Diazville Primêre Saldanha

Diazville Primêre Saldanha Diazville Primêr is gelee in Diazville, Saldanha, 'n dorp aan die Weskus. Die skool bestaan uit Gr R-8 leerders. E-model school

Ons strewe na gehalte onderrig vir elke kind in elke klaskamer. 'n Verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite word aangebied by die skool.

🏆⚽💚💛 PIKETBERG BUILD IT CUP | O/13-DOGTERS 💛💚⚽🏆Ons O/13 Sokker dogters het uitstekend gevaar tydens die 2026 Piketberg B...
10/09/2026

🏆⚽💚💛 PIKETBERG BUILD IT CUP | O/13-DOGTERS 💛💚⚽🏆

Ons O/13 Sokker dogters het uitstekend gevaar tydens die 2026 Piketberg Build It Cup! 👏🔥

Baie geluk aan ons dogters met hierdie besondere prestasie. Julle harde werk, spanwerk en vasberadenheid het vrugte afgewerp! 💪⚽

Ons is baie trots op elkeen van julle! Julle het Diazville met trots verteenwoordig. 💚💛

Diazville PS

Ons Coding en Robotics leerders het vandag met groot entoesiasme deelgeneem aan die National Juicy Gems Powered By Tangi...
10/09/2026

Ons Coding en Robotics leerders het vandag met groot entoesiasme deelgeneem aan die National Juicy Gems Powered By Tangible Kompetisie! 🌟🏆

Ons is ongelooflik trots op ons leerders wat hul kennis, vaardighede, kreatiwiteit en spanwerk op die proef gestel het. 👏✨

Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het!

Julle het jul beste gelewer en Diazville Primêr met trots verteenwoordig. 💚💛

Diazville PS

Die afgelope naweek het ons talentvolle skaakleerders die geleentheid gehad om aan ’n groot skaaktoernooi in Wellington ...
10/09/2026

Die afgelope naweek het ons talentvolle skaakleerders die geleentheid gehad om aan ’n groot skaaktoernooi in Wellington deel te neem. Wat ’n wonderlike ervaring was dit nie! 👏♟️

Vir ons O/9-dogters was dit hul eerste keer wat hulle aan so ’n groot toernooi deelgeneem het. Hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en waardevolle blootstelling en ervaring opgedoen. Ons is ongelooflik trots op elkeen van ons jong skaakmaatjies!

🏆 Die O/13-dogtersafdeling het 11 skole van regoor die Wes-Kaap ingesluit. Diazville Primêr het as die verdedigende kampioene deelgeneem en ons dogters het weer gewys waarom hulle kampioene is!

Onoorwonne oor al 6 rondes, net soos die vorige jaar! 🏆🔥

Ons is besonder trots op die volgende leerders wat individuele bordtrofeë verower het:

🏆 Jaylin Makamba – Bord 1
🏆 Emily Kersouw – Bord 2
🏆 Naledi Lehlehla – Bord 5

Baie geluk aan al ons skaakspelers! Julle harde werk, fokus en deursettingsvermoë maak ons trots! 💚💛

Baie dankie aan elkeen wat ons leerders ondersteun en begelei het. U maak hierdie geleenthede moontlik! 🙏🏻

Skaak vandag, kampioene vir altyd! ♟️🏆💚💛

Diazville PS

09/09/2026

Die Gr. 8’s het Dinsdag die leesperiode ten volle benut deur ’n prettige lees-speletjie te speel! 🎉

Hulle moes leidrade beantwoord wat op lees en die boeke wat hulle behandel het, gebaseer was.

Die vrae het gefokus op die jeugromans Asem en Love, David, maar die leerders moes ook ’n bietjie in hul argiewe gaan “krap” 📖 en bekende stories soos Rooikappie, Die Drie Varkies en Pinocchio identifiseer.

