05/10/2026
Kaylene Flowers het Vrydag die laaste pyl van haar laerskoolloopbaan by die AGA Suid- Afrikaanse Interskole boogskietkampioenskappe in Jeffreysbaai geskiet. Sy is die dubbele Suid-Afrikaanse kampioen in die laerskooldogtersafdeling. Sy het beide die Bulls Eye en 2D afdelings gewen. Vastrap is supertrots op haar.