Laerskool GHS

Laerskool GHS Laerskool Generaal Hendrik Schoeman (GHS) is geleΓ« aan die voet van die Magaliesberg in Hartbeespoort, Noordwes.

🎯 GHS Klub 23 & IDIBI Skietdag πŸŽ―πŸ“… 17 Oktober 2026⏰ 07:00πŸ“ 200 m / 400 m / 600 mKom ondersteun Klub 23 se fondsinsameling...
01/09/2026

🎯 GHS Klub 23 & IDIBI Skietdag 🎯

πŸ“… 17 Oktober 2026
⏰ 07:00
πŸ“ 200 m / 400 m / 600 m

Kom ondersteun Klub 23 se fondsinsameling en neem deel aan ’n opwindende skietdag met R50 000 se pryse op die spel! πŸ†

Kinders is welkom met ouertoesig.

πŸ“² Registrasie: Volg die skakel hieronder om vir die skietdag te registreer:
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSd3rIWCFLqk8swr2OV8LxOi68KD6G-012Ut80mftb4D_0ULMg/viewform?usp=sharing&ouid=118385586242245027437

🌸 Lentedag-ontbyt 🌸Baie dankie aan ons wonderlike Leerlingraad vir die heerlike bederf vandag! 🌷 Dit was pragtig en ons ...
01/09/2026

🌸 Lentedag-ontbyt 🌸

Baie dankie aan ons wonderlike Leerlingraad vir die heerlike bederf vandag! 🌷 Dit was pragtig en ons het dit vreeslik geniet.

’n Spesiale dankie ook aan elke ouer en Leerlingraad-onderwyser wat gehelp het om die dag so besonders te maak. Julle tyd, moeite en ondersteuning word opreg waardeer! πŸ’β€οΈ

Dankie dat julle saam met ons lente op so ’n spesiale manier gevier het! 🌼

01/09/2026

πŸƒβ€β™€οΈπŸƒβ€β™‚οΈ Baie geluk aan ons landloopmaats! πŸŽ‰

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle wat gekies is vir die ANWN Athletics North West – ASA Landloop SA-kampioenskapspan! πŸ…πŸ‘

Julle harde werk, deursettingsvermoΓ« en toewyding het vrugte afgewerp. Ons wens julle alle sterkte toe vir die ASA Landloop SA-kampioenskap, wat op 5 September by HoΓ«rskool Curro Hazeldean in Pretoria plaasvind.

Ons hou duim vas en glo in julle! πŸ’ͺ
Gaan geniet dit, gee julle beste en hardloop met trots! πŸƒβ€β™€οΈπŸƒβ€β™‚οΈβ€οΈ

🏍️ Wen 'n 4-wiel motorfiets én maak 'n verskil!Elke R150-inskrywing gee jou 'n kans om te wen, terwyl jy help om fondse ...
01/09/2026

🏍️ Wen 'n 4-wiel motorfiets én maak 'n verskil!

Elke R150-inskrywing gee jou 'n kans om te wen, terwyl jy help om fondse in te samel vir die opgradering van ons netbalbane.

Oop vir die publiek – deel gerus met familie en vriende!

Laai net die app af en volg dan die skakel:
🎟️ Skryf vandag nog in:
https://my.karri.global/qr/9prwnm7/c-gn74xmq

🌿 Damesoggend met Mel die Storieverteller 🌿Klub 23 en GHS bied met trots aan: Mel die Storieverteller met haar inspirere...
01/09/2026

🌿 Damesoggend met Mel die Storieverteller 🌿

Klub 23 en GHS bied met trots aan: Mel die Storieverteller met haar inspirerende praatjie, β€œChaos is Gratis”.

πŸ“… Datum: 5 September 2026
πŸ“ Venue: Skemerberg Venue, Hartbeespoortdam
πŸ•˜ Deure open: 08:30
πŸ•€ Verrigtinge begin: 09:00

Kom geniet ’n oggend van insig, inspirasie en egte oomblikke saam met Mel.
✨ Wat is ingesluit by jou kaartjie?
– ’n Heerlike en betekenisvolle praatjie
– Buffet-ontbyt
– Sap en koffie

🎟️ Kaartjies beskikbaar by:
https://www.klub23.co.za/product-category/damesoggend/

πŸ“ž Kontakpersoon: Lizaan
πŸ“± Kontaknommer: 079 522 9430

Moenie hierdie spesiale oggend misloop nie – bring ’n vriendin saam en kom ervaar iets besonders! πŸ’›

Die son skyn ’n bietjie helderder, die blomme begin blom en oral is daar nuwe energie en kleur! πŸŒ±β˜€οΈ
01/09/2026

Die son skyn ’n bietjie helderder, die blomme begin blom en oral is daar nuwe energie en kleur! πŸŒ±β˜€οΈ

πŸŽ‰ Gelukkige verjaarsdag, Juffrou Sharon!πŸŽ‚Mag hierdie spesiale dag vir jou vol glimlagte en vreugde wees, en mag die nuwe...
01/09/2026

πŸŽ‰ Gelukkige verjaarsdag, Juffrou Sharon!πŸŽ‚

Mag hierdie spesiale dag vir jou vol glimlagte en vreugde wees, en mag die nuwe jaar wat voorlΓͺ oorloop van gesondheid, sukses en mooi oomblikke. 🌷✨

Ons wens jou alles wat goed en mooi is toe vir die jaar wat kom. πŸ’›

#2026

Baie geluk met julle pragtige prestasies!
31/08/2026

Baie geluk met julle pragtige prestasies!

πŸ’ƒπŸ’™ Schoemie-dansers presteer! πŸ’™πŸ’ƒOns is ongelooflik trots op die dansers van Breathe In Dance Studio wat verlede Donderda...
31/08/2026

πŸ’ƒπŸ’™ Schoemie-dansers presteer! πŸ’™πŸ’ƒ

Ons is ongelooflik trots op die dansers van Breathe In Dance Studio wat verlede Donderdag en Vrydag aan die Solo Championships deelgeneem het.

Daar was verskillende afdelings, naamlik die Kompeterende afdeling en die Festival-afdeling. In die kompeterende afdeling ding dansers mee om ’n plek, soos 1ste, 2de of 3de, en word hulle baie streng beoordeel.

πŸ† Kompeterende afdeling:

Engela Bezuidenhout – Jazz Solo: 81% en 2de plek; Lyrical Solo: 80% en 1ste plek.
Miandi de Ridder – Contemporary Solo: 83% en 1ste plek.
Miandi de Ridder, Engela Bezuidenhout, Louri Coetzee, Mia du Plessis, AmonΓ© Jansen en Haley Pieterse – Groepitem: Junior Lyrical-trofee. πŸ†
Tlhago Nare – Hip-Hop Duet saam met haar suster: 81% en ’n Special Award.
Mia Oosthuizen – Hip-Hop Solo: 80% en 4de plek.
Zandrie Snyman – Jazz Solo: 81% en 2de plek; Hip-Hop Solo: 91% en 2de plek. Sy het ook haar House Colours ontvang. πŸ’™
Amorie Jacobs – Hip-Hop Solo: 81% en 2de plek.
Zoey Oosthuizen – Hip-Hop Solo: 88% en 1ste plek. πŸ₯‡

✨ Festival-afdeling:

Louri Coetzee – Contemporary Solo: 83%.
Mia du Plessis – Lyrical Solo: 80%.
Haley Pieterse – Jazz Solo: 80%.
πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ€Έβ€β™€οΈ South African Acrobatics Sport Cup

Lienke Pretorius en Christi Coetzer het die Noordwes-provinsie verteenwoordig by die South African Acrobatics Sport Cup.

Lienke Pretorius – Level 4 Akro
Christi Coetzer – Level 3 Akro

πŸ’ƒβœ¨ Dance International – Hele Britz

Hele Britz het aan ’n ander kompetisie, Dance International, deelgeneem en uitstekende prestasies behaal:

Akro – High Silver
Contemporary – High Silver en ’n Special Award
Hip-Hop – High Silver
Solo – 2 Γ— High Silver

Baie geluk aan al ons dansers met julle ongelooflike prestasies! πŸ†πŸ’™ Julle harde werk, talent en toewyding is iets om op trots te wees. Ons is baie trots op elkeen van julle! πŸ‘πŸ’ƒπŸ’™

Address

Marais Str
Schoemansville
0216

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:00 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 14:00

Telephone

+27710959147

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool GHS posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool GHS:

Shortcuts

Share