Hoërskool Rustenburg

Hoërskool Rustenburg Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Hoërskool Rustenburg, Public School, Kockstraat 60, Rustenburg.

CHAMP OF CHAMPS, DANKIE AFRI READYMIX!Ons o.17 Sewesspan het onlangs by die Clover Champ of Champs nie net gevoel soos d...
01/10/2026

CHAMP OF CHAMPS, DANKIE AFRI READYMIX!

Ons o.17 Sewesspan het onlangs by die Clover Champ of Champs nie net gevoel soos die kampioene op die veld nie, maar beslis soos kampione gelyk ook!

ñ Groot, opregte dankie aan Afri-Readymix vir ons splinternuwe Sewes-truie. Sonder julle borgskap sou hierdie wen-oomblik nie dieselfde gewees het nie.

Dankie dat julle in ons glo en help bou aan ons sukses!

📸: Dankie vir ons ouers vir die mooi fotos.

RUSTIE-JONG NAVORSERS BY DIE ESKOM EXPO FOR YOUNG SCIENTISTS Ons is ongelooflik trots op Marko Maree en Waldo Fouché van...
01/10/2026

RUSTIE-JONG NAVORSERS BY DIE ESKOM EXPO FOR YOUNG SCIENTISTS

Ons is ongelooflik trots op Marko Maree en Waldo Fouché van Hoërskool Rustenburg wat van 29 September tot 2 Oktober 2026 aan die Eskom Expo for Young Scientists International Science Fair (ISF) by die Birchwood Hotel & OR Tambo Conference Centre deelneem.

Die ISF is die hoogste vlak van die Eskom Expo-program waar die beste jong navorsers uit Suid-Afrika en verskeie ander lande hul wetenskaplike navorsingsprojekte ten toon stel. Vanjaar neem 316 Suid-Afrikaanse finaliste uit 35 streke deel, saam met internasionale deelnemers van regoor die wêreld.

Om die ISF te bereik, moes leerders deur distrik-, streek- en beoordelingsrondtes vorder en hul navorsing voortdurend verfyn. Hierdie prestasie getuig van harde werk, deursettingsvermoë, kritiese denke en ’n passie vir wetenskaplike ondersoek.

Ons wens Marko en Waldo alle sterkte toe terwyl hulle Hoërskool Rustenburg en die Bojanala-streek op die internasionale verhoog verteenwoordig.

Julle is ’n inspirasie vir ons hele skoolgemeenskap! Die Rusties is trots op julle!

RUSTIE-KRIEKETSTERRE | Individuele Prestasies 🏏Ons is ongelooflik trots op ons Rustie-krieketspelers wat ons skool met s...
01/10/2026

RUSTIE-KRIEKETSTERRE | Individuele Prestasies 🏏

Ons is ongelooflik trots op ons Rustie-krieketspelers wat ons skool met soveel toewyding en trots verteenwoordig!

Baie geluk aan elke speler wat net voor en tydens die vakansie ’n besondere individuele prestasie behaal het deur 5 of meer paaltjies te neem of ’n telling van 50 of meer lopies aan te teken.

Julle harde werk, deursettingsvermoë en passie vir die spel is ’n inspirasie. Ons is trots op elkeen van julle en sien uit na nog vele suksesvolle wedstryde!

Baie geluk, Rusties!

Rustie-krieket word met trots geborg deur ASB MINERALS.

| GELUKKIGE VERJAARSDAG |Veels geluk met jou verjaarsdag, Me. Marietjie Bezuidenhout. Mag mooi wense jou deur die jaar v...
30/09/2026

| GELUKKIGE VERJAARSDAG |
Veels geluk met jou verjaarsdag, Me. Marietjie Bezuidenhout. Mag mooi wense jou deur die jaar vergesel.
🎂🥳

| GELUKKIGE VERJAARSDAG |Veels geluk met jou verjaarsdag, Mnr. Mike Coetzee. Mag mooi wense jou deur die jaar vergesel.🎂...
30/09/2026

| GELUKKIGE VERJAARSDAG |
Veels geluk met jou verjaarsdag, Mnr. Mike Coetzee. Mag mooi wense jou deur die jaar vergesel.
🎂🥳

RUSTIE-KRIEKET SKITTER BY STAYERS FEES TE DURBAN🏏Toer. Kompeteer. Groei.Dag 1 het RHS se uithouvermoë behoorlik getoets ...
30/09/2026

RUSTIE-KRIEKET SKITTER BY STAYERS FEES TE DURBAN🏏

Toer. Kompeteer. Groei.

