RCA Computer Academy

RCA Computer Academy

Share

Computer & Career Training on your own time at you own phase. As such, they must be sensitive to the varied
backgrounds and needs of our learners.

Rustenburg Computer Academy
Learner Recruit Policy

This policy concerns our responsibility to:
identify learning needs and learning support needs
ensure that learners are appropriately placed on courses
optimise learner achievement
Ethos & aims

The Service recognises that learner recruitment and selection procedures should be as
welcoming and uncomplicated as possible. Learner recruitmen

01/12/2016

Pappa Vader ek is geneig om gou te vergeet in hoeveel moeilike omstandighede ek al in my lewe was en hoe ek elke liewe keer daar uitgekom het, en nie deur myself nie, maar deur U wat gemaak het dat ek as oorwinnaar uitgetree het in elkeen van my onstandighede en hoe moeilik alles toe gevoel het! Dit is juis wanneer iets so onmoontlik lyk dat U dit moontlik maak. U is mos nie sommer net n God nie, U is bo-natuurlik, die God wat die onmoontlike moontlik maak. Die God wat my nooit ooit begewe of verlaat nie. Hoe sal ek dit da nooit kan vergeet, ek het immers n geskiedenis met U! Daar is soveel ongelooflike wonderlike herinneringe oor wat U in my lewe gedoen en beteken het, en nog steeds doen! U beteken soveel vir my. Net die blote feit en gedagte dat ek met U kan praat, my hart voor U kan oopmaak en met U kan praat beteken soveel vir my, dit is genade Here, blote genade. As dit nie vir U goedheid en guns was nie, waar sou ek vandag gewees het, wat sou van my geword het? Dankie dat U n God van Genade is, van Liefde, van Vrede, van Vreugde, van Oorwinning. Dankie Jesus, dat U my deur hierdie berg in my lewe ook sal dra en dat wanneer ek op die einde sal terugkyk, sal ek verbaas staan om te sien dit is eintlik net n molshopie is. Aan U al die eer, al die lof, al die dank en al die aanbidding. Amen.

30/11/2016

Abba Vader, regtig my Koning, as die een ding na die ander jou tref, en jy raak moeg en uitgeput, vermoeid en belas, bekommerd, gedaan, wanneer dit voel of alles en almal teen jou is en of niks vir jou wil uitwerk of in jou guns wil werk nie, dan is dit moeilik my Vader, vrek moeilik om met geloofsvertroue te sit. Vrek moeilik om te glo jou deurbraak is oppad, vrek moeilik om swanger te wees met hoop en geloof en verwagting, en jy kyk rondom jou en jy sien hoe elkeen se deurbraak kom en hoe goed dit met die ou gaan en met daardie een en ek begin wonder, wat het ek verkeerd gedoen Here? Het U dalk van my vergeet? Het ek U teleurgestel dat U my nie meer wil he nie. Bid ek verkeerd, en dan onthou ek hoe moeilik dit die laaste tyd is vir my om te bid, ek is net eenvoudig te moeg, kragteloos, ek het nie meer veglus of veggees binne in my nie. Dan wil ek soos Dawid vra, wil U my nie maar liewers om haal nie Here? Of wil U dan nie net weer iets groots en positiefs in my lewe laat gebeur sodat ek weer hoop vir die toekoms het nie? Sodat ek net so n klein bietjie meer lewensvreugde kan he. Ek weet Vader ek is sommer net onnodiglik moeilik, daar is soveel swaar en seer rondom my en ek wil kla en murmireer en my mond uitspoel. Here God, gee my net weer bietjie positiwiteit asseblief my Vader, lig my op en gee my hoop Vader, gee my krag, wees my genadig en Here asseblief vergewe my omdat ek vandag so negatief en vol draadwerk is. In U wonderlike Naam, in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees is dit my gebed. Amen en Amen.

