19/08/2026
ń Baie spesiale 21ste verjaarsdag aan ’n baie spesiale Juffrou! 🌸
Vandag vier ons nie net jou 21ste verjaarsdag nie, maar ook die pragtige mens en Juffrou wat jy is. 💗✨
Mag hierdie nuwe hoofstuk van jou lewe gevul wees met vreugde, liefde, mooi herinneringe en groot drome wat waar word. Mag die Here jou elke tree lei, jou beskerm en jou ryklik seën in alles wat voorlê. 🙏🏻🌷
Dankie vir die liefde, geduld en omgee wat jy elke dag vir ons klein hartjies gee. Jy maak ’n verskil wat groter is as wat jy dalk besef. 🥰
Gelukkige 21ste verjaarsdag, Juffrou! Mag jou dag net so mooi en spesiaal wees soos jy! 💕🌸
Met baie liefde,
Hart'lief 💗🐝