04/02/2026
🎬 *Valentyns Fliekaand* vir die Hele Gesin ❤️
Mamma en pappa, hierdie is julle geleentheid om *Valentyns* ook ekstra *spesiaal te maak vir u kind.*
Neem ’n blaaskans, kom ontspan saam en geniet ’n besondere fliekaand vol liefde en gesinspret.
Jantjies sonder Tandjies nooi alle leerders en hul gesinne hartlik uit na ons spesiale Valentyns Fliekaand – ’n gesellige aand van saamwees vir die hele gesin. Die *Beertjieklas tot Graad 3* leerders kan die aand saam met hulle ouers kom geniet
Datum: Vrydag, 13 Februarie
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: JVR Rugbyveld
🎥 Fliekvertoning:
• Lady and the Tramp (2019)
🍿 Stalletjies:
Daar sal verskeie stalletjies wees met onder andere springmielies, “slushies”en ander lekkernye.
Kontant- én kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.
🍔 Ouers kan kos vooraf bestel wat reeds gereed sal wees voor die fliek.
🎟 Kaartjies:
• Slegs R50 per volwassene
• *JVR-leerders - gratis* toegang (Beertjieklas tot Graad 3)
🚫 Geen ander eet- of drinkgoed word toegelaat nie.
🪑 U is welkom om kampstoele en/of komberse , kussings saam te bring om gemaklik te sit en die fliek te geniet.
⭐ Ondersteun ons projek!
🍕Die *klas wat die meeste kaartjies verkoop,* word die volgende week by die skool *bederf met ’n heerlike pizza-ete*🍕.
Ons sien uit daarna om saam met u en u kinders ’n liefdevolle Valentynsaand te geniet ❤️