18/11/2016

Abba Vader, U is die weg, die waarheid en die lewe, niemand kom na U die Vader toe behalwe deur Jesus Christus nie! Maar omdat ek U aangeneem het as my Vader, my Verlosser en my Saligmaker het U aan my die mag gegee om U kind genoem te word, want deur genade, en genade alleen is ek gered! Deur geloof, nie deur n redding wat van my af kom nie, maar wat van U my Vader in die hemel afkom! U dwing niemand om U aan te neem nie my Vader, U staan by die deur, en U klop, en as niemand oopmaak nie, dan draai U om, sonder om U self op te dring. Hoeveel keer was ek en soveel ander nie al spyt dat ons eerder op daardie klop gereageer het, en eerder oopgemaak het, dan was ons al lankal gered, en die deur van genade lankal al vir ons oop. Maar nee,tipies sondaarkinders wil ons mos altyd van beter weet, altyd eerder ons eie ding doen en ons eie kop volg. Pappa Vader, ek het my les geleer, op n baie harde manier, daarom maak ek nou my deur vir U oop, en ek nooi U binne, nie net vir n vinninge kuiertjie nie Here God, maar vir ewig en altyd! Want ek wil nooit weer sonder U lewe nie, ek wil by U wees, ek wil maaltyd saam met U nuttig, ek wil saam met U lofliedere sing, ek wil saam met U deur die tuin van Eden loop, daar waar die leeu en die lam bymekaar sal wees. Ek wil by U voete sit, en U voete was met reukolie, en hulle afdroog met my hare, die kroon op my hoof wat ek versorg en voed sodat hulle eendag mooi, skoon en gesond genoeg sal wees om U voete mee af te droog. Ek wil U rustigheid ervaar, die kalmte wat net U kan bied! Ek wil U sterk vertroostende Vaderarms om my he, en met my kop op U bors le terwyl ek U hardklop van Vaderliefde kan hoor! Ek wil he die groot heelal moet sien en weet wie my Pappa is, en hulle moet U ook aanneem, net soos ek, sodat nie een van ons verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal he! U het tog belowe dat daar oorgenoeg plek in U huis vir almal van ons U kinders is en daarom het U ons solank vooruitgegaan, om vir ons plek te berei. Ek kan nie wag nie m God, daarom nooi ek solank elkeen wat moeg is, kom, my Pappa sal vir jou rusplek gee, elkeen wat honger is, kom, my Abba Vader sal vir jou genoeg kos vir die honger en water vir die dors gee dat jy in alle ewigheid nooi ooit weer sal honger en dors kry nie, aan elkeen wat siek is nooi ek nou, kom, kom asseblief tog, my Vader is die groot Geneesheer. Dankie Pappa Vader vir soveel liefde en genade en die blye versekering, ek is U kind. Al die lof en al die eer, al die dank en al die aanbidding behoort aan U alleen Alle eer aan U in die hoogste hemele, en op aarde n welbehae. Amen en Amen.