🏆 Baie geluk aan die wenners in Gr. 8A en Gr. 8B! Julle het uitstekend gevaar! 👏🏼📚

Diazville PS 💚 💛

do not have rights to the music #

📚🌟 Graad R Literatuurdag 🌟📚Ons Graad R-maatjies het Dinsdag tydens Literatuurdag hul Huistaal-storie, “Sokkie gaan winke...
09/09/2026

📚🌟 Graad R Literatuurdag 🌟📚

Ons Graad R-maatjies het Dinsdag tydens Literatuurdag hul Huistaal-storie, “Sokkie gaan winkel toe,” lewendig op die verhoog uitgebeeld! 🛒🐰

Die leerders het die storie deur middel van drama, rolspel en kreatiewe uitbeelding vertolk. Deur hul verskillende karakters en handelinge uit te beeld, het hulle hul verbeelding, taalvaardighede, selfvertroue en kommunikasievermoëns ontwikkel.

Met groot opgewondenheid, oulike kostuums en baie entoesiasme het ons klein akteurs gewys hoe lekker dit is om ’n storie te lees, te beleef en dit sommer self lewendig te maak! ❤️📖✨

Ons is baie trots op ons Graad R-maatjies se wonderlike vertoning van “Sokkie gaan winkel toe”!

Diazville PS 💚 💛

Op Donderdag, 20 Augustus 2026, het ons VRL'e ’n opwindende en inspirerende leierskapsessie beleef! 💚💛Die sessie het gef...
08/09/2026

Op Donderdag, 20 Augustus 2026, het ons VRL'e ’n opwindende en inspirerende leierskapsessie beleef! 💚💛

Die sessie het gefokus op die LEAD-leierskapsbeginsels, met waardevolle lesse en praktiese demonstrasies wat nie net op skoolleerders van toepassing is nie, maar op elkeen van ons in ons daaglikse lewe**. 👏✨

Ons VRL'e het die prettige en interaktiewe leerervaring baie geniet. Die lekker toebroodjies, koffie en lemoene was natuurlik ’n ekstra bonus! ☕🥪🍊😊

Ons is trots op ons jong leiers en glo dat hierdie tipe geleenthede hulle toerus om met selfvertroue, verantwoordelikheid, integriteit en ’n positiewe ingesteldheid te lei.

’n Groot dankie aan Shaping Champions wat hierdie besondere geleentheid moontlik gemaak het en in ons jong leiers belê.

Diazville PS.

08/09/2026

📖 Vandag het graad 2A almal saam gelees in pare. Leerders het oulik saamgewerk en was baie opgewonde om te lees.

Ouers ek wil u aanmoedig, neem u kind biblioteek toe om die liefde vir lees by ons maatjies aan te moedig

Onthou wanneer ń kind kan lees gaan daar ń nuwe wêreld vir hulle oop. 💚💛

Diazville Ps

🍽️ WEEK 8 SE VOEDINGSKEMA 🍽️Hierdie leerders speel ’n belangrike rol in die gladde verloop van ons voedingskema en help ...
07/09/2026

🍽️ WEEK 8 SE VOEDINGSKEMA 🍽️

Hierdie leerders speel ’n belangrike rol in die gladde verloop van ons voedingskema en help daagliks met:

✅ Die afhaal van voeding vir hul klasse.
✅ Die terugneem van borde ná ete.
✅ Die skoonmaak van lepels.

Julle bereidwilligheid om te help, verantwoordelikheid te aanvaar en ’n hand by te sit, word opreg waardeer. 💚

Dankie dat julle met trots en diensbaarheid ’n verskil maak! 🌟

Ons is trots op julle!

Diazville PS

🌟 WEEK 8 SE KLASKAPTEINE! 🌟’n Nuwe week, nuwe leiers en nuwe geleenthede om ’n verskil te maak! 💚💛Baie geluk aan ons kla...
07/09/2026

🌟 WEEK 8 SE KLASKAPTEINE! 🌟

’n Nuwe week, nuwe leiers en nuwe geleenthede om ’n verskil te maak! 💚💛

Baie geluk aan ons klaskapteine vir hierdie week! 🏆👏 Julle is gekies om as goeie rolmodelle leiding te neem en julle klasmaats met trots te ondersteun. Mag julle lei met selfvertroue, wees altyd bereid om te help en elke dag 'n positiewe verskil in julle klasse en op ons skool te maak.

Lei met trots, dien met liefde en wees ’n voorbeeld vir ander! 💚💛

Ons is ongelooflik trots op julle!

Diazville PS

07/09/2026

Part 2 💚💛

Address

Saldanha

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27227141645

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Diazville Primêre Saldanha posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category