10/09/2026
We love kids ♥️ COLOUR RUN🌸
Wat ’n ongelooflike mooi en kleurvolle dag!
Die helder kleure, die gelukkige kindergesiggies, die laggies, die ouers wat saam gekuier en aangemoedig het, en al die spesiale oomblikke saam, het hierdie dag net perfek gemaak.
Ons harte is so vol dankbaarheid! Dankie aan elkeen wat deel was van ons Colour Run en gehelp het om hierdie dag so besonders te maak.
Herinneringe is gemaak, harte was bly en laggies het die lug gevul!
Party dae is net te mooi om in woorde vas te vang… en vandag was beslis een van daardie dae. ❤️
Dankie aan Carli & Madeleine vir die organisering en Marjourie vir ons kleuters se naampies op hul hemde⭐