17/11/2016

Abba Vader, ons is soms in situasies waar absoluut niks in ons guns wil te nie, en niks wil uitwerk nie, en ons het net mooi alles maar alles menslik moontlik probeer om onsself uit ons situasies te kry, en nog steeds gebeur niks nie. En meeste van ons is maar soos ek, hardekop, d**k dat U nie wil help nie, want ek het gevra en niks het gebeur nie, ek het gesmeek en gesoebat en niks het gebeur nie, en nou se ek vir myself, man kyk hier, jou Pappa Vader het nou net mooi genoeg gehad van jou. Jy moet nou vir n slag op die harde manier geleer word. Though love soos ons dit sou noem. Pappa Vader het nou net mooi genoeg gehad, elke keer help Hy jou en elke keer beland jy maar net van voor af in dieselfde gemors. En dan gaan ek soos Petrus na die plek in die see waar ek weet daar baie vis is, en ek gooi my nette uit, heelnag, want vis byt meestal deur die nag, en ek swoeg en sweet en doen alles moontlik, maar aikona, Pappa Vader U is so kwaad vir my ek kry nie eens een vissie gevang nie! En dan gaan staan ek maar weer met bakkies hande voor U, en ek se Ag my Liefste Pappa Vader, ek weet ek is skuldig, ek weet ek is n swakkeling, ek weet ek het nie eens die reg om U te vra nie, ek is nou soos n lastige straatbedelaar wat hier op ons strate se hoeke staan en ek bedel en pleit, ag net R5 vir n broodtjie asseblief mevrou, en sy draai haar ruit heeltemal toe en kyk anderpad en se nee, jammer! Ry verder voort, miskien met n klein bietjie skuldgevoel, maar so n kilometer verder het sy van die hele episode en die bedelaar vergeet en gaan aan met haar dag asof niks gebeur het nie. En dit is hoe ek dan voel, verlate, nietig, niks werd nie! En dan kom U en stel die onmoontlike voor, U se, gaan terug, gooi weer jou nette uit! En ek se, maar Pappa Vader, U behoort te weet dit gaan mos nou glad nie werk nie, ek het die hele nag geswoeg, maar geen visse nie, boonop is dit nou daglig, wat beteken geen vis nie, miskien as ek gelukkig is, een of twee vissies, en ek is so moeg, so moeg geswoeg, gesweet, so moeg van kommer en kwellinge, ek gaan nooit ooit uit die situasie uit kom nie, en nou kom U my Pappa Vader, en straf my nog en se gaan terug, en ek moet seker maar, al is ek nie lus nie, want ek vra dan U hulp en ek kan mos nou nie by my hele lys oortredinge nog n kruise agter ongehoorsaamheid sit nie, daar is al miljoene kruise langs ongehoorsaamheid afgetik, en ek is nou so desperaat, ek het seker geen ander keuse nie. Dan klim ek maar weer op die bootjie en ek vaar maar weer die see in, en ek gooi maar weer die nette in, dikbek ja, sommer baie dikbek en moedeloos, maar nou ja, laat ek dit maar doen, en skielik begin my nette skeer, en ek gil uit my maag uit vir my mede visvangers, kom help julle, kom help, maak gou, hier is soveel vis en die nette skeer, en dan staan ek skaam en skuldig voor U, en ek onthou weer, my Pappa Vader is nie sommer enige Pappa Vader nie, my Pappa Vader is die God van die onmoontlike, as Hy net die moontlike kon doen sou Hy mos nie so ekstra spesiaal gewees het nie! Hy sou nie water in wyn kon verander, dooies kon opwek, siekes gesond kon maak, duisende mense voed met vyf vissies en twee broodtjies nie of was dit nou vyf broodtjies en twee vissies? Nietemin, duisende en duisend honger mense is gevoed en hordes mandtjies oorskiet kos het oorgebly! En wat van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, sy het geglo sy moet net aan U kleed raak, en U krag het o sterk deur haar gevloei dat U dit gevoel het, maar haar geloof my God, haar geloof Pappa Vader het haar gered. Ai my liefste Pappa Vader, vergewe my, ek kan nie eens ter verdediging se maar ek het nie geweet wat ek doen nie, ek weet maar al te goed, ek is ongehoorsaam, ek is n swakkeling my God, ek kan nie sonder U funksioneer nie, soos n klein kindtjie wat se mamma sy handtjie gedurig vashou om te keer dat hy nie voor die voertuie inhardloop en seerkry nie, so het ek n nodig, om heeldag my hand te vat en die pad vir my aan te vat, want Pappa Vader, in alle eerlikheid, op my eie is daar geen hoop vir my nie, maar met U in my lewe, sien ek kans om n bende storm te loop. Alle eer aan U in die hoogste hemele en op aarde n welbehae. Amen en Amen.

16/11/2016

Pitkos:
Jy is op daardie punt van jou lewe waar jy voel dit is nou, ek kan nie meer nie. God luister glad nie na my nie, al wat ek doen is kerm in Sy ore. Ek voel alleen. Ken ek en jy nie ook die gevoel van God en mens verlate nie. Ja een of ander tyd het jy gevoel asof God jou iewers vergeet het. Omstandighede op ons lewens pad het die manier om jou alleen te laat voel en dan d**k ons dat God ons nie meer beskerm nie. Toe Saul sy leermag uit gestuur het om Dawid te gaan dood maak, het hy ook die gevoel gekry dat God van hom vergeet het. Dan roep hy uit "O God beskerm my teen my teestanders. Dit gaan so sleg met die meeste mense vandag. Jy sukkel om rekeninge te betaal, om jou salaris te kry, om kop bo water te hou. Alles word net duurder maar jou geld bly dieselfde. Jy is so bang om jou telefoon te antwoord want jy weet dit is weer iemand wat jou gaan bel om jou rekening te kom betaal, en jy het nie geld nie, jy het eenvoudig nie, en al probeer jy ook hoe verduidelik, niemand luister en verstaan nie. Almal is ongelukkig en almal kla. Is jy ook een van die mense wat kla omdat jy nie skoene het nie, todat jy iemand sien wat nie voete het nie? Ek smeek jou vandag om net 'n treetjie nader te begin stap aan die probleme wat jy het. Die berg te begin uitklim, dag vir dag, saam met die Here wat jou sal dra as jy moeg en moedeloos raak. Saam met die mense wat daar vir jou wil wees om jou te help, maar wat jy nie toelaat om dit te doen nie. Dit sal nie maklik wees nie, maar die Here help jou met Sy krag, Sy liefde en Sy genade. Die ander mense wat jou liefhet help jou weer deur gebed, saamstaan en vertroosting. Hiermee sal jy daardie berg uitklim en as jy eers aan die ander kant is, sal jy terugkyk en jouself skop, want die berg was toe nie eers so hoog en so steil nie, en al hierdie tyd het jou probleme so opgeblaas gelyk, maar eintlik is dit nie eers so erg nie.

