KraftyKids

KraftyKids KraftyKids is 'n kuns- en kreatiwiteitskool. In 'n ontspanne omgewing kan elke individu hulself krea Ons fondasie is gevestig in Jesus se liefde.

Fokus…

By KraftyKids fokus ons om vir oud en jonk ‘n plekkie van “behoort” te skep. Ons glo dat elke mens instaat is om kreatief te wees en te skep, juis omdat ons in die Skepper se beeld formeer is. Ons fokus meer op kreatiwiteit as geheel. Dus hoef jy nie ‘n bobaas kunstenaar te wees nie. Hier gaan jy gehelp word om skeppend kreatief te wees. Wat om te verwag…

Gedurende hierdie jaar sal die nuwe kunstenaars binne ‘n sillabus die basiese kunskennis opdoen, maandeliks ‘n groot projek aanpak en leer hoe om met selfvertroue en spontaniteit kreatief te wees. Die ontwikkeling van kreatiwiteit dien as uitstekende stimulasie vir die brein en sal bydra tot emosionele en skolastiese vordering. Kuns stimuleer beide kante van die brein, bevorder selfbeeld, leer dat daar meer as een oplossing tot ‘n probleem is en verbeter leesvaardighede. Om kwaliteit-tyd met elke KraftyKids-kunstenaar te spandeer, word klasgroottes beperk tot ‘n maksimum van 10 kunstenaars per klas. KraftyKids kunslesse sluit in: teken, verf, kleiwerk, drukkuns, origami, mosaïk en verskeie vorme van kunsvlyte. Aan die einde van die jaar hou ons ‘n g***s kaas en wyn geleentheid, waar KraftyKids-kunstenaars se werk uitgestal word. Tydens hierdie funksie ontvang die kunstenaars wat vir die volle jaar die klasse voltooi het ook elkeen ‘n toekenning.

11/01/2025

Address

Rustenburg
0299

Opening Hours

14:30 - 16:30

Telephone

+27828783236

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when KraftyKids posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to KraftyKids:

Shortcuts

Share

Category