Klaskenades

Klaskenades Verrykende idees vir die onderrig van Afrikaans

24/07/2024
24/07/2024
15/12/2023

Hou hierdie spasie dop!

Tans is ek besig om saam met Afrikaans-onderrigkundiges en 'n rekenaarfoendie'n e-boek en webtuiste te ontwerp vir die onderrig van Afrikaans.

Die logo van die e-boek en webtuiste lyk soos die profiel hierbo en elke letter sal staan vir iets wat onderrig betref:
Kreatiwiteit
Lees en jeugletterkunde
Addisioneletaal-onderrig
Stimulasie van sintuie
Kulturele geletterdheid en humor
Emosionele geletterdheid
Nuwegenerasie-leerders
Allerlei tekste en visuele geletterdheid
Denk- en taalvaardighede
Elektroniese media
Skryf van stories en gedigte

As jy d**k dat jy dalk 'n bydrae kan lewer met oulike aktiwiteite en slim skryfsels oor die onderrig van Afrikaans, kan jy asb met my hier of by my nuwe e-adres (estelleke13@outlookcom) kommunikeer.

15/12/2023

Hou hierdie spasie dop!

Ek is besig om saam met Afrikaans-onderrigkundiges 'n e-boek en webtuiste te ontwerp vir die onderrig van Afrikaans.

Die logo van die e-boek en webtuiste lyk soos die profiel-logo hieronder en elke letter sal staan vir iets wat onderrig betref:

Kreatiwiteit
Lees en letterkunde
Addisioneletaal-onderrig
Sintuie en gevoelens
Kulturele geletterdheid en humor
Emosionele geletterdheid
Nuwe-generasie-leerders
Allerlei tekste en visuele geletterdheid
Denk- en taalvaardighede
Elektroniese media
Skryf van stories en gedigte

As jy d**k dat jy 'n bydrae kan maak met oulike aktiwiteite of slim skryfsels oor die onderrig van Afrikaans, kan jy asb met my hier of by my nuwe e-adres (estelleke13@outlookcom) kommunikeer.

Hier is ek nou - veilig en vry. Wat my sal dra deur hierdie feesgety en my dit laat oorleef in vrede, is Koos du Plessis...
15/12/2023

Hier is ek nou - veilig en vry.
Wat my sal dra deur hierdie feesgety en my dit laat oorleef in vrede, is Koos du Plessis se lied ...

Koos Du Plessis met "Skielik is jy vry"

04/07/2016

Geslaagde sessie van KLASKENADES-werkswinkel by GeRAT-konferensie in Bellville gehad. Titel was: “Leer lag-lag om kreatief te skryf - Ontdek jou eie kreatiwiteit en maak die onderrig van Afrikaans prettig."
Ons het gekyk na die skryf van limerieke met visuele spotprente, en parodieë op die wysie van bekende sprokies met konkrete items (ook “kaggelkakkies” genoem in die volksmond), sowel as pantoene, haiku's en naamgedigte. Die aanbieding was vir hoër- en laerskoolonderrig van Afrikaans Huistaal.
GeRAT is die akroniem van die Genootskap van Regte Afrikaanse Taalonderwysers en dit is deel van Solidariteit Helpende Hand.

Oor Gerat Aangesien 80% van die Skole-ondersteuningsentrum van Solidariteit Helpende Hand se fokus die verligting, voorkoming en verbreking van armoede by Afrikaners deur goeie akademiese opleiding is, bring dit mens by die besef watter groot rol onderwysers hierin kan speel. Die rol wat die Afrikaa...

Address

Sedgefield
6573

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Klaskenades posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category