Kom ons bid saam:
Here, my God, vandag voel ek so ver van U verlate. Dit voel asof ek alleen in die lewe is en teen ‘n muur vas bid. Ek voel asof U van my vergeet het Here en soos Dawid wil ek vanoggend uitroep, My God my God, wees my U sondaarkind genadig. Here, U ken my, U het my geskape. U ken my sondes, my kortkominge en begeertes. U weet wat ek nodig het nog lank voordat ek vra. U se self in U woord alles wat ek in gebed in U Naam vra, sal U sonder voorbehoud aan my gee sodat U my Vader daardeur verheerlik kan word. Maar ek bly bid en vra en glo ek hoop en vertrou, maar niks gebeur nie Here!! Asseblief o God, ek roep U aan, dit is my dag van benoudheid, ek het U nodig, wees my asseblief genadig. Vergewe my Here, red my, help my, lei en sterk my. Voorsien asseblief o Vader. Dit is my gebed in U Heilige Naam.
Amen

15/11/2016

Abba Vader, help my om nie soos die verdroogte vyeboom afgekap te word omdat ek nie vrugte dra nie. Help my om te wees soos die boom wat geplant is by die waterstrome, wie se wortels stewig en sterk in die aarde vasgeanker is, wat vrugte dra vir U my God! Ek wil elke dag geanker wees in U sodat ek n oop kanaal kan wees na U toe en sterk en stewig genoeg kan staan om die aanvalle van satan te kan trotseer. Te midde van die storms Vader, wil ek goed doen en goed wees in alles wat ek aanpak. Ek vind my vreugde in U, op U hoop en vertrou ek, op U woord reageer ek en staan ek stewig en sterk soos n rots. Gee dat dit goed sal gaan met my o Vader, ongeag enige omstandighede wat op my pad kom en my negatief wil beinvloed. Raak my aan met U liefdevolle Vaderhande Here God en help my om sterk en stewig te staan terwyl U altyd teenwoordig is in my lewe. Help my Here, red my, hou my vas, vertroos my, gee my krag en genade wat alle verstand ten bowe gaan. Dit is my gebed in U heilige almagtige Naam. Vader, seun en Heilige Gees. Amen.

14/11/2016

Dankie Vader dat ek n wonderwerk is wat wag om te gebeur. Gee dat ek die antwoord op iemand se gebed kan wees. Ek wag in pure opwinding en met eerbied en ontsag om U werk te doen, om U mond op aarde te wees. Here, my kinders, Jemin en Roelien se droom is om hulle in die Weskaap te vestige en daar hulle lewe en toekoms voort te sit. Dankie vir gebedsverhoring my God. Pappa Vader seen en salf my gesin met U salfolie van genade, sodat ons weer die lewe met nuwe hoop, geloof en krag kan aanpak. Ek is op n baie laagtepunt in my lewe Here Jesus, ek het U nodig om my op te lig uit die ‘deep muddy clay and to put my feet back onto You, the Kings highwag! Vandag voel ek so moeg, afgemat, gedaan, Here, gee my krag, gee me nuwe krag en hoop om op te staan en uit te gaan, om iets positiefs vir my medemens te beteken vandag. O genade my Vader ek het so n snaakse moegheid en doodsheid in my vandag, as ek asemhaal moet ek eers weer my kop n bietjie in my hande laat sal, moet ek dit eers n bietjie laat rus en probeer ontspan. Ek voel so vasgedruk, Here, benoud en vermoeid en belas. Die pyn maak my gek. Asseblief my God, gee vir my krag, arendsvlerke, maak my voete soos die van n ribbok, lei my Here God, lei my. Wees my hierdie sondaarkind genadig Vader, want as daar iets is wat ek vanoggend regtig baie nodig het, dan is dit genade op genade en weereens net genade, geloof, hoop en liefde. Die grootste hiervan my Vader is die liefde. Dankie vir die onvoorwaarlike liefde wat ek uit U Vaderhand ontvang, en dankie dat U bo natuurli n wonderwerk vandag in my lewe gaan verrig. Dit is my gebed vandag in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Amen.

