27/09/2023
Ek wil graag bietjie meer oor myself vertel.
Ek is Manzel 36 Jaar oud!
Ek is ń vrou, ń mamma met twee pragtige seuntjies Ethan 6jaar en Leighton 4 jaar.
Ek is verseker ń kind van God en het baie liefde en passie in my hart vir elke klein lyfie daar buite.
Ons gesin is baie lief vir kamp, avontuurlustig te wees en roomys eet.
Die lekkerste is om tyd saam ons seuntjies te kan spandeer, saam hulle alles moontlik te kan doen, en te sien hoe hulle elke dag bietjie meer groei.
Ek wil graag ń veilige tuiste wees vir elke mensie daar buite, om te kan groei teen sy/haar eie pas, sodat sy/haar lyfie kan ontwikkel op hulle eie manier op die regte tyd.
Paardebloem is ń sensoriese speel groepie waar ons slim raak deur te speel.
Kreatiwiteit te prikkel, en die klein mensies oorweldig met die nodige liefde en aandag.
Jesus het die paadjie vir my uitgelê, en ek gaan die geleentheid met albei hande aangryp.
Met baie liefde
Manzel