Pre-Primêre Skool Bambi

Pre-Primêre Skool Bambi

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Pre-Primêre Skool Bambi, School, Breestraat, Springbok.

14/05/2026

Hemelvaartdag herinner ons daaraan dat Jesus opgevaar het hemel toe, nie om ons te verlaat nie, maar om altyd by ons te wees in liefde, genade en hoop.
Vandag het ons saam met ons kleuters stilgestaan by hierdie mooi waarheid op ń manier wat hulle klein hartjies kan verstaan: dat liewe Jesus leef, dat Hy ons liefhet, en dat ons nooit alleen is nie

14/05/2026

Hemelvaart by Bambi.

11/05/2026

Gelukkige Moedersdag aan elke mamma, voog en Ouma van Bambi se kleuters.
Ons sien daagliks hoe julle liefde en omgee deur die kinders skyn.

27/04/2026

Vandag vier ons Vryheidsdag 🌿🇿🇦

As juffrouens sien ons elke dag hoe kosbaar vryheid werklik is — nie net in groot woorde en geskiedenisboeke nie, maar in die klein oomblikke van ’n kind se lewe.

Vir ons klein leerders beteken vryheid om saam te speel, al lyk ons verskillend. Dit beteken om hul eie stories te vertel, hul tale te praat en hul drome hardop te droom. Dit is die laggies op die speelgrond, die handjies wat mekaar vashou, en die nuuskierige ogies wat die wêreld met verwondering ontdek.

In ons klaskamers by Bambi leer ons dat Suid-Afrika se krag lê in ons diversiteit — ons kulture, ons tale, ons liedjies en ons tradisies. Ons leer om mekaar te respekteer, om vriendelik te wees en om lief te hê sonder voorwaardes. Hierdie is die ware saad van vryheid wat ons in klein harte plant.

Mag ons kinders grootword in ’n land waar hulle veilig voel om hulself te wees, waar hul stemme gehoor word, en waar elkeen die kans kry om te blom.

Gelukkige Vryheidsdag, Suid-Afrika. Kom ons koester hierdie vryheid — vir ons, maar veral vir hulle.

28/03/2026

EETYD MET 'N TIKKE TOWERY:BAMBI BETOWER PSS KERMISGANGERS

https://www.dieplattelander.com/post/teetyd-met-n-tikke-towery-bambi-betower-pss-kermisgangers
K. Malan

SPRINGBOK- Die vrolike atmosfeer van Primêre Skool Springbok se kermis het Woensdag, 26 Maart 2026, 'n besondere hoogtepunt beleef toe Bambi Pre-Primêre Skool hul eie teetuin aangebied het. Die geur van varsgebakte kolwyntjies het saam met die klanke van laggende kinders die lug gevul en 'n warm, uitnodigende atmosfeer geskep. As deel van die jaarlikse fondsinsamelingsprojek is elke graad en die OOV met 'n stalletjie vertrou, en vir hierdie jaar het Bambi die geleentheid gekry om 'n rustige hawe van geselligheid te skep.

16/03/2026

Ons het wiskunde week afgesluit deur dit sommer op te eet!
Patrone bou met pap is ń opwindende manier om lekkernuie in die dag in te bring.

16/03/2026

Wie sê wiskunde kan nie lekker wees nie.

Vir Wiskunde week het ons vorms en getalle geteken op die vloer met skeerroom. ń Morsige, lekker en sensoriese manier om wiskundige vaslegging te doen.

13/03/2026

Primêre Skool Springbok
PSS kermis: 25 Maart 2025

Kom ondersteun Bambi se teetuin met ń heerlike kolwyntjie en koppie koffie/tee.

13/03/2026

Moet dit nie misloop nie!

PSS kermis: 25 Maart 2026
Primêre Skool Springbok

Photos from Pre-Primêre Skool Bambi's post 12/03/2026

Vandag se assessering in Graad R was om op ’n kronkellyn te stap. Vir baie lyk dit dalk na ’n eenvoudige speletjie, maar eintlik leer ons kinders al van kleins af ’n belangrike lewensles.

Die lewe stap nie altyd reguit nie. Soms draai die pad links, soms regs, en partykeer moet ons stadig en versigtig tree om nie uit die lyn te trap nie. Terwyl ons vandag laggend en hande in die lug oor die kronkellyn balanseer, besef ons by Bambi weer: ons is besig om klein mensies voor te berei vir die lewe se kronkelpaaie.

En dalk is dit die belangrikste deel – dat hulle leer om dit met selfvertroue, nuuskierigheid en ’n glimlag te doen.

Want as die lewe se pad draai, hoef dit nie altyd moeilik te wees nie… dit kan ook pret wees. 🌿

Want your school to be the top-listed School/college in Springbok?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Website

Address


Breestraat
Springbok
8240

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:00
Tuesday 07:00 - 13:00
Wednesday 07:00 - 13:00
Thursday 07:00 - 13:00
Friday 07:00 - 13:00