Primêre Skool Springbok

Primêre Skool Springbok

Share

'n Skool waar almal gelukkig is en gedissiplineerd werk om elkeen se volle potensiaal te bereik �

13/06/2026

Ons harte en gebede is vandag by die hele Laerskool Kathu-gemeenskap na die busongeluk wat vanoggend plaasgevind het.

Primêre Skool Springbok d**k aan elke leerder, ouer, personeellid en almal wat geraak word in hierdie moeilike tyd. Mag julle krag, troos en vrede ervaar, en weet dat julle in ons gebede en gedagtes is.

“Die Here is naby die gebrokenes van hart.” – Psalm 34:19

13/06/2026

Baie geluk meneer Andrew!

13/06/2026

Baie geluk juffrou Jenine!

12/06/2026

Op Dinsdag, 2 Junie, het ons leerders en onderwysers hul gewone skoolskoene vir die dag verruil vir die lekkerste, gemaklikste (en snaaksste!) slippers!

​Hierdie Slipperdag was propvol pret en vrolikheid, maar dit was alles vir ’n baie spesiale doel. Ons het hiermee fondse ingesamel vir ons 0/12 en 0/13 netbalspanne wat hierdie naweek aan die uitspeelwedstryde in Upington gaan deelneem!

​Die ongewone slippers saam met die skoolklere het vir hope vermaak en groot glimlagte in die gange gesorg. Dit was sommer net pure pret vir oud en jonk.

​Baie dankie aan elke ouer, leerder en personeellid vir julle onbaatsugtige ondersteuning en bydraes. Ons waardeer dit geweldig baie.

08/06/2026

Baie sterkte aan ons Graad 4 - 7-leerders wat vandag met hul eksamen begin! Ons glo in elkeen van julle en weet dat julle die vrugte van julle harde werk gaan pluk.

Photos from Primêre Skool Springbok's post 08/06/2026

Reg voor die eksamen begin het, het die personeel en Graad 7-leerders van Primêre Skool Springbok vir hope pret op die netbalbaan gesorg.

Die ledemate is behoorlik losgemaak, daar is hard gelag en gesonde kompetisie het geheers. Dit was pure genot vir elke speler én die toeskouers wat die spanne luidkeels ondersteun het.

Dít is presies die gees wat ons skool so spesiaal maak!

Nou is ons gereed, vol nuwe energie en motivering vir die eksamen.

Sterkte aan al ons leerders!

Want your school to be the top-listed School/college in Springbok?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


Luckhoff Straat
Springbok
8240

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 14:00