13/11/2016

Dankie Abba Vader dat ek altyd die sekerheid het, U is my God, U sorg vir my! ek staan sterk soos 'n welige olyfboom; ek is in U huis en ek steun altyd daarop dat U vir my sorg. Ek sal U altyd loof vir wat U vir my doen. Voor die ganse wereld sal ek u Naam prys, want U is goed! Die dwaas d**k daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir U my God! Red my deur U mag, o God, laat aan my reg geskied deur U krag. Hoor my gebed, o God, luister na my woorde! U hou my lewe in stand. Uit elke benoudheid wat oor my pad kom, het U my gered! Hoor my gebed, o God, moet tog nie onverskillig staan teenoor my smeking nie! Ek het U so desperaat nodig, ek het n wonderwerk uit U Vaderhand nodig! Luister na my gebed en antwoord my: my sorge gee my geen rus nie! ek roep na U my God, na U die Here wat my sal red! In die aand, in die môre en in die middag, heeldag kla en sug ek, en U hoor my roep! Ek laat nou my sorge aan U oor my God, U is getrou, U sal aantwoord op my gebed, wanneer ek in benoudheid na U roep! As ek bang word, vertrou ek op U! As ek moeg word, roep ek na U! as ek vermoeid of belas is, soek ek U teenwoordigheid! As ek siek voel, vra ek U om my te genees! Niks in hierdie lewe is my beskore of aanvaarbaar as U nie deel is daarvan nie. Dankie dat U alomteenwoordig in my lewe is, dat U my nooit ooit begewe of verlaat nie!Ek roem U Grote en Heilige Naam. Alle eer aan U my God in die hoogste hemele en op aarde n welbehae. Dankie dat ek U kan liefhe en dat U my liefhet. Amen en Amen.

11/11/2016

Abba Vader, al wat ek nodig het, baie nodig het is U genade om deur hierdie dag te kom! Al wat ek nodig is is om gekoester en vasgehou te word deur U wonderlike Vader hande. Al wat ek regtig nodig het in my lewe is U my God, U liefde, U genade, U krag, U teenwoordigheid, U goedkeuring. Op my eie is ek niks en kan ek niks doen nie, maar deur U, met U, deur die genade wat ek uit U Vaderhand ontvang, is ek tot alles in staat deur U wat vir my krag gee. Neem dan nou my hand my kosbare Vader, en lei my. Hoor my gebed, hoor my Here God as ek roep Vader wees my hierdie sondaar kind genadig. Gee my weer hoop, help my om weer op te staan Vader, ek is moeg, ek is swak, ek is gedaan, lei my deur die storms, lei my deur die donker nag, gee dat die dag en lig weer vir my sal deurbreek my Vader! Hou my hand kosbare Abba Vader en lei my huis toe. Neem my hand, neem my hand Vader van genade, lei my Here, lei my! Raak my aan Here God en maak my weer heel. Dankie vir U genade onbeskryflik groot my God! Soete Heilige Gees, ek het U so nodig in my lewe, ek weet ek kan dit nie op my eie maak nie, en daarom vertrou ek op U. Alle lof, alle dank, alle eer behoort aan U God Almagtig. Amen en Amen.

10/11/2016

My kosbare Pappa Vader, neem my hand en lei my nou, sodat ek weer kan opstaan. Lei my deur die storms en donker tye in my lewe en lei my na die U toe, die Lig van die lewe. Al voel dit vir my soos vir Lasarus se susters, Martha en Maria dat U vier dae laat is, weet ek dat soos hulle dat dit vir ons soos vier dae voel, maar U is altyd optyd. Want U die God van die Berge is ook die God van die Vallei, en U die God wat vir my daar is deur die goeie tye, is ook daar vir my in die slegte tye, en U wat daar is in die die tye wanneer die lig vir my skyn, is ook daar in die tye wanneer ek donker tye beleef! Daarom sal ek sterk wees, en vasberade, ek glo en vertrou immers op U God die Vader, die Almagtige Skepper van Hemel en Aarde en alles hierop in hierin. Ek kan U nie genoeg dan vir U wonders, liefde, genade en omgee in my lewe nie. U is die groot Ek is, Abba Yahuveh, ek het U waarlik opreg lief my God. Dankie vir U genade onbeskryflik groot, en dankie dat wanneer die storms op hul ergste in my lewe is, die soete smaak van oorwinning baie nader is as wat ek ooit voor kan vra, kan hoop of d**k. Ek dien U met alles in my Vader, hart, siel en gees. Amen en Amen.

