Haasbek hoekie nasorgsentrum

Haasbek hoekie nasorgsentrum Haasbek hoekie nasorgsentrum fokus op kwaliteit naskool hulp vir laerskool kinders.

30/05/2024
05/01/2024
10/11/2023

Liewe ouers

Ek is tans die trotse mamma van 'n 18 maande dogtertjie. En soos alle mammas is ek ook op 300 mamma groepe en lees wat ander mammas oor hulle kinders te sê het.

Vanoggend sien ek weer 'n plasing van 'n mamma wat te reg baie beïndruk is met haar dogtertjie omdat sy op 16 maande 200 woorde kon sê, die ABC kan opsê en tot 10 kan tel. En sy is heeltemal reg, dit is baie goed dat haar dogtertjie dit kan doen.

Ek wil egter vir al die ouers wat daardie plasing lees en skoon negatief voel oor hulle 18 maande dogtertjies of seuntjies sê dat julle asseblief nie moet d**k dat dit 'n ware maatstaf vir 'n begaafde kind is nie.

Kinders ontwikkel in soveel meer dinge as om goed te memoriseer.

Mens moet eerste die verskil tussen 'n seuntjie en 'n dogtertjie onthou. Dogtertjies is geneig om vinniger verbaal te ontwikkel as seuntjies. Ons vrouens hou mos maar daarvan om baie te babbel en baba dogtertjies is niks anders nie. 😜En seuntjies is dikwels vinniger in die fisiese ontwikkeling, soos byvoorbeeld groot motoriese vaardighede as dogtertjies.

Mens moet ook onthou ontwikkeling vind op baie ander plekke ook plaas. My dogtertjie kan op 18 maande maar so tussen 30 en 50 woorde sê. (ek is nie 'n ma wat baie goed is met die woorde tel nie😂) Sy kan nie naastenby die ABC sê nie en sy tel tot drie, maar sy het nie 'n idee wat dit beteken nie. Sy het ook eers op 'n jaar en drie maande begin loop.

Sy kan wel amper alles verstaan wat ek vir haar sê, sy kies net gewooonlik om my bodweg te ignoreer wanneer ek vra sy moet iets aangee 🙄. Sy het ook 'n vreeslike verbeelding en doen baie dikwels verbeeldingspel.

Verbeelding is ook 'n teken van goeie ontwikkeling wat dikwels onderskat word, omdat ons te veel fokus daarop om vir kinders pappagaai te werk leer, soos die ABC opsê, terwyl die kind nie die vaagste benul het wat die ABC is nie.

So kan jou kind op 1000de ander maniere goed ontwikkel, soos groot en klein motoriese ontwikkeling of jou kind het miskien besonderse goeie sosiale ontwikkeling.

My punt is eintlik help jou kind ontwikkel, maar moenie te veel op "bringing up a gifted child" fokus nie.

Jou doel is om 'n liefdevolle en goed aangepaste kind groot te maak, nie 'n "gifted" kind nie.

Ek wil julle graag vandag voorstel aan 'n reeks wat ek graag vir my hoërskool leerders aanbeveel het.BoekresensieNaam: d...
30/10/2023

Ek wil julle graag vandag voorstel aan 'n reeks wat ek graag vir my hoërskool leerders aanbeveel het.

Boekresensie
Naam: die Poort-reeks
Uitgewer: Tafelberg
Skrywer: Nelia Engelbrecht

Ek het die Poort-reeks ontdek toe ek opsoek wat na iets vir my hoërskool leerder om te lees in die klas of uit te leen vir hulle. Ek was aangenaam verras om 'n hierdie wetenskapfiksie reeks te ontdek. My leerder het die boeke baie geniet.

Die reeks gaan oor 'n paar tieners wat in Bospoort bly. Die groep word bewakers vir 'n poort wat oopgegaan het na 'n ander wêreld. Dit is die verklaring vir vrouens wat skielik uit hulle dorp verdwyn het sonder om 'n enkele spoor te los. Hulle help hulle ouers baklei teen die vreemde wesens wat deur die poort na hulle wêreld beweeg en vermoedelik vir die vrouens se verdwyning verantwoordelik is. Die verhaal word vanuit die perspektief van die hoofkarakter, Kali geskryf.

Ek d**k dit is 'n baie opwindende reeks vir tieners en dit is 'n boeiende verhaal. Dit is beslis iets wat tieners wat graag wetenskapfiksie lees, terdeë sal geniet. Die taalgebruik is gepas vir die teikengroep sonder dat dit soos 'n grootmens klink wat probeer soos 'n tiener praat.

Ek sal dit egter nie aanbeveel vir laerskool kinders nie. Daar is ongelukkig, in my persoonlike opinie, té grafiese tonele (let wel, nie eksplisiet seksueel nie) tussen die hoofkarakter Kali en haar kêrel om dit geskik te maak vir laerskool kinders.

25/10/2023

Hallo almal!

Bietjie slegte nuus. Ek moes die Haasbek hoekie nasorgsentrum sluit omdat ons getrek het. Ek bly nou op 'n plaas tussen niks en nêrens, maar ek het besluit om die blad nie toe te maak nie. Ek gaan dit eerder gebruik om steeds goeie kwaliteit taal inligting en raad te deel.

Address

Schweizer-Reneke

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Haasbek hoekie nasorgsentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Haasbek hoekie nasorgsentrum:

Shortcuts

Share