Dag 1 het RHS se uithouvermoë behoorlik getoets teen RBCA van Richardsbaai. Op ’n ongelooflik groot en stadige veld was lopies skaars – slegs drie viere is in die totale 293 lopies tussen die twee spanne geslaan. RHS het egter karakter getoon en die wedstryd met 127 lopies gewen.

Op Dag 2 het RHS ’n sterk Jeppe-span aangepak. In ’n spannende drukwedstryd het ons jong manne groot karakter en vasberadenheid gewys om die wedstryd met 18 lopies te wen.

Dag 3 was RHS se groot toets. Op ’n moeilike kolfblad het die loot ’n belangrike rol gespeel. Ongelukkig moes RHS die knie buig teen Noordheuwel, maar die span het waardevolle ervaring opgedoen.

Op Dag 4 kon die wedstryd teen St Stithians ongelukkig glad nie plaasvind nie weens die reën.

Ons is ongelooflik trots op ons jong manne – nie net vir die uitslae nie, maar vir die karakter, groei, deursettingsvermoë en spanwerk wat hulle deur die toer gewys het.

Die bouwerk gaan voort. 💪🏏

Ons bou. Ons groei. Ons berei voor vir 2027.

Rustie-krieket word met trots geborg deur ASB MINERALS.

ASB Minerals – dankie dat julle saam met ons belê in die toekoms van ons kinders.

| GELUKKIGE VERJAARSDAG |Veels geluk met jou verjaarsdag, Mnr. Christo Breedt. Mag mooi wense jou deur die jaar vergesel...
28/09/2026

| GELUKKIGE VERJAARSDAG |
Veels geluk met jou verjaarsdag, Mnr. Christo Breedt. Mag mooi wense jou deur die jaar vergesel.
🎂🥳

RUSTIE-NETBAL IN AKSIE BY DIE FAST FIVE Ons Fast 5 Netbalspanne het onlangs sake op die baan uitgespook en ons is ongelo...
26/09/2026

RUSTIE-NETBAL IN AKSIE BY DIE FAST FIVE

Ons Fast 5 Netbalspanne het onlangs sake op die baan uitgespook en ons is ongelooflik trots op die murg en gees wat hierdie netbalspeelsters getoon het!

Hier is die volledige uitslae van die naweek se taai wedstryde:

Ouderdomsgroep: o.15

Die o.15-span het geveg tot die einde en eindig algeheel in die 13de plek na 'n rits uitstekende wedstryde!

RHS vs Noordheuwel: Wen 17-16
RHS vs Menlo: Verloor 20-29
RHS vs Jan van Riebeeck: Verloor 17-19
RHS vs Tom Naude: Wen 25-19
RHS vs Framesby: Verloor 23-26🏅 Kwartfinaal: RHS vs Pearson (Verloor 19-25)🏅 Semifinaal: RHS vs Wilgerivier (Wen 25-20)🏆 Finaal: RHS vs Ben Vorster (Wen 32-19)

Ouderdomsgroep: o.17

Wat 'n kragvertoning!

Die o.17-span wys karakter in die uitspeelrondtes en stap weg met 'n skitterende 5de plek algeheel!

RHS vs Randburg: Wen 19-8
RHS vs Milnerton: Wen 25-15
RHS vs Trio: Wen 32-9
RHS vs Monnas: Verloor 13-43
RHS vs Ben Vorster: Wen 26-16
RHS vs Framesby: Wen 28-23🏅
Kwartfinaal: RHS vs Paarl Vallei (Verloor 19-35)🏅
Semifinaal: RHS vs Menlo (Wen 23-21)🏆
Finaal: RHS vs Potch Volkies (Wen 23-21)

Baie geluk aan al die netbalspeelsters en afrigters met hierdie puik uitslae.

Rustie-netbal word met trots geborg deur SMS Mining.

VAKANTE POS | STUDENTEPOSWord deel van die Rustie-familie! 💚🧡 🤍
26/09/2026

VAKANTE POS | STUDENTEPOS

Word deel van die Rustie-familie! 💚🧡 🤍

VAKANTE POSWord deel van die Rustie-familie! 💚🧡 🤍
25/09/2026

VAKANTE POS

Word deel van die Rustie-familie! 💚🧡 🤍

Address

Kockstraat 60
Rustenburg
0299

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Rustenburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category