08/11/2016

Abba Vader, Yahushua, dankie dat ek U sonder huiwering kan nader en my kommer en kwellinge met U kan deel, soos nou Vader, wanneer ek soveel liggaamlike pyn het dat ek letterlik moet kruip en nie behoorlik kan loop nie, wanneer my vyande meer word en die stress, die kommer en kwellinge van hierdie wereld my oorweldig, dan is U daar vir my, U gee my hoop, U gee my krag, U is my Anker, my Rots wat vas en stewig staan. Elohim, ek is U duurgekoopte bloedgewaste kind! Vul my van die kroon van my kop tot die sole van my voete met vars olie direk uit die hemel uit om in groter salwing te loop, om met vrymoedigheid my hart teenoor U oop te maak en te praat oor dit wat my hartseer maak en oor dit wat my bly maak, oor dit wat my met kommer en kwellinge vul en oor dit wat my beker van genade laat oorloop! U die Here my God, die Messias, my Verlosser is lief vir my, en niks kan my skei van U liefde nie, en niemand kan dit van my af wegneem nie! U praat met my in die stilte van die nag, U gee aan my openbaringe! U berei vir my n tafel voor in die teenwoordigheid van my vyande, en U seen my! Ek wandel in U seeninge. Abba Yahuveh, in U grote Naam, dank en loof ek U nou! Dankie Pappa Vader date k dag vir dag U genade onbeskryflik groot ervaar. Dankie Jesus, dankie Elohim, hoe groot is U! hoe onbeskryflik groot is U! Dan wil my siel net uitroep, hoe groot is God, hoe groot is God my Redder! Alle eer aan U in die hoogste hemele en op aarde n welbehae. Amen.

05/11/2016

n Goddelose regeerder
Spr 28:15-16 "'n Brullende leeu, 'n beer wat wil rondstorm, so is 'n goddelose regeerder oor 'n weerlose volk. As 'n heerser verstandigheid kortkom, is daar baie verdrukking; wie uitbuiting haat, lewe lank."
Spr 29:2 "'n Volk juig as regverdige mense die mag kry; 'n volk sug as 'n goddelose mens regeer."
Spr 29:4 " 'n Koning wat reg laat geskied, maak 'n land veilig; een wat net belastings oplê, ruïneer 'n land."
Spr 29:14 "As 'n koning reg aan arm mense laat geskied, sal hy lank regeer."
Spr 29:16 "As goddelose mense regeer, regeer die sonde ook, maar die mense wat die wil van die Here doen, sal sien hoe die goddeloses ondergaan."
Dit voel of ek net niks verder hieroor hoef te skryf nie. Hierdie tekste beskryf presies die situasie waarin Suid-Afrika tans vasgevang is en al maak ons HOE mooi praatjies, is dit eenvoudig hoe dit is. Maar voel almal in die land dieselfde? Gewis nie, maar dit staan soos 'n p**l bo water dat ons tans in diep waters verkeer en ons moet vinnig daaruit kom! Maar hoe? Dit lyk net onmoontlik!
Wel, dit is baie duidelik dat hierdie tipe leierskap teen die Here se wil is, en ons mag alles in ons vermoë doen om op 'n wettige manier daarteen te staan deur die regte kanale te gebruik, waarvan die stembus die eerste en belangrikste is. Maar, ons mag steeds nie die landswette verbreek nie, ons moet steeds aan die keiser gee wat hom toekom (hierdie verwys nie na 'n persoon nie maar na 'n bestel) en ons moet steeds aktiewe burgers wees wat werk vir 'n beter lewe vir almal.
Vriend, al wil ek dit dalk nie raaksien nie, die Here is steeds in beheer. Laat die deurbraak aan Hom oor en bly bid vir die herstel van ons land. Laastens glo ek ook dat die Here wil hê dat ons as land moet terugdraai na Hom toe. Kom ek en jy begin daarmee in ons eie huise. ~ Willem Botha, 02/11/2016

Want your school to be the top-listed School/college in Rustenburg?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Website

Address


Rustenburg
0299