs!
Baie geluk en voorspoed vir die jaar wat voorlê!

Van almal by Jannies – ons waardeer en vier u!

Romeine 12:21“Moenie dat die kwaad jou oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.”
24/09/2026

Romeine 12:21
“Moenie dat die kwaad jou oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.”

Erfenisdag by Jannies! Erfenisdag is ’n besondere geleentheid waartydens ons ons Suid-Afrikaanse erfenis, kultuur en tra...
24/09/2026

Erfenisdag by Jannies!

Erfenisdag is ’n besondere geleentheid waartydens ons ons Suid-Afrikaanse erfenis, kultuur en tradisies vier. Dit is ’n dag om trots te wees op die verskillende kulture en gebruike wat ons pragtige land uniek maak.

By Jannies vier ons ons diversiteit en leer ons om mekaar se tradisies, tale en agtergronde te respekteer. Ons leerders kry die geleentheid om te ontdek wat dit beteken om deel van die reënboognasie te wees.

Mag hierdie Erfenisdag ons herinner aan die waarde van eenheid, respek en trots op wie ons is.

Jannies vier saam – elkeen uniek, maar almal deel van een groot familie!

Romeine 15:5“Mag God, die bron van alle volharding en bemoediging, julle eensgesind maak.”
23/09/2026

Romeine 15:5
“Mag God, die bron van alle volharding en bemoediging, julle eensgesind maak.”

KENNISGEWING AAN OUERS: JAARLIKSE BEGROTINGSVERGADERINGGeagte ouer/voogIngevolge artikel 38 van die Suid-Afrikaanse Skol...
22/09/2026

KENNISGEWING AAN OUERS: JAARLIKSE BEGROTINGSVERGADERING

Geagte ouer/voog

Ingevolge artikel 38 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, gee die beheerliggaam van Laerskool Jan van Riebeeck hiermee kennis van die jaarlikse begrotingsvergadering van ouers.

Datum: 22 Oktober 2026
Tyd: 17:30
Plek: Die Skoolsaal

By hierdie vergadering sal die voorgestelde begroting vir die finansiële jaar 2027 aan alle ouers voorgelê word vir oorweging en goedkeuring. Die begroting weerspieël die beraamde inkomste en uitgawes van die skool vir die komende jaar en is van deurslaggewende belang vir die doeltreffende funksionering van die skool. Daarbenewens sal die geouditeerde finansiële state van die vorige jaar, ingevolge artikels 42 en 43 van die Skolewet, aan die vergadering voorgelê word.

Die volgende reëlings geld:
’n Afskrif van die voorgestelde begroting, tesame met ’n verklarende dokument, sal aan alle ouers beskikbaar gestel word via die skool se bestaande kommunikasiekanale.
Die voorgestelde begroting en die verklarende dokument sal vanaf 12 Oktober 2026 by Me. Lida Snyman vir insae beskikbaar wees.
’n Kworum van minstens 10% van die ouers is vir die eerste vergadering nodig. Indien hierdie kworum nie behaal word nie, sal ’n tweede vergadering belê word waar geen kworum vereis word nie.

Ons doen ’n ernstige beroep op alle ouers om hierdie belangrike vergadering by te woon en aktief deel te neem, aangesien die besluite wat geneem word ’n direkte invloed het op die gehalte van die onderrig en die beskikbaarheid van hulpbronne aan ons leerders.

Ons sien daarna uit om u by die vergadering te verwelkom en waardeer u betrokkenheid by die skool se sake.

Vriendelike groete

Address

Oos-Geduldweg, Petersfield
Springs
1559

Opening Hours

Monday 07:15 - 14:30
Tuesday 07:15 - 14:30
Wednesday 07:15 - 14:30
Thursday 07:15 - 14:30
Friday 07:15 - 14:30

Telephone

+27105347765

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Jan van Riebeeck posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Jan van Riebeeck:

Shortcuts

Share