Hoërskool Sannieshof - Amptelik

Hoërskool Sannieshof - Amptelik Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Hoërskool Sannieshof - Amptelik, School, Hospitaalstraat 1, Sannieshof.

Welkom baba Lienke💕
07/09/2026

Welkom baba Lienke💕

BAIE GELUK AAN ONS LVR 2026/2027!🎉Mag julle met leierskap, integriteit en passie die stem van julle mede leerders wees. ...
07/09/2026

BAIE GELUK AAN ONS LVR 2026/2027!🎉

Mag julle met leierskap, integriteit en passie die stem van julle mede leerders wees.

Lei met trots. Dien met hart. Maak ’n verskil!
💚❤️💛

CONGRATULATIONS TO OUR RCL 2026/2027!🎉

May you lead with integrity, passion and purpose, representing your fellow learners with pride.

Lead with pride. Serve with heart. Make a difference!
💚❤️💛

💚💛❤️
07/09/2026

💚💛❤️

✈️WANNEER SELF DIE ALL BLACKS AIRLINK VLIEGTUIG BY HOËRSKOOL SANNIESHOF KOM DRAAI OM TE SIEN WAT HIER AANGAAN…Ons het ho...
04/09/2026

✈️WANNEER SELF DIE ALL BLACKS AIRLINK VLIEGTUIG BY HOËRSKOOL SANNIESHOF KOM DRAAI OM TE SIEN WAT HIER AANGAAN…

Ons het hom gewys waar die Sannies gees vandaan kom! 💚❤️💛

Die pilot was só opgewonde om te hoor van ons OPEDAG, dat hy belowe het om binnekort weer ’n draai te maak!😉

📅 14 September 2026
⏰ 14:00 – 17:00

Bou jou toekoms saam met ons!

💚💛❤️
WHEN EVEN THE ALL BLACKS AIRLINK PLANE FLIES PAST HOËRSKOOL SANNIESHOF TO SEE WHAT ALL THE EXCITEMENT IS ABOUT…

We showed them what the Sannies spirit is all about! 💚❤️💛

The pilot was so excited to hear about our OPEN DAY that he promised to make another stop by soon! 😉

📅 14 September 2026
⏰ 14:00 – 17:00

Build your future with us!

💚💛❤️

🌷GELUKKIGE SEKRETARESSEDAG!🌷Vandag sê ons ’n besondere dankie aan die ongelooflike vroue agter die skerms wat sorg dat a...
02/09/2026

🌷GELUKKIGE SEKRETARESSEDAG!🌷

Vandag sê ons ’n besondere dankie aan die ongelooflike vroue agter die skerms wat sorg dat alles by ons skool glad verloop.

Van oproepe en e-posse tot administrasie, reëlings, navrae en ’n duisend klein dinge wat dikwels ongesiens verbygaan, julle is die hart van die kantoor en ’n onmisbare deel van ons skoolgesin.

Dankie vir julle toewyding, geduld, vriendelikheid en harde werk. Julle maak elke dag ’n verskil en ons waardeer julle meer as wat woorde kan sê. ❤️

🌸 Gelukkige Sekretaressedag aan ons wonderlike sekretaresse!

Mag julle vandag besef hoe kosbaar en waardevol julle vir ons is.

Hoërskool Sannieshof is bevoorreg om julle te hê!💚❤️💛

KREATIWITEIT HET GEEN PERKE NIE! ♻️Ons Graad 8 Visuele Kuns leerders het onlangs hul kreatiwiteit behoorlik laat los met...
02/09/2026

KREATIWITEIT HET GEEN PERKE NIE! ♻️

Ons Graad 8 Visuele Kuns leerders het onlangs hul kreatiwiteit behoorlik laat los met ’n baie spesiale uitdaging om ’n hoed uit herwinbare materiale te ontwerp en te skep!

Van karton en koerantpapier tot materiale wat andersins weggegooi sou word elke leerder het gewys hoe iets eenvoudig met ’n bietjie verbeelding in ’n unieke kunswerk omskep kan word.

Ons is ongelooflik trots op die oorspronklikheid, kreatiwiteit en harde werk van ons Graad 8’s! 👏🏼🎨

Wie sê ’n hoed is net ’n hoed? 😉

Wanneer kuns, verbeelding en herwinning bymekaarkom, kry jy iets besonders!
💚💛❤️

Hier is dinge aan die gebeur by Hoërskool Sannieshof! 💚💛❤️Ons het ’n ongelooflike span ouers wat hande vat en besig is o...
28/08/2026

Hier is dinge aan die gebeur by Hoërskool Sannieshof! 💚💛❤️

Ons het ’n ongelooflike span ouers wat hande vat en besig is om ons skool se tuine ’n welverdiende opknapping te gee. Met harde werk, entoesiasme en baie liefde word daar nuwe lewe in ons skoolterrein geblaas.

’n Mooi skoolomgewing skep ’n plek waar leerders trots kan wees en waar almal welkom voel.

Baie, baie dankie aan elke ouer wat hul tyd, energie en moeite insit. Julle maak ’n ongelooflike verskil!

Ons waardeer julle ondersteuning opreg. Saam bou ons aan ’n mooier Sannieshof!

💚💛❤️

Address

Hospitaalstraat 1
Sannieshof

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 13:30

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Sannieshof - Amptelik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category