Hoërskool Schweizer-Reneke

Call Directions Website Contact the school

Hoërskool Schweizer-Reneke This page is dedicated to promote positivity. If you cannot support our goal, please unfollow us.

This page is managed by a third party, please contact the school office for any inquiries about posts made. Waardes: Respek, integriteit, verantwoordelikheid, toegewydheid, deursigtigheid

SCHOONSPRUIT  |  Mnr. Rudi van Staden. Baie geluk met jou nuwe pos as Schoonspruit se skoolhoof!Mag jy met wysheid en ha...
06/10/2026

SCHOONSPRUIT | Mnr. Rudi van Staden.

Baie geluk met jou nuwe pos as Schoonspruit se skoolhoof!

Mag jy met wysheid en hart leiding gee, en ’n betekenisvolle verskil in die skool en die breër gemeenskap maak. HSR wens jou alles van die beste toe!

Wat ’n voorreg!!

Eerstens baie dankie aan ons Hemelse Vader vir die geleentheid om saam met die Schoonie-span die toekoms van opvoeding aan te durf!
Dit is vir my ’n besondere voorreg en groot verantwoordelikheid om myself as die nuwe skoolhoof van Hoërskool Schoonspruit aan u voor te stel.
Ek aanvaar hierdie nuwe rol met groot dankbaarheid en opgewondenheid.
Vir my gaan ’n skool oor veel meer as net akademiese prestasie. Dit gaan oor die mense. Dit gaan oor jongmense wat ontdek wie hulle is, waarvoor hulle talent het en waartoe hulle in staat is. Dit gaan oor onderwysers wat elke dag hul beste gee, ouers wat hul kinders ondersteun en ’n gemeenskap wat saamstaan om ’n verskil te maak.

Ek glo dat elke leerder die geleentheid moet kry om te groei, te behoort en te presteer. Hoërskool Schoonspruit moet ’n plek wees waar leerders veilig voel om hulself te wees, waar hulle aangemoedig word om groot te droom en waar hulle leer dat sukses nie net gemeet word aan punte nie, maar aan Christelike norme en waardes.

As skoolhoof wil ek graag ’n kultuur van vertroue, respek, verantwoordelikheid en uitnemendheid bevorder. Ek glo sterk in spanwerk. ’n Skool kan nie deur een persoon gebou word nie. Dit word gebou deur mense wat saamwerk, mekaar ondersteun en bereid is om soms ’n tree verder te stap.

Ek kom na Schoonspruit met die begeerte om eers te luister, te leer en te verstaan, en dan saam met die personeel, leerders, ouers en gemeenskap vorentoe te beweeg.
Ons sal saam voortbou op dit wat reeds goed is, ruimte skep vir nuwe idees en saam met die Schoonie-familie werk aan ’n toekoms waarop ons almal trots kan wees.

Mag elke leerder wat deur die deure van Hoërskool Schoonspruit stap, eendag kan terug kyk en sê:
“Hier het ek gewerk, hier het ek gedien en ek gaan voort om te lewe.”

My deur sal oop wees. My hart sal oop wees. En my hand sal uitgestrek wees om saam met u hierdie volgende hoofstuk te skryf.
Ek sien met groot verwagting uit na die pad wat voorlê.
Kom ons bou saam. Kom ons droom saam.

Met waardering en opregte groete

Mnr. Rudi van Staden
Skoolhoof
Hoërskool Schoonspruit

SEUNSKRIEKET | SEMI-FINALEDinsdag, 6 Oktober, is dit tyd vir ons seuns om op ons tuisveld hul staal te wys wanneer hulle...
05/10/2026

SEUNSKRIEKET | SEMI-FINALE

Dinsdag, 6 Oktober, is dit tyd vir ons seuns om op ons tuisveld hul staal te wys wanneer hulle in die semi-finaal te staan kom! 🏏

When you step onto that field, don’t play for the applause, the pressure or the scoreboard. Play for God. Give Him your effort, your discipline, your courage and your heart.

Sterkte, seuns! Ons glo in julle en staan trots agter julle! 💙💛

📍 Tuisveld
🗓️ Dinsdag, 6 Oktober
⏰ 11:00

Ons dorp. Ons kinders. Ons trots.


“Whatever you do, work at it with all your heart, as working for the Lord.” – Colossians 3:23 🙏

Play for an Audience of One.

ALUMNI WAT ONS TROTS MAAK! | Jason VisserVandag vier ons met groot trots een van ons oud-leerders, Jason Visser!Jason, ’...
05/10/2026

ALUMNI WAT ONS TROTS MAAK! | Jason Visser

Vandag vier ons met groot trots een van ons oud-leerders, Jason Visser!

Jason, ’n oud-leerder van Hoërskool Schweizer-Reneke, was die "Lead Architect" op die "South African Reserve Bank Tower Refurbishment Project" in Pretoria – ’n indrukwekkende projek wat oor ongeveer drie jaar gestrek het en deel gevorm het van die groter herontwikkeling van die Reserwebank se hoofkantoor.
Sy visie, harde werk en leierskap, saam met dié van ’n groot span professionele mense, het onlangs besondere erkenning gekry toe die projek as gesamentlike wenner van die "Overall Award" by die 2026 SAPOA Property Development Awards aangewys is. 🏆

Wat ’n ongelooflike prestasie!

Jason, ons is trots op jou en op die pad wat jy ná HSR gestap het. Dit is altyd besonders om te sien hoe ons oud-leerders hul drome uitleef en op hul manier ’n verskil maak.
Baie geluk, Jason! Ons vier hierdie prestasie saam met jou en die hele span wat dit moontlik gemaak het. 👏🇿🇦

Een van ons. Altyd deel van die HSR-familie.

Een van ons. Altyd deel van die HSR-familie.


BAIE GELUK | HAPPY BIRTHDAY
03/10/2026

BAIE GELUK | HAPPY BIRTHDAY

CROSS COUNTRYBaie geluk Mahomed Batsi !!!We are incredibly proud of your achievement...  Ons dorp, ons kinders, ons trot...
26/09/2026

CROSS COUNTRY
Baie geluk Mahomed Batsi !!!
We are incredibly proud of your achievement...


Ons dorp, ons kinders, ons trots!

𝐔𝐒𝐒𝐀 𝐂𝐫𝐨𝐬𝐬 𝐂𝐨𝐮𝐧𝐭𝐫𝐲 🏃‍♂️🏆🦅

We are incredibly proud to celebrate Mahomed Batsi, a first-year Tasser, who represented NWU and Veritas at this year’s USSA Cross Country Championships in Cape Town.

Competing in the Senior 10 km, Mahomed delivered an outstanding performance, finishing 6th overall with a time of 29:17.63. 🔥

To see one of our own competing at a national level is something we are incredibly proud of. Congratulations, Mahomed, your dedication and hard work continue to make Veritas proud! ❤️🦅

Baie geluk, Mahomed! Ons is ongelooflik trots om te sien hoe jy Veritas en NWU op nasionale vlak verteenwoordig. Hou aan om die grense te verskuif! 🏃‍♂️🔥

Re a go lebogisa, Mahomed! Re motlotlo ka tsela e o emetseng NWU le Veritas ka yone mo maemong a bosetšhaba. Tswela pele ka tiro e ntle! 🦅

𝐓𝐚𝐬 𝐓𝐚𝐬 🦅

VRYBURG  |  Mnr. Henro ReadBaie welkom aan Hoërskool Vryburg se nuwe skoolhoof!HSR wens u ’n voorspoedige en suksesvolle...
26/09/2026

VRYBURG | Mnr. Henro Read

Baie welkom aan Hoërskool Vryburg se nuwe skoolhoof!

HSR wens u ’n voorspoedige en suksesvolle nuwe hoofstuk toe. Ons sien uit daarna om saam met u te werk en die goeie samewerking tussen ons skole voort te sit.

Baie welkom, en alles van die beste vir die pad vorentoe!

DIE WAG IS VERBY!

Met groot trots en opgewondenheid stel ons Hoërskool Vryburg se nuwe skoolhoof aan ons skoolgemeenskap bekend:

👔 Mnr. Henro Read

Ons verwelkom hom hartlik in die VHS-familie en sien met groot verwagting uit na die nuwe hoofstuk wat voorlê.

Welkom by Hoërskool Vryburg, Mnr. Read! 💚💛

—

THE WAIT IS OVER!

With great pride and excitement, we are pleased to introduce Vryburg High School’s new principal:

👔 Mr. Henro Read

We warmly welcome him to the VHS family and look forward to the exciting new chapter that lies ahead.

Welcome to Vryburg High School, Mr. Read! 💚💛

DEPARTEMENTSHOOF AANSTELLING  |  Me. Carina HarborCongratulations to Ms. Carina Harbor on her appointment as our new Hea...
22/09/2026

DEPARTEMENTSHOOF AANSTELLING | Me. Carina Harbor

Congratulations to Ms. Carina Harbor on her appointment as our new Head of Department.

Hierdie is ’n besondere nuwe hoofstuk in jou professionele reis, en ons is verheug om jou in hierdie belangrike leierskapsrol te sien groei.

May you always feel supported, valued and encouraged as you lead, inspire and make a difference. We are truly excited to see all that lies ahead for you and are proud to have you as part of the HSR leadership team.

Address

Posbus 955, Schweizer-Reneke
Schweizer-Reineke
2780

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Schweizer-Reneke posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Schweizer-Reneke:

Shortcuts